Rooftog by Cradlestone-winkelsentrum

Argieffoto

Argieffoto

Ongeveer tien rowers het vanoggend op ʼn winkel in die Cradlestone-winkelsentrum naby Krugersdorp toegesak en juweliersware gesteel.

Volgens Kaptein Tsekiso Mofokeng het twee van die rowers glo ingegaan en gewere op die personeel gerig terwyl die ander die juweliersware geneem het.

Die rowers het glo in ʼn Mercedes-Benz en ʼn BMW weggery.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en geen arrestasies is al gemaak nie.

-Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.