Rooftog by Irene Village Mall

Die Telkom-winkel by Irene Village Mall. Foto: Irene Village Mall/Facebook

Die Telkom-winkel by Irene Village Mall. Foto: Irene Village Mall/Facebook

Die Telkom-winkel by Irene Village Mall in Centurion is Vrydag beroof kort na ʼn rooftog by Centurion Mall, ongeveer 10 km daarvandaan.

Die sentrumbestuur van Irene Village Mall het aan Maroela Media bevestig daar was ʼn rooftog en gesê hulle sal later vandag ʼn mediaverklaring oor die voorval uitstuur. Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het ook die voorval bevestig maar kon nie onmiddellik enige verdere inligting beskikbaar maak nie.

Maroela Media verneem intussen dat twee van die vermeende rowers reeds vasgetrek is. Die polisie kon egter nie die inligting bevestig nie.

Twee mans is Vrydag tydens ʼn onderonsie met die polisie geskiet, kort nadat hulle glo ʼn selfoonwinkel in Centurion Mall beroof het. ʼn Groep rowers het op die Vodacom-winkel in die sentrum toegeslaan. Ses verdagtes is in hegtenis geneem.

Klik hier vir vorige berigte van rooftogte by winkelsentrums.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Hoe lank is hierdie selfoonwinkels al getyken. Regtig daar kan n plan gemaak word om hierdie rooftogte te fnuik. Maak gebruik van katalogiste. Hou die absolute minimum voorraad aan. Reel vir vooraf bepaalde tye vir aflewering by jou winkel. Kennigewing vir aflewering moet op vensters aangebring word. Aflewering onder beveiliging. Kliente kan wag. Daar behoort begrip vir die omstandighede te wees. Maak n ander plan met jou geld. Laat staan jou kluis sigbaar oop. Onmiddelike kontak met veiligheidsdienste moet moontlik gemaak word, ens ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.