Rooftog by adjunkminister se huis

Pamela Tshwete Foto: GCIS

Pamela Tshwete Foto: GCIS

Pamela Tshwete, adjunkminister van waterwese, het bevestig daar was Saterdagaand ‘n rooftog by haar huis in King Williams Town in die Oos-Kaap.

“Kombuistoerusting soos kastrolle en eetgerei is gesteel,” het Phakamisa Hobongwana, woordvoerder vir Tshwete, in ‘n verklaring gesê. Daar was verlede jaar ‘n soortgelyke rooftog by haar huis.

“Hulle [die ministers en adjunkministers] is maar selde by hul eie huise weens werksverpligtinge en die ministeriële handboek maak voorsiening vir sekuriteit in alle staatswonings en persoonlike huise,” het Hobongwana gesê. Ná die rooftog verlede jaar was daar ‘n versoek dat veiligheid by die huis opgeskerp moet word en ‘n assessering is verlede jaar in September gedoen. ‘n Verslag met aanbevelings oor sekuriteit is in April by die departement van openbare werke ingedien.

“Dit is betreurenswaardig dat daar intussen nog niks gedoen is om die minimum sekuriteitsvereistes op te skerp nie,” het Hobongwana bygevoeg. “Die departement van openbare werke word versoek om die veiligheid van alle openbare verteenwoordigers in ‘n ernstige lig te beskou, veral in hul huise waar hul afhanklikes op hul eie bly.”

Die departement was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marco Pretorius ·

Presies hoe moet Jan Publiek voel, ons is SELF verantwoordelik vir sekuriteit by ons huise, baie van ons is ook vir onbepaalde tye afwesig van ons eiendom. Sy kan haarself gelukkig ag dat daar net kombuistoerusting soos kastrolle en eetgerei gesteel is. Sommige van ons se huise word leeg gedra. Ander word weer verkrag en vermoor. Nie lekker om aan die ontvangkant te wees nie ne.

alet ·

As ons weg gaan moet ons voorsorg tref hoekom word hulle beveilig snert kry vir jou

SHAUN ·

Ja nee j kry dn so n vet salaris vi niks dun,j kn mos mar vi ADT of enige sekuriteits maatskapy betaal uit jo eie sak uit

JB ·

Haar mense le haar nie na genoeg aan die hart nie, anders kon sy al iets daaraan gedoen het. Maar nee, ons belastingbetalings moet dit v haar doen!!!!!!!

Meisie ·

Die volgende Nkandla?? Ons mense moet maar sien kom klaar. Daar word lokasies opgerig op jou voorstoep , dan as daar inbrake is, word die skouers opgetrek en word daar vir jou vertel , hulle kan niks daaraan doen nie, jy is self verantwoordelik vir jou eie veiligheid en die van jou eiendom, maar jy mag ook niks doen as jy hom in jou huis vang nie!! Plaas dat hulle meer van daai duisende vat en die Metro polisie ordentlike opleiding gee, veral in die verskil in beskerming van die publiek en die uitbuiting van die publiek, maar ja dit sal maar dit sal ook `n onbegonne taak wees, want sodra daardie Metro kleertjies oor die kop gaan , slaan die brein toe , en dink hulle mos hulle is verhewe bo alles en kan hulle maak nes hulle wil!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.