Roofpoging lei tot tragedie op N1

Die tragedie het hom afgespeel tussen die Kranskop-tolhek en Modimolle. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo het ʼn spesiale taakmag saamgestel om misdaad hok te slaan wat blyk ál meer kop uit te steek langs die N1, suid van die provinsiale hoofstad, Polokwane.

Dit volg ná ʼn gru-ongeluk Saterdag in die vroeë oggendure toe vyf mense dood is toe hul voertuig vasgejaag het in die agterkant van ʼn vragmotor, waarvan die bestuurder besig was om beroof te word deur ʼn onbekende aantal mans.

Saterdag omstreeks 02:30 het ʼn vragmotor blykbaar meganiese probleme ervaar en het die bestuurder langs die N1 tussen Modimolle en die Kranskop-tolhek stilgehou. Twee aanvallers het uit die niet verskyn en die bestuurder probeer beroof.

Brig. Motlafela Mojapelo, Limpopo-polisiewoorvoerder, sê die bestuurder het dadelik begin wegry, maar terwyl hy terug op die nasionale pad beweeg het, het ʼn Toyota-voertuig van agter in hom vasgery.

“Die rowers het skote in die rigting van die vragmotorbestuurder geskiet,” sê Mojapelo, “maar hy het verseg om stil te hou en reguit na die polisiestasie op Naboomspruit gery.

“Die insittendes van die Toyota, wat almal die botsing oorleef het, was besig om uit die voertuig te klim toe twee ander voertuie in hulle vasry en vyf mense op slag dood is.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiekommissaris van Limpopo, vra mense wat tydens die naderende Kerstyd na verskeie bestemmings landwyd reis, moet deurentyd wakker loop, veral snags. “Misdadigers neem dikwels snags hul kans waar en slaan soms ook toe op motoriste wat langs die pad stilhou om ʼn draai te loop.”

Die polisie ondersoek sake van pogings tot gewapende roof, poging tot moord en strafbare manslag.

Enigeen met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word gevra om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Vraag ·

Die witmense is ook net n probleem. Kyk nou hoe roof hul die arme mense en dt veroorsaak weer ongelukke

John ·

Ja, die uitlanders moet maar op die uitkyk wees vir wit gesigte… nie die’ verskrik weens ‘n gebeurtenis 5 min gelede nie, dis nie van belang nie, almal is gevaarlik veral naby die Limpoppo. Dis daar waar die wildeweste in die noorderweste ontwikkel… Oppas vir alles wit… enige wit renoster moet ook gesloop of ten minste gestroop word… ingeval….

RHG ·

Ras is hier nie ter sprake nie!
Vraag, hoe bedoel jy nou, “Die witmense is ook net ‘n probleem?”
Baie tragiese ongeluk.

Hartseer. ·

Ja nee wat. Waar is die dae wat ons langs die pad kon stop om padkos te eet en tyd as ‘n gesin deur te bring. Nou moet jy heeltyd vrees terwyl jy ry en selfs vrees as jy by jou bestemming is, want nie eers meer daar is dit veilig nie. Is ‘n jammer ek sal nooit vir my kinders kan gee wat ons gehad het as kwaliteit gesinstyd nie. Sal hulle net die stories kan vertel van hoe ons as gesin langpad gery het en padkos geniet het.

Liberalis ·

Hoe kan jy nostalgies terugdink aan padkos eet langs die pad as daar honger rowers in groot bmw’s is, hulle ryk lewensstyl is baie belangriker as jou padkos. Ons linkses het hard baklei vir die nuwe SA.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis is nogal opmerklik op daardie stuk pad hoeveel voertuie reg by ‘n EENSTOP verby ry, of selfs uit ‘n EENSTOP uit ry……..net om ‘n km verder te stop sodat mense in rye teen die draad kan gaan staan en urineer. Waarom? My hond “merk” ook die plekke waar hy was so….

LHS ·

Nee kyk nou raak dit wildeweste op sy beste. Seerowers, strykrowers, gewone rowers, ander rowers, soustrein rowers, politieke rowers, buitelandse rowers en so sal die lys maar aangaan en aangaan. Wet en orde is skynbaar rasistiese eienskappe wat nie in die land toegelaat mag word nie.

Christa ·

Ek wat gaan die honourable polisiekommissaris hieraan doen? Of is dit weereens n geval van hy is nie “accountable” nie?

Johanna Botha ·

Geen wet en orde nie en geen wetstoepassing nie ..kom weg met moord !

Andrea ·

Dit verstom my ook altyd. My hond, wat altyd saamgaan, doen haar besigheid wanneer ons by Ultra Cities langs die pad stop. Selfs sy, met haar klein blasie, het nie nodig om langs die pad ten aanskoue v almal, haar besigheid te doen nie.

schalk ·

Seker dit was swartes wat geroof het se dit skree dit, dit is die waarheid,hou op om waarheid te verswyg.Ek daag julle uit om my verkeerd te bewys.

Laslappie ·

Kyk hoe onpadwaardig die kar is, die deur van n ander kar is sommer so vasgeswys.

Ek ·

Een baie goeie ding van die S A poeliesie stel ondersoek in waar van niks kom nie

Emma ·

Hoe ry jy weg vir die rowers met ‘n trok wat langs die pad moes stop weens meganiese probleme? Het die meganiese probleme sommer so in die niet verdwyn?

DS ·

Emma miskien het die trok waarskuwings kodes gewys en drywer het gestop om te voorkom dat ernstige skade aan engin aangerig word maar dit is nog moontlik om te ry. Ai soveel vrae en sarkasties kommentare so min wat positiewe bydrae lewer. Veral Vraag se sarkasme oor witmense wat “tussen die lyne gelees moet word”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.