Pamela Tshwete, adjunkminister van waterwese, het bevestig daar was Saterdagaand ‘n rooftog by haar huis in King Williams Town in die Oos-Kaap.
“Kombuistoerusting soos kastrolle en eetgerei is gesteel,” het Phakamisa Hobongwana, woordvoerder vir Tshwete, in ‘n verklaring gesê. Daar was verlede jaar ‘n soortgelyke rooftog by haar huis.
“Hulle [die ministers en adjunkministers] is maar selde by hul eie huise weens werksverpligtinge en die ministeriële handboek maak voorsiening vir sekuriteit in alle staatswonings en persoonlike huise,” het Hobongwana gesê. Ná die rooftog verlede jaar was daar ‘n versoek dat veiligheid by die huis opgeskerp moet word en ‘n assessering is verlede jaar in September gedoen. ‘n Verslag met aanbevelings oor sekuriteit is in April by die departement van openbare werke ingedien.
“Dit is betreurenswaardig dat daar intussen nog niks gedoen is om die minimum sekuriteitsvereistes op te skerp nie,” het Hobongwana bygevoeg. “Die departement van openbare werke word versoek om die veiligheid van alle openbare verteenwoordigers in ‘n ernstige lig te beskou, veral in hul huise waar hul afhanklikes op hul eie bly.”
Die departement was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Presies hoe moet Jan Publiek voel, ons is SELF verantwoordelik vir sekuriteit by ons huise, baie van ons is ook vir onbepaalde tye afwesig van ons eiendom. Sy kan haarself gelukkig ag dat daar net kombuistoerusting soos kastrolle en eetgerei gesteel is. Sommige van ons se huise word leeg gedra. Ander word weer verkrag en vermoor. Nie lekker om aan die ontvangkant te wees nie ne.
**
so hulle maaitjies ontsien hulle eie mense nie eers
As ons weg gaan moet ons voorsorg tref hoekom word hulle beveilig snert kry vir jou
Ja nee j kry dn so n vet salaris vi niks dun,j kn mos mar vi ADT of enige sekuriteits maatskapy betaal uit jo eie sak uit