Roofkopie van Zuma-boek versprei digitaal

Omslag van die boek (NB Uitgewers)

ʼn Roofkopie van die omstrede pas uitgereikte boek oor pres. Jacob Zuma, The President’s Keepers, versprei soos ʼn veldbrand onwettig op sosiale media.

Die volg nadat die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) die boek se uitgewers, NB Uitgewers, versoek het om die veteraanjoernalis Jacques Pauw se boek te onttrek en sekere dele van die boek te verwyder.

Die SVA voer aan dat daar inligting in die boek is wat strydig is met die Wet op die Intelligensiediens en dat daar talle onakkuraathede in die boek is.

Die SVA se regsverteenwoordigers dreig voorts om hof toe te gaan om ʼn interdik te verkry wat NB Uitgewers verhoed om die boek verder te druk, versprei of te bemark.

Die boek was teen Vrydag reeds in talle boekwinkels en aanlynwinkels uitverkoop, maar steeds as ʼn e-boek beskikbaar.

NB Uitgewers het Saterdag in ʼn verklaring bevestig ʼn roofkopie van die boek word wyd op sosiale media gedeel en het die publiek versoek om dit nie verder te versprei nie en eerder die skrywer te ondersteun deur ʼn kopie te koop.

“Ons verstaan dat baie Suid-Afrikaners die roofkopie onskuldig deel en glo dit is uit protes teen die SVA se poging om dit te onttrek,” lui die verklaring. “Ons verseker egter die publiek dat die boek nie verban is nie. Ons druk meer kopieë om aan die oorweldigende navraag te voldoen en sal dit so gou moontlik weer aan winkels verskaf.”

Die uitgewer het ook gesê hy beveg die SVA se pogings om die boek terug te trek.

“Die roofkopieë benadeel hierdie moedige skrywer wat alles op die spel geplaas het om te verseker dat Suid-Afrikaners weet van die waarheid wat daarin is. Dit maak ook die uitgewersbedryf seer en is onwettig. As mense nie die boek in hul plaaslike boekwinkel kan kry nie, koop dit asseblief as ʼn e-boek op Amazon.”

Pauw se boek is op 29 Oktober vrygestel en onthul hoe belastingbetalersgeld ter waarde van miljoene rande glo in die bankrekeninge van valse spioene ingevloei het en dat Zuma ’n “salaris” van R1 miljoen per jaar van ’n omstrede tendermagnaat ontvang het sonder om dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verklaar.

Maroela Media het vroeër berig die SAID oorweeg dit om regstappe te doen teen Pauw en die Sunday Times.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê hy is baie bekommerd oor die publisering van vertroulike inligting rakende belastingbetalers wat strydig is met die Wet op Belastingadministrasie. Volgens Memela verbied die wet die openbaarmaking van belastingbetalers se inligting deur ’n SAID-beampte of ’n voormalige SAID-beampte.

Intussen het die drukgroep, Right 2 Know, uitgevaar teen die SVA se “desperate dreigemente”. Right 2 Know het die SAID en SVA se dreigemente van regsoptrede as growwe sensuur bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jan Taks ·

“Volgens Memela verbied die wet die openbaarmaking van belastingbetalers se inliging deur ‘n SAID-beampte of ‘n voormalige SAID-beampte.”

Die boek, “The President’s Keepers” behoort nie ‘n probleem te wees nie, aangesien belastingbetalers se inligting nie bekend gemaak mag word nie. In hierdie geval praat ons van ‘n persoon wat NIE belasting betaal NIE, so dit is nie op hom van toepassing nie.
Probleem … geen probleem! ;-)

Piet Snot ·

Fassinerende leesstof – het boek reeds entweg gelees.
Moet egter nie vergeet nie: hierdie skrywer, tesame met sy gabba Max du Preez, het die Afrikaner se saak geweldige skade aangedoen met hul skrywes in die 80’s. Deur hul koerant Vrye Weekblad, en hul boeke.
Moenie té veel simpatie hê nie; hierdie is nie die tipe Afrikaner wat jy rêrig wil verdedig nie.

Cacophony ·

Piet weea asb so gaaf om jou stellings te staaf. Presies hoe het Pauw kamstig die Afrikaner geskaad in die 80’s? Deur te berig oor apartheid? Dit is mos nie opsigself ‘n aanval op Afrikanerskap nie!

Henk Stander ·

Dankie Piet, daar sê jy presies wat ek dink.

Ek het wel die boek gekoop. As ń persoon wat Afrikaner waardes aanhang moes ek dit doen. Al hou ek nie van die man nie.

Boerseun ·

@Piet Snot – jy is heeltmaal korrek. Daar is ook sterk bewerings dat genoemde persone vir Intelligensie gewerk het om die ou NP-regering te ondermyn en af te breek, sodat ons gouer aan die kommuniste onderwerp kon word.

Dankbaar ·

Jacques Pauw het en is steeds besig om sy hele lewe hier op die speel te plaas. Elke persoon wat die digitale kopie ontvang het behoort n bydrae vir Jacques te maak. Kom mense, hier is iemand wat ALLES kan verloor. Ons as burgers trek voordeel hier uit. Kan daar nie n rekening oopgemaak word ter ondersteuning van dit wat hy doen nie?? Skrywers verdien peanuts!!

Gatvol ·

Dat die skrywer alles kan verloor is fiksie.Dit is tipies van die regering om met dreigemente vorendag te kom aangesien hulle weet dat hulle die waarheid nie meer kan wegsteek nie. Hoekom nie steun op die sosiale media verder te neem soos met die Zuma must Fall kampanje nie. Dit sal wys dat daar ondersteuning is vir die uitroei van korrupsie. Stem saam dat die roof kopie die skrywer finansieel sal benadeel.

Robert ·

@dankbaar: die skrywer het ‘n restaurant en gastehuis in Riebeeck Kasteel waaruit sy primêre inkomste kom. hy het nie die boek geskryf vir geldmaak nie dis om die korrupte nes oop te grawe.

Eben Kitching ·

Ek kan van ons kant af sê dat die meeste mense wat die onwettige kopie het die boek ook het of gekoop het. Net hier en daar weet ek van mense wat nie die boek sou koop of van plan is om te wat die kopie. Dit is nou net baie gerieflik om dit op die sel ook te hê. Ek dink die boek is so gewild dat die kopie nie veel inpak sal hê. Meeste mense wie selfone het wat dit kan lees, het waarskynlik ook die geld om die boek te koop. Dit is baie makliker om die boek te lees as wat dit is om dit op die sel te doen.

Gatvol ·

Dat die skrywer alles kan verloor is fiksie.Dit is tipies van die regering om met dreigemente vorendag te kom aangesien hulle weet dat hulle die waarheid nie meer kan wegsteek nie. Hoekom nie steun op die sosiale media verder te neem soos met die Zuma must Fall kampanje nie. Dit sal wys dat daar ondersteuning is vir die uitroei van korrupsie. Stem saam dat die roof kopie die skrywer finansieel sal benadeel.

Anoniem ·

Stig n trustfonds vir Blank SA en Skrywer vir n digitale weergawe toep waar dit afgelaai kan word en as ek sou n grys kopie kry sal ek nogtans die geld in dié trust betaal en ook vir ander wat dit nie kan bekostig almal se reg om te weet

ryan ·

Hahaha. Ai man, wou die boek kry toe sien ek vir Max. Hy jaag klaar my bloedruk op news24 op met sy ver lingse liberalisme. Moes ons jong mense nie liberaal gewees het nie? Of was dit net 10 jaar terug n “ding”

Cacophony ·

So jy bly dan maar oningelig oor die hede omdat jy kwaad is oor die verlede? Dis nogal kortsigtig of hoe?

Boet Fasie ·

Dit is dan die in ding in Suid Afrika- roof kopies, roof kykers , transito roof, plaas roof en moord, staat kaping en roof – alles gaan oor roof so “why not” ons gaan met die stroom.

John ·

?… ‘roof’-kopiee? Dit pas nogal in en behoort die Zumiete nie te pla nie…

CHRISTA ·

Hulle moet hierdie boek in AL ons landstale uitgee. DAN sal ALMAL besef en verstaan wat WERKLIK in ons land aan die gang is en dat DIT die rede vir ons land se ondergang is.
PS: Ek is mal oor die boek se buiteblad!! Dit sê BAIE!!!

Nina ·

Ek het hardop begin lag toe ek Jan Taks se advertensie op RSG hoor…. dien jou belastingopgawe in want die boete is groot! Nou wys ons dan Jan Taks, hier is mos BAIE belasting om te verhaal, plus boetes. Vul jul koffers aan. Bedank mooi die joernalis wat jul werk vir jul gedoen het. Vervolg die misdadigers nie die hardewerkers nie!!!

Adrian ·

Volgens vanoggend (sondag) se koerant verkoop die boek baie goed oorsee !!!! Uitstekend pas nie in met die skelm en sy indunas nie, hoop die week sal n politieke party die ander skelm n stokkie voor sy kernplan in die hof kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.