Rooftog by Pretoria-Noord-poskantoor

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Groep gewapende mans het Woensdagoggend op die poskantoor in Ben Viljoenstraat in Pretoria-Noord toegeslaan.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê minstens vier verdagtes, wat gesigmaskers en pette gedra het, het die poskantoor betree en toegang tot die kluis en kasregisters bekom. “Hulle het ʼn onbekende bedrag geld gesteel. Geen skote is gevuur nie en geen beserings is aangemeld nie.”

Enigiemand wat die voorval sien gebeur het of meer inligting het, word versoek om die polisie te kontak by 08600 10111 of stuur die inligting aan deur die MySAPS-app.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Rooftogte, moord, korrupsie, leuens … geen goeie nuus nie. Die kriminele het die oorhand. Só lyk ons land onder die ANC-regering. ‘n Mens kan/wil dit nie meer absorbeer nie!

Pieter ·

Poskantoor is uiters swak beveilig om die Sassa en ander uitbetalings te kan maak. Daar word selfs pos (pakkies) vervreem. Dank die minister af, totaal onbevoeg.

Sêmanet ·

Bestaan daar nog goed soos poskantore? Dalk wag die diewe ook te lank vir hul pos of pakkies. Hulle by die Poskantore is mos in elk geval gedurig besig om te staak, of hulle is “van lyn af”.

JohanR ·

Pretoria-Noord polisie het Donderdag more opgedaag! Dit is nou een gevrekte polisie stasie daai. Ek is eintlik verbaas rovers het soe lank gevat om die pos kantoor te roof…..it was an event waiting to happen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.