Roodepoort-trompopbotsing glo deur dronk bestuurder veroorsaak

Die twee voertuie wat in Roodepoort gebots het. Foto: ER24

Die twee voertuie wat in Roodepoort gebots het. Foto: ER24

Vrydagoggend se trompopbotsing in Roodepoort, Gauteng, waarin twee bejaarde vroue gesterf het, is glo veroorsaak deur ʼn dronk bestuurder wat ʼn padblokkade probeer vermy het.

“ʼn Motoris in ʼn Honda het in Hendrik Potgieterweg gery toe hy ʼn padblokkade van die metropolisie opgemerk het,” het supt. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “In ʼn vermeende poging om die padblokkade te vermy, het hy in aankomende verkeer in gedraai en die slagoffers se voertuig, ʼn Hyundai, getref.”

Drie bejaarde vroue het in die Hyundai gery. Twee is dood en die derde is in ʼn kritieke toestand deur ER24 na Flora Clinic geneem.

Die bestuurder van die Honda was glo dronk en is op die toneel in hegtenis geneem. Volgens ER24 het die man nie enige beserings opgedoen nie.

Hy is in aanhouding by die Honeydew-polisiestasie.

Die man moet binnekort op aanklagte van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Asjas ·

Hy het moeilkheid probeer vermy maar nou het hy meer moeilkheid as wat hy kan handteer. Soms is dit maar net beter “to face the music” en vat jou pak soos ‘n man.

Carel ·

Asjas jy is deels reg maar die hoeveelheid moeilikheid gaan afhng van sy velkleur en van die van die oorledenes…

Sandra ·

Ai, moet ras alweer ingebring word? Bou ‘n brug en kom daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.