‘Roof nie motief vir jongmense se skietdood,’ sê Bolhuis

Johanco Fleischmann en Jess Kuhn. (Foto: Facebook)

ʼn Span van Mike Bolhuis se private speurdiens stel ondersoek in na die koelbloedige moord op twee jongmense wat Sondag op Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet is toe hulle sonder brandstof gaan staan het.

Bolhuis het Maandag aan Maroela Media gesê sy span is gister aangestel om die moord te ondersoek saam met die polisie se georganiseerdemisdaad-eenheid. “Ons is reeds ver gevorder met ons ondersoek en maak staat op informante. Ons is besig om die motief van die moorde te ondersoek. Ons kan in hierdie stadium slegs bevestig dat dit nie roof was nie,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Johanco Fleischmann (19) en sy vriendin Jess Kuhn (23) is omstreeks 11:00 deur drie mans op die Putfontein-wisselaar oorval en doodgeskiet. Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die oorledenes is helder oordag oorval nadat hul bakkie se brandstof glo opgeraak en hulle langs die pad gaan staan het. Fleischmann en Kuhn is doodgeskiet voor die aanvallers probeer het om die bakkie aan die brand te steek. Lede van die gemeenskap kon daarin slaag om ʼn brandblusser in die hande te kry om te verhoed dat die bakkie aan die brand slaan. Die verdagtes het vermoedelik met net ʼn selfoon te voet op die vlug geslaan.

Fleischmann se liggaam is met verskeie skietwonde buite sy Toyota Hilux-bakkie aangetref. Kuhn is binne die bakkie gekry. Sy is ʼn enkele keer geskiet. Albei is op die toneel dood verklaar.

Bolhuis versoek die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie. “Laat die ondersoekspan toe om die saak behoorlik te ondersoek.”

Enigiemand met verdere inligting oor die voorval word versoek om Bolhuis en sy span te kontak.

“Ons betuig ons innige medelye met die familie en naasbestaandes,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

AmY ·

Bolhuis is reg.
Dit was nie roof nie, dit was koelbloedige moord op twee jongmense.

breek mens se hart. ·

My hart huil. dit is twee onskuldige jong mense wat niemand iets aangedoen het nie. Hoe kan iemand so iets doen? Ek voel so erg vir die familie. Dit is net verskriklik

Johan Blom ·

In die buitelandse media word dit as ‘n rassistiese moord berig met die verduidelikings van die werkers oor hoe hulle aangerand is deur die aanvallers en hoe Johanco en Jess mlungu genoem is voor hulle teregestel is. Hoekom word dit nie hier berig nie?

Liberaal ·

Want die buitelandse liberale media wat so berig word deur die nuwewereldorde heersers voorgese om dit te doen want hulle soek oorlog hier om hulle sakke vol geld ten koste van julle te maak.

Jaco ·

Ek het presiese dieselfde gese op n vorige berig. Toe is my kommentaar verwyder. Die aanvallers het blykbaar gese hulle gaan die mlungus skiet. Dit was niks anders as n rasistiese teregstelling

Al ·

Wie het daardie vals berig die buitewêreld ingestuur? Dis ñ toesmeerdery.
Ons moet dit regstel.

Boerseun ·

Want ons media is ANC-skoothondjie wat steeds probeer om wol oor die wittes se oe trek. Onthou, dieselfde media het hulle beywer vir ‘n swart regering, en terselfdertyd als wat wit en behoudend was, aangeval en gestigmatiseer.

Geen twyfel nie ·

Geen twyfel dat dit rasgedrewe was nie. Hoekom is net die twee blanke persone dood geskiet?

Johan ·

Hulle vat die selfoon om die omstandighede te versag sou hulle gevang word. Dit is koelbloedige moord in die eerste graad.

Pieter du plessis ·

Nou weet ek ten minste daar is professioneel ondersoekers en die skuldiges gaan gevang word hierdie rasistiese aanvalle op wit mense moet einde kry.

Jan ·

Ag pieter dink jy dis so maklik om hierdie skollies te vang hulle verdwyn in die massas in ou maat…

Stephen Namibia ·

Nou is die regte persoon in beheer van die ondersoek.
Mike Bolhuis is die beste. Sterkte.

J.N....Ai ·

Mike because the mainstream media is regulated by the ANC… They the racist ANC do not want any negative publications regarding black on white racism especially with the likes of Afriforum that already went overseas to create awareness of the dire racistic conditions the white people have to endure under the ANC in South Africa… But please share these horrific incidents on your facebook overseas as i do on public view, so that all can see what is happening here!
If no one overseas know nothing ,nothing will be said or done..
Cyril said it himself turn the slow cooker pot up ever so slowely so that the white little frogs in the pot dont try and jump out…This is a fact and a happening…

Hennie ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Hy gaan nog minder uitgerig kry as die SAPS

regtig ·

Jip nes destyds waar hy ontken het dat dit die bekende rugbyspeler op die foto was, hy doen ondersoek soos dit hom pas en wat hy daaruit kan kry om homself goed te laat lyk

Carl ·

Kry regte oud moord en roof speurder daar soos Wouter Mentz.

Manie van Worcester ·

Dink jy het iets misgelees. Mike Bolhuis en sy span ondersoek

VanAfrika ·

Ja maar tegelyktydig sê die joernalis hy dink dit is nie “racially motivated nie, dat hy dink dit was net twee kriminele wat wou dood maak. Weereens word moord op onskuldige blankes toegesmeer deur preffosionele opgeleide mense wat ons eintlik kan help.

Piet Becker ·

Kyk op Sputnik news. Daar is n berig oor skiet dood vd wit paartjie. Hartseer en ontstoke.

EP ·

Opvallend is dat die politieke gespuis doodstil is CR is so besig om die regte skurke aan te stel dat sy aandag nie meer by die mense onder is of was dit ooit daar Sterkte Mike asook jou span julle verdien respek

Hexi ·

Coincidence that mr Patel from the CPF ‘Board’ nogal is the one stating that it is not a raccist attack??
Killing two young “white” people just by chance to rob a stupid cell phone – Realy?
What are you grovelling for mr Patel?

Eben ·

Eerstens, my innige meegevoel aan die vriende en familie.

Ongelukkig het die rassekaart oorhand in die land en die regering sal nie hieroor kommentaar lewer nie. Dit is net sterk aanduiding van hoe rasisties ons regering is.

Valerie ·

Dat so ‘n sinnelose, skokkende dubbelmoord nou as alledaags ervaar word wys net hoe diep Suid Afrika oor die afgelope 30 jaar in ‘n derde wêreldse plek verval het. Dit is ‘n direkete vingerwysing na Suid Afrikaners self, en veral die wat dit toelaat/toegelaat het. Hoe moet die ouers voel? Gee iemand regtig om?

Siener van Melbourne ·

Ons leef in n wêreld waar ‘motief’ vir n moord dit klaarblyklik meer aanvaarbaar maak. Wat maak dit saak? Moord is onaanvaarbaar, ongeag die motief. “Pietie is vermoor vir sy horlosie. O, dit maak sin! Nee, dit maak nie sin nie.”

Se Net ·

Die seun is 19 en n kind die vrou is 23 en nie meer n kind nie nie. Ek sou se sy is n volwasse vrou. So n kind en n volwasse vrou is vermoor op die kant van n pad vir n rede. Geen rede sou wees iemand het hulle gesien hulle en gedink kom ons vermoor hierdie mense vandag want dit lyk soos n goeie dag vir moord. n Rede sou wees dat daar n storie is wat nie net gaan oor n onklaar voertuig nie. Moord is moord, maak nie wat die kleur van jou vel is nie en dit is hartseer vir die mense wat agter gelaat word en ook vir die wat daarvan moet lees. Elke dag hoor ons stories soos hierdie, maar alles is nie altyd soos dit lyk nie. Die jong seun is n klomp keer geskiet, die jong vrou net een keer? Dink bietjie mooi of dit vir jou soos n toeval klink? Nie elke moord is ras gedrewe nie.

moord is moord ·

Wat maak ouderdom saak? Moord is moord en die 19 jarige was in verhouding met die 23 jarige, – baie jong mans verkies ‘n ouer vrou, niks verkeerd daarmee. Dis uiters hartseer en onnodig, maar waarheid sal uit, hopenlik vinnig

Heksie ·

Ek bid vir julle en ondersoek beampte/s van SAPS dat God vir julle leiding sal gee sodat julle die skuldiges kan vang en laat boet vir hul dade.
Ja, dit sal nie die 2 jong mense terugbring nie, maar gemors soos hierdie kan ook nie los rondloop en net moor soos dit hulle pas nie!

Barend ·

Ai Ai, Dit is een van my kliente se Seun en die jong dame het as kasier by hul slaghuis gewerk. Ek het net 2 weke gelede nog met haar gepraat. Was n Pragtige jong dame. Die dinge is besig om mens kwaad te maak.

fraaans ·

As dit nou n minister of self ramaposa se kinders was, was daar seker al deskundiges reg oor die wereld ingevlieg om te kom bystaan met die soektog.

Spike ·

Al wat ons gaan red is Maranata. Wanneer die Here kom en ñ einde aan die aardse bestaan maak.

Boerseun ·

Maar intussen word ons en ons kinders wreed vermoor en aangerand deur hierdie ANC-gemors.

KaterinaKat ·

Dan stel ek voor hy begin nou aanstaltes maak voordat daar nie een witmens meer oor is in SA. The hour grows late.

fluit fluit ons storie is uit... ·

My innige simpatie aan die familie en geliefdes van hierdie twee vermoorde jong mense. baie sterkte vir julle.

Dit is absoluut skrikwekkend op ‘n brutale angswekkende manier om in Suid-Afrika te woon. Ek lees net vanoggend in die koerante op Pressreader die volgende:
Man gevonnis wat ‘n vrou wreed in haar huis vermoor het, Gister is ‘n bejaarde vrou van Bothaville onmenslik in haar huis aangerand en hulle het gedreig om haar te skiet, ‘n jong vrou van Bloemfontein is seksueel aangerand nadat sy ‘n ent gaan stap het, Ouma wreed vermoor vir ‘n paar besittings, Gister was die begrafnis van die boer wat op Vredefort vermoor is laas week, die oupa van die gemeeente se pastoor is ook op ‘n plaas daarnaby vermoor, ‘n vriend van die vermoorde boer het die begrafnis bygewoon en hy en sy vrou was wreed met ‘n hamer aangeval op hul plaas waarna hulle weggetrek het, famililielede van ‘n egpaar wat ook in dieselfde omgewing vermoor is het ook die begrafnis bygewoon sy vrou is in ‘n vrieskas gedruk en daar gelos om te sterf, Nog ‘n begrafnisganger se pa is ook op sy plaas in die omgewing vermoor, ‘n Weduwee wat ook die begrafnis bygewoon het om die familie te ondersteun se man is ook vermoor buite Vredefort ….

En dit alles net in een dag se koerante (daar is egter nog meer). En elke dag word die lys van vermoordes, verminktes, geskendes en wreed aangerandes en geknaktes net langer en langer …

Boerseun ·

Korrek! As dit ‘n wit-op-swart moord was, het die hele kabinet, die land, die MRK, Lesufi en die wereld vir weke lank tot stilstand geknars.

jax ·

Ek’t nie woorde, ek’t al die berigte gaan lees
dis skuins na 8am en ek’s naar, naar tot in my siel in!

Woorde kan nie die eina en seer weg vat of verlange stil maak,
ek wil net die geleentheid gebruik om vir die familie, vriende en kennise
by Jesus se voete te lê, mag Hy julle harte aanraak en styf vas hou.

RIV julle 2, baljaar daar waar ons nie gejag word vir ons kleur.

Bernadette ·

Dis verskriklik……baie sterkte vir die familie. Kan nie dink hoe kan mense kan se ” alle moorde is nie ras gedrewe nie” Het jy laas week koerant gelees….het jy gesien hoeveel WIT boere is aangeval, het jy gesien van die pa en sy 17 jarige dogter wat voor skool aangeval is en dat 5 haar verkrag het??

chrisjan ·

Daar moet lokvalle gestel word en aanvallers eenvoudig uitgehaal word.Dis al wat sal werk.

Attie ·

ANC en EFF se houding en uitsprake bevorder moord op blankes. Dit is nie debatteerbaar nie, tensy jou denke verrot is. Ek beskou hul as die vyand wat ten alle koste vernietig moet word. Dit sluit hul meelopers en maaksels in, soos die MRK, OVK en talle ander. Hartseer egter dat daar steeds witmense is wat heuel met voorafgenoemdes.

Sybie ·

Mense moet begin besef krimenele is gewapen, bewapen en verdedig julle self. Daar is nie meer so iets soos brue bou nie, word wakker!

Angel ·

Dankie vader vir die jong seun op pad werk toe by Scaw Metals 11 Mei wat ons gehelp het N17afdraai Rifle Range Drive. RIV Johanco en Jess.

Anton ·

RIV mooie kinders. Ons dra julle in ons harte en in ons gebede.

Jay ·

Iewers ruik n rot klink soos huurmoord dis te verdag nie als is rasverband nie kom ons gis saam met die ondersoekende spanne

Renier ·

Skink ‘n doppie, sit agteroor en geniet die agteruitgang!

honourble member ·

Dis baie hartseer en onnodig wat hier gebeur het. Maar hoe ry jy as jy nie genoeg petrol in jou kar het nie. Op hierdie paaie moet jy sorg dat jy genoeg petrol het want as jy gaan staan daarsonder het jy groot problem. Hierdie goed sak soos aasvoel op jou toe en dan is jy magteloos.

Bokram ·

Motief vir moord?dit was n rassehaat moord,weereens swart op wit,soos wat alle moorde en plaasmoorde maar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.