Rooftog by dagsorgsentrum in Port Elizabeth

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Drie rowers het Donderdagoggend op ʼn dagsorgsentrum in Port Elizabeth toegeslaan.

Ao. Dumile Gwavu, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes het omstreeks 09:15 by die Ikhaya-dagsorgsentrum ingestorm. Een van die verdagtes ʼn vuurwapen gehad. ʼn Groep mense, waaronder agt toeriste wat die sentrum besoek het, is van selfone, rugsakke en kontant beroof.

Volgens Gwavu is ʼn skoot afgevuur tydens die rooftog. “Kinders en werkers was ook tydens die voorval teenwoordig. Traumaberading is vir die kinders, die dagsorgsentrum se werkers en die toeriste gereël.” Hy het gesê niemand is tydens die voorval beseer nie.

ʼn Saak van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek. Volgens Gwavu is ʼn taakspan saamgestel om die voorval te ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting word versoek om kol. Luntu Ngubelanga te bel by 082 779 7116.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.