Rooftog op Bethal-plaas ‘nie ʼn plaasaanval’

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in Mpumalanga het ontken dat ʼn rooftog Saterdagaand op die plaas Yzervarkfontein in die Bethal-omgewing in Mpumalanga ʼn plaasaanval was.

Die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans wat namens die eienaar van die plaas in die huis op die plaas woon en die huis glo oppas, het gesien hoe twee mans in ʼn wit afleweringsvoertuig na die plaas aangery kom.

Sedibe het een van die geïdentifiseer as Innocent Phiri (23), maar kon nie onmiddellik die tweede man se naam bevestig nie. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die ander man se naam is glo Dries Cronje.

“Die mans in die afleweringsvoertuig het twee skote in die lug afgevuur soos hul aangery gekom het. Die mans in die huis het uit die huis die bosse in gehardloop en daar weggekruip,” het Sedibe gesê.

Volgens Sedibe het die verdagtes die huis binnegegaan en twee sakke mielies gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het.

Sedibe kon “ter wille van die veiligheid van die klaers” nie bewerings dat die mans een van die verdagtes glo herken het bevestig nie.

Niemand is tydens die voorval beseer nie .

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris ·

Eenige iemand wat roof op n plaas , en dan nog skote afvuur moet as n plaas aanval beskou word . Wat is dit anders n piekniek ?

B-man ·

Ja, dis ‘n aanval en het op ‘n plaas gebeur, maar dis nie ‘n plaasaanval nie?

Annie ·

Stem saam met jou Chris. Maar elke plaas aanval is roof volgens Maroela niks is moord nie.

Karma ·

@Annie – dit is nie wat MAROELA sê nie, maar wat die POLISIE sê die aanklag is.

Rooiman ·

Askies?!?!
Was dit op n plaas?
Is daar met vuurwapens gedreig?

Klink vir my na n plaasaanval.
Daai polisie klink vir my n bietjie intellektueel armoedig.

Hanna ·

Nee wat, hy is onskuldig: sy naam is dan Innocent… lol! Dankie tog niemand is ernstig beseer nie.

Leahim ·

Het die land nou so agteruitgegaan dat gewapende rowers plase aanval om twee sakke mielies te steel.

Frikkie Geld en huis ·

Jy kan dit werklik glo!! Hul steel deesdae kos en los die TV’s . Ek dink die TV mark is dalk al versadig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.