Rooftog van toeriste kan getal besoekers knou

(Argieffoto)

Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, het die polisie se flink optrede nadat ʼn groep toeriste Vrydag in Khayelitsha beroof is, verwelkom.

Daar heers wél groot kommer oor die uitwerking wat die voorval op die toerismebedryf in die gebied kan hê.

“Terwyl die Stad Kaapstad en Kaapstad-toerisme ʼn ondersteunende rol speel om besoekerveiligheid en -gerief reg oor die stad te verseker, is polisiëring uiteindelik primêr die verantwoordelikheid van die polisie,” het Vos gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn bende van vyf gewapende rowers het die groep van 11 toeriste oorrompel op die perseel van ʼn skool wat hulle besoek het. Hulle het ʼn tuinbouprojek daar besoek.

Die verdagtes het glimbaadjies aangehad, het die groep in hul voertuig ingewing en van hul beursies, kameras en selfone beroof.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

(Foto: Love Cape Town/Twitter)

Vos sê die stad, in samewerking met die departement van toerisme en Kaapstad-toerisme, het intussen sogenaamde toeristeveiligheidsmonitors en TravelWise-ambassadeurs by toeristetrekpleisters oor die stad ontplooi in ʼn poging om veiligheid op te skerp.

“Bestemmings staan ook bekend vir die manier waarop hulle reageer op voorvalle en sorg en gerief moet deel vorm van die waarde wat ons aan toeriste bied,” het Vos gesê.

Die polisie het Saterdag gesê hy het sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om diegene verantwoordelik op te spoor.

Die uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, Enver Duminy, het gesê veiligheid is ʼn groot uitdaging vir die toerismebedryf.

“Elke 12 toeriste skep een werksgeleentheid; dus moet ons baklei om elke, enkele besoeker te behou. Ons is geskok en bekommerd oor die afgelope naweek se voorval in Khayelitsha.

“Ons het ons BandAid-program, wat deel vorm van Kaapstad-toerisme se deurlopende veiligheidsinisiatiewe, reeds in werking gestel. In samewerking met ons vennote in die toerismebedryf sal die geraakte besoekers die ondersteuning kry wat hulle nodig het, ná wat sekerlik ʼn geweldig traumatiese ervaring moes wees,” het Duminy gesê.

Hy het gesê hoewel syfers ʼn positiewe jaar-op-jaar-groei vir die komende maande aandui, kan dié voorval ʼn negatiewe uitwerking op die voorspelde groei hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ken ·

Jy sal my baie moet betaal om ‘n township te besoek….. Geen begeerte en absoluut niks om te sien nie.

Jaco. ·

n Township soos daai… Rerig hoe naief is die wereld nie.
Hoekom sou ek die Bronx of agterstrate van Rio wou be soek?

Hannetjie ·

Wat gaan soek hulle daar? Baie beter besienswaardighede oral.

Frik ·

Daar word vir hulle vertel dis die nalatenskap van apartheid.

Eddy ·

Wie se gedagte was dit om gevaarlike townships as toeriste aantreklikhede te bemark?Jy is net n teiken daar,met jou duur kamera en duur sonbril.So Ek Sal niemand aan raai om Khayelitsha toe te gaan Nie.

Strandloper ·

Of dalk n gulde geleentheid vir avontuur soekers…dit is trouens meer opwindend as om tussen n trop leeus rond te loop…

Fransie ·

Ons het reeds vriende in Amerika en Holland wat nie Suid-Afrika toe wil kom nie weens al die misdaad waarvan hulle hoor en lees EN hulle word deur hulle eie lande aangeraai om nie te kom nie. Maak nie saak wat ons sê oor ons mooi land nie – hulle is net te bang om te kom. Hierdie insident sal beslis van geweet word daar. Alles net nog meer hooi op die vurk.

Hanna Hoekom ·

Amerikaners word al sedert 2015 teen RSA en veral OR Tambo lughawe gewaarsku. My vriend is n Amerikaner. Wat n jammerte dat ons land nou n toilet-status het!

Hanno ·

SA is veilig, mits jy reg vakansie hou. Land
op Kaapstad lughawe, vlieg daarvandaan direk Skukuza of Upington toe. Huur n kar en besoek die wildtuin of Kgalagadi. Baaaaanja veilig.

Affirmative Shopping ·

Ek hoop dit is voorbladnuus in Amerika! Dalk kan Trump ingryp, ons weet mos wat hy van Afrikastate dink.

Jacqui ·

Niemand het ingegryp by Zimbabwe nie. Niemand sal hiér ingryp nie….. Mens moet van jou sinne beroof wees om in n township te wil ‘sightseeing’ doen.

Vince ·

Die klomp naïewe buitelanders sal nooit leer nie. In hul eie lande(Wes-Europa) verwelkom hul uitvaagsels wat hul kultuur sistematies ondermyn.

André André ·

En party wil die naglewe in Soweto gaan ervaar. (Bungiejumping verskaf blykbaar nie genoeg adrenalien nie.)

Andre Coetzee ·

Trump kry my steun.Afrika is net ‘n diep donker stink gat wat vul met stink.Niks gaan die plek red nie.Viva Trump.Sorteer die gemors uit .Niemand anders gaan nie.

Hansie slim ·

‘n Groot deel van die probleem kan ook voor die deur van die toergidse gelê word. Hulle is deel van die probleem!!
Om toeriste met allerhande aantreklikhede by hulle na so ‘n plek te vat, is vir moeilikheid soek!!
En as toeriste daarop aangedring, moet hulle afgeraai word!! As hulle steeds aandring, laat hulle vrywarings teken. Dis seker nie idiaal nie maar omstandighede hier is nie idiaal nie!!

Hennerik ·

Flinke optrede???? Hulle loop steeds los!
Planne, programme, inisiatiewe??? Hou op in jul slaap praat en word wakker!

Kol ·

Toermaatskappy was onverantwoordelik om mense soontoe te vat. I mean really????

Niklaas ·

Kry sommige toergidse wat kranksinnig genoeg is om groepe na hierdie gevaarsones te neem en weet wat mag voorlê , nie dalks van die misdaad sindikate n “Afica Salute” (geldelike waarderingsbedraggie) nie? Dit wil amper so voorkom . Wie gaan nou willens en wetens sy lewe so waag ? En kyk maar, toergidse kom niks oor nie.

Susna ·

Niklaas, ek is geneig om met jou saam te stem. Vir n geruime tyd al snif in die neus begin kry, net soos jy hier se.

bokka ·

Ander lande is natuurlik heeltemal misdaadvry né? Miljoene mense besoek Kaapstad elke jaar en die getalle neem net toe. ‘n Paar misdaadvoorvalle gemik teen toeriste het nie in die verlede toeriste afgeskrik nie en sal ook nie in die toekoms nie.

Isabella ·

I agree what are they doing there but most of the toereleaders are black and most of they take advantage of they toerist not all of them but yeah they know what’s going on in this country not to take they in there

bokka ·

Misdaad gemik teen toeriste is byvoorbeeld baie erger in ‘n stad soos Rio de Janeiro. Dit keer nie die miljoene wat daai stad besoek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.