Rooftog by gewilde vakansieoord

Blyderivier-canyon in Mpumalanga (Foto: Forever Resorts se Blyde Canyon-oord)

Blyderivier-canyon in Mpumalanga (Foto: Forever Resorts se Blyde Canyon-oord)

Vier verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Graskop-landdroshof verskyn in verband met ʼn rooftog by die Forever Resorts se Blyde Canyon-oord in Mpumalanga.

“Die polisie in Dientjie, naby Graskop, het Maandagoggend omstreeks 04:30 ʼn oproep ontvang oor ʼn rooftog by die vakansieoord,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het na die toneel gehaas en ʼn silwerkleurige Renault Clio Blaze opgemerk met vyf insittendes.”

Volgens Hlathi het die polisie die vyf persone gedwing om uit die motor te klim en op die grond te lê. “Vier van die persone, twee mans en twee vroue, het aan die beamptes gehoor gegee, maar die vyfde persoon het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en dit op die polisie gerig. Die beamptes het reageer en hom in sy bors geskiet.”

Al vyf verdagtes, insluitend die man wat geskiet is, is op die toneel in hegtenis geneem. “Die man het later aan sy beserings beswyk terwyl hy onder polisiebewaking was by die hospitaal.”

Twee veiligheidswagte is ernstig aangerand tydens die rooftog en hulle is ook in die hospitaal opgeneem.

“Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en springstof,” het Hlathi bygevoeg. “Die springstof sou vermoedelik gebruik word om die oord se kluis oop te blaas.”

Die verdagtes, tussen 18 en 34 jaar oud, verskyn Woensdag in die Graskop-landdroshof op aanklag van onder andere sakeroof, onwettige besit van ʼn vuurwapen, ammunisie en springstof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

FM ·

Ek is nou seker buite orde , MAAR kan iemand dalk vir ons terugvoering gee oor die mannetjie van Landbouweekblad wat die ” white trash” woorde kwytgeraak het? Is hy nog steeds daar? Ek sien Landbouweekblad word nou ewe skielik op kyknet ge-adverteer. Dalk neem ek dit nou eers waar. Byt die man ook dalk vas aan sy pos soos……julle weet wie. Kan maroela of iemand dalk inligting gee asb. Thanks

Petra Naude ·

Dankie aan SAPS..julle is n voorbeeld vir SA saps. Trots dat julle so flink was met jul optrede! SA het dit nodig. Baie dankie.

Buitestander ·

Nog ‘n paar ware Polisie beamtes
Amper te goed om waar te wees.
Sterkte met julle werk. Jullle verdiien ‘ n pluim. Mooi so doen so voort.

Andre vander bank ·

Regtig!! Alger loof en huldeblyke aan Polisie. Mense, in ander Lande is dit die norm!! Hulle word betaal hiervoor. Word julle burgers dan so afgeskeep dat so iets n frats is!!

Justice ·

Om dankie te se kos niks. Die RSA het van die hoogste moordsyfers teenoor polisiebeamptes wereldwyd. Ek het groot waardering vir die manne en vrouens wat daagliks hul lewens op die spel plaas in die uitvoering van hul pligte.

anton ·

Ja in die land moet die 1% wat iets doen geloof word. Wat n grap. Hulle het gekies om die werk te doen en word betaal vir die dienste wat hulle eintelik nie wil doen nie. Net die salaris ontvang.
Polisie is langkal net n werks skeppings organisasie.
Dit het tragies geword dat die publiek hulle moet loof vir wat hulle verondertel is om te doen.

Karma1 ·

Sjoe, Anton, maar jy is negatief! ‘n Dankie vir goeie diens/werk is nooit te versmaai nie, of jy nou in die staatsdiens is (en “betaal word vir die werk wat jy doen”) of privaat diens is. Dit is net reg dat ons dankie sê en ‘n klop op die skouer gee vir polisiemanne en -vroue wat hul “werk” doen en hul bekwaam van hul taak. Jissie, ons het regtig nie negatiewe mense soos jy in ons land en lewe nodig nie!

anton ·

Jammer Karma maar ek is nie negatief nie. Dit is net die feite!
Ek stem saam dat n ”dankie” sê oor die algemeen normal is maar ongelukkig is die swak diens wat ons van hulle die afgelope jare kry n werklikheid.

Christo ·

Tien uit tien vir die polisie, asook die veiligheidswagte wat nie die hasepad gevat het nie. Die staatsaanklaer moet sorg dat die lot vir lank toegesluit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.