Rooftog by Kaapse weermagbasis

Argieffoto

ʼn Rooftog is op Goeie Vrydag by ʼn Kaapse weermagbasis uitgevoer.

Volgens die burgerlike organisasie Sanco was die rooftog in die vroeë oggendure by die 9 Infanterie-bataljon in Khayelitsha.

“Die voorval ondermyn nasionale veiligheid en bring plaaslike gemeenskappe se veiligheid in gedrang,” het Jabu Mahlangu, Sanco se woordvoerder, gesê.

Gewapende rowers het twee wagte wat by die basis aan diens was, oorval en gedwing om die kluis waar die wapens geberg word oop te maak. Die verdagtes het weggekom met ses R4-gewere en ammunisie.

Mahlangu het sy kommer uitgespreek oor die gemak waarmee aanvalsgewere en ammunisie by nasionale sleutelpunte gesteel kan word.

“So ʼn sleutelpunt is veronderstel om ʼn hoogs veilige omgewing te wees. Ons kan ons nie indink wat gaan gebeur met hierdie wapens in die hande van hartelose bendelede nie.”

Hy het sy hoop uitgespreek dat die skuldiges spoedig in hegtenis geneem sal word.

“Misdadigers moet ontwapen word en nie bewapen word met staatswapens nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

vermeende ·

Die land is nie regtig so bad nie, ek het nie gedink daar is nog iets om te steel behalwe ARV’s nie.

TS ·

Dit wys nou net in wat se toestand die Suid Afrikaanse Weermag is . Hulle kan nie eers hul eie basis beveilig nie wat nog te sê van die hele land .

Oosie ·

…en word deur kinders in die DRK geskiet… wat ‘n lagwekkende spul!

Louis ·

Pateties. Dik en blink gevreet (letterlik) en onfiks. Ons moet bid Lesotho val ons nie aan nie. Ons soldate sal dalk eers wil staak of iets eet voor hulle begin baklei. Ons trotse weermag!

Gideon ·

Waar gaan die wagte die kluis se sleutels he? Een groot korupte komplot. Wed jou die soldate is nie eens hardhandig hanteer nie.

Johan ·

Ek ruik n rot dit wil vir my voorkom rowers/sogenaamde rowers het presies geweet wat hulle soek en waar om dit te kry.Inside information?

Juan ·

So so so pathetic!!! Here comes more farm murders with those weapons!!!

Bietjie bietjie ·

Why do you speak that negative words!
Don’t you realize that life and death is in the tongue?
Choose life and not death
I bind that negative words in the name of Jesus

Pork Chop ·

Wake up man. Its not negative its real time life happening, I’m sure you are not a farmer. Farmers also pray but they die and get slaughtered. And cash in transit robberies are up.

Anton ·

…dit was vir die, wat oorval is, n oorlog…en een wat hul verloor het…

tom ·

Mense word wakker die elemente in die regering sit agter dit onthou die misdadigers wat cash rooftogte doen waar gaan daai geld heen om die mk veterane te kan betaal

Dafer ·

Jy is natuurlik reg tom, maar jy moet ook vir die mense wat jy wakker maak vertel wat hulle volgende moet doen.

Oom Klasie ·

Ek weet wat kom.Siener het dit baie duidelik uitgespel.

Theo ·

Miskien moet die regering maar ‘n sekuriteitsmpy aanstel om hulle soldatte te beskerm?

Koos Kakebeen ·

Toe ons in die 70’s in die SADF was, sou ons ons uitgewoed het op die aanvallers van die weemagsbasis binne ons land se grense. Om tweede te kom het nie in ons woordeskat bestaan nie. Huidige weermag (SANDF) is soos alle staatsdepartemente met al hulle aanhangsels, bestaan net in naam!

Johan ·

Dit is belaglik…. wat kommer wekkend is is waarvoor wil hulle dit gebruik?ek hoop opposisie partye neem dit op met minister van vedediging die onaanvaarbaar…….

Scalla ·

Pateties, Inside job, onbevoeg, wat ek verder wil sê sal Mm nie plaas nie

w ·

Hahaha. Hu pateties maar tog nie asof dit ons skok nie. Nix kan ons meer skok in hieri land met sy vrot regering en vrot wette wat misdadigers beskerm nie.

Justice ·

Ek sal verbaas wees indien net 6 vuurwapens uit die weermag kluis gesteel is. Dit klink asof die hele 9 Infanterie bataljon op langnaweekpas is. Wat van die wagte se vuurwapens wat nie in die kluis behoort te gewees het nie? Hier is moontlik meer vuurwapens gesteel as wat bevestig word.

foxi ·

Snert…….snert……..snert!!!!Hulle is almal kop in een mus. Waar het jy nou gehoor van n rooftog by n weermag basis. Hulle is daar om die land en sy mense te beskerm. Daardie wapens gaan gebruik word op weerlose mense……LAFAARDS!!!!!

Chris ·

Sal seker maar vir ADT kontrakteer om hulle op te pas.Elke soldaat met panick button om neck.

Ljl ·

Ek dink ons ou infanterie manne kan maar net ons borste uitstoot met trots en in ons harte vir mekaar sê ons was die beste.

Johannes Meintjes ·

Die vraag bly vir my staan: “Wie regeer of manipuleer die Nuwe SA?” Daar skyn tans ‘n rooftog patroon te wees wat vragmotors, bakkies, sleepwaens, wapens, ammunisie en geld buit. Wonder waarvoor?

Basjan ·

Die wagte het net ‘n bietjie langnaweek gehou. Have a heart man. Wat is nou verkeerd met ‘n bietjie slaplê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.