Roodepoort-ouers van moord op tweede baba aangekla

Alaia Adam-Shaik met haar geboorte op 11 Mei 2012. Foto: Netcare / Netcute

Alaia Adam-Shaik met haar geboorte op 11 Mei 2012. Foto: Netcare / Netcute

ʼn Paartjie van Roodepoort wat teregstaan vir die moord op hul vyf maande oue babadogtertjie, het glo op die vlug geslaan nadat hulle ook van die moord op hul tweede kind aangekla is, het Netwerk24 Woensdag berig.

Junaid Adam-Shaik en Stacey-Lee van der Ross word daarvan aangekla dat hulle hul eerste baba, Alaia, só erg mishandel het dat sy vyf maande ná haar geboorte in 2012 dood is. Hulle word nou ook daarvan beskuldig dat hulle hul tweede baba, Amanee, vermoor het. Amanee is in Desember 2013 gebore en is drie maande later dood.

Beeld berig dat Alaia se arm só erg gebreek was dat ʼn dokter gesê het haar besering was gelykstaande aan ’n val uit ’n tweeverdiepinggebou. Haar beserings het ook skaafplekke en ander gebreekte bene ingesluit.

­Junaid Adam-Shaik en Stacey-Lee van der Ross. Foto: Facebook

­Junaid Adam-Shaik en Stacey-Lee van der Ross. Foto: Facebook

Dit het onlangs aan die lig gekom dat die ondersoek na Amanee se dood afgehandel is.

Die ouers het glo gevlug nadat hulle gehoor het dat ʼn tweede moordaanklag by hul klagstaat gevoeg gaan word.

Hulle was albei uit op borgtog van R5 000 en was veronderstel om in Februarie in die hof te verskyn, maar het nooit opgedaag nie.

Volgens ʼn berig in die Saturday Star in Maart, is die polisie in besit van Adam-Shaik se paspoort. Die twee se familielede het glo nog niks van hulle gehoor nie.

Die nasionale vervolgingsgesag het bevestig dat die twee se borgtog teruggetrek is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ai tog ·

Watse sieklikegeid is dit hoekom swanger word in die 1ste plek om die kind te verniel hulle moet so ver weg bly van kinders af. hoe breek mens n weerlose ou dingetjie se arm daai kleinding smile liewer vir jou al weet hy/sy nie eers wat aangaan nie.

Ai tog ·

Watse sieklikegeid is dit hoekom swanger word in die 1ste plek om die kind te verniel hulle moet so ver weg bly van kinders af. hoe breek mens n weerlose ou dingetjie se arm daai kleinding smile liewer vir jou al weet hy/sy nie eers wat aangaan nie.

sproetjies ·

Eina! Eina! Hoekom sulke mense kinders het gaan my verstand te bowe. Daar is so baie voorbehoedmiddels ens, hoekom nie daarvan gebruik maak indien jy nie kinders wil he nie. Daar is nie plek vir sulke ongevoelige mense in ons samelewing nie.

Jana ·

Genadetjie tog, en dan is daar soveel ouers wat ENIGE iets sal doen om kinders te hê…. Wat gaan tog in ‘n mens se kop aan om ‘n weerlose kind so te verniel? Dis ondenkbaar!

faith ·

Hulle kierangkies moet braai. het foto op fb geshare as almal dat kan doen soda hulle iewers vasgetrek kan word. flip as hulle nie kinders wil he nie maak jouself reg. nou moet onskuldige kinders vermoor word. siek

Eliza-beth ·

Almal weet hoe hul lyk en dis elkeen se plig om hierdie goed te rapporteer sou hulle gesien word. Dat mens waaraagtig twee keer dieselfde ding aan ‘n weerlose baba kan doen! ek verstaan glad nie sullke goed nie… Ek dink aan die lelikste goed wat ek sulkes sal aandoen sou ek hulle in die hande kry, laat ek liewer niks verder sê nie.

CHRISTA ·

I rest my case!! Hoekom het die hof hulle ten eerste op borgtog vrygelaat? Ek hoop hulle word as deel van hulle vonnis gesteriliseer (AS hulle skuldig bevind word – gewoonlik kom hulle mos weg met MOORD in ons land)!!

Alki ·

Kon hulle familielede nie agterkom dat daar fout is nie, veral na die eerste voorval? , mag hulle nooit weer kinders kry nie, dit is skokkend verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.