Rooftog by Wonderboom-lughawe

Wonderboom-lughawe Foto: My Broadband

ʼn Gewapende rooftog het Woensdagmiddag by die Wonderboom-lughawe in Pretoria afgespeel waartydens ʼn groot bedrag buitelandse valuta geroof is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn man het glo ʼn pakkie by die lughawe afgehaal waarin die geld was. Terwyl die man vir ʼn motor gewag het, het ʼn wit BMW-voertuig by hom gestop. Vier gewapende mans het uitgespring en die pakkie by hom geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

“Geen skote is afgevuur nie en niemand is tydens die voorval beseer nie,” het Dlamini gesê. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

ʼn Video wat tydens die voorval in die lughawe geneem is, toon hoe lede van die publiek tussen hul bagasie op die vloer in die lughawe lê terwyl die rooftog aan die gang is.

Die rooftog is die tweede drama wat Woensdag by ʼn Suid-Afrikaanse lughawe afgespeel het. Maroela Media het vroeër berig twee mense is vroeg vanoggend gewond tydens ʼn vermoedelike bendeverwante skietery buite die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Die polisie wou nie Woensdagoggend kommentaar lewer oor bewerings dat Jerome “Donkie” Booysen, die vermeende leier van die 26-bende en Sexy Boys, tydens die voorval geskiet is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kannaland ·

Die rede is omdat alle aandag nou op OR Tambo is, nou skuif die skelm goed wat in tronke hoort eenvoudig na ander plekke, so as jy n lughawe bestuur, maak gereed. Die enigste oplossing is om misdadigers lewenslank weg te pak.

Leahim ·

Gee asb beter beskrywings van die aanvallers sodat almal weet waarvoor om op die uitkyk te wees was dit chinese,pakestaniers, somaliers,plaas boere onthou SA is n diverse land

Alida ·

Hierdie “roof” is beplan. Die SAPD mors hul tyd. Hoekom net daai een mens uitsonder en beroof. Laat die “slagoffer” sing hy weet waar die pakkie is. N goeie speurder sal 2 en 2 bymekaar sit.

E.K. ·

Stem saam: “inside job” – wie stuur kontant rond in pakkies – klink alles baie verdag!

Johanna Botha ·

Eers die lughawe in die Kaap vanoggend nou dit ook nog …wat gaan aan by die lughawens daar is net geeeeen veiligheid …stakings, onbevoegde mense , herhaaldelike vermorsing van belasting geld keer op keer …daar is GROOT probleme !

JosuaKeys ·

Lanseria wees gewaarsku en wees op jul hoede julle mag dalk volgende wees, ek hoop net dat die volgende berig gaan wees oor hoeveel van hulle permanent uit die samelewing verwyder was want tronkstraf is n grap vir die mense.

Flintstone ·

Was so ‘n paar weke gelede saam my gesin daar.Tientalle sekuriteitspersoneel wat jou nerens inlaat sonder om jou id te toon en ‘n besoekbrief in te vul nie.Wou nie eens my dogter inlaat sonder begeleiding na die hangar,aangesien sy nie haar id by haar gehad het nie.Hierdie moet verseker ‘n “inside job” wees.Vraag is hoe word ‘n hele voertuig vol insittendes toegelaat sonder enige kontrole?Dink die hele “sekuriteitsfirma” moet eenvoudig vervang word met ‘n ander meer effektiewe sisteem.As hulle een maal so maklik ingekom het sal dit weer gebeur en dan kan daar meer tragiese gevolge wees.

Herman Borchardt ·

Inside information inside job HOW would any normal Person have known about this Forex being Loaded or Unloaded at WONDERBOOM Airport on this specific date of ROBBERY

Johannes Meintjes ·

Ten spyte van soveel geluide is daar niks op die grond wat misdaad in die Nuwe SA ontmoedig nie. Buurtwagte, die GPF, sekerheidsmaatskappye en beveiligingskundiges slaag nog nie daarin om ‘n “Yster Kordon” met maksimale burgerlike deelname op grondvlak getrek te kry nie.

Willem ·

Jy moet alle geld bo R25 000-00 verklaar aan n beampte en jy moet die korrekte bedrag verklaar op die lughawe en sodra jy dit doen lig hierdie beampte die skollies in , hulle word van alles voorsien en ook die bedrag . So weet die skollies ook met watter motor jy gaan ry want hulle volg jou reeds op die lughawe , privaat of n gehuurde motor. Jy word dan beroof , al voordeel is dat die skollies nie die geld tel nie want hulle weet reeds hoeveel dit is . Met my gebeur maar ek het nie gestop nie.

Tjokkie ·

Oh my word nou gaan hulle vir die kleiner lughawens ook nou dat O R Tambo te veel aandag trek. Volgende is seker Lanseria. Jy keer nie meer skelms in SA nie, want die polisie kry slae, keer op keer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.