Rooftogte neem toe in Welkom

Foto verskaf deur SAPD Vrystaat

Die polisie in Welkom in die Vrystaat wil graag bewusmaking skep onder die publiek oor ʼn toename in rooftogte die afgelope paar maande.

“Daar was ʼn toename in straatrooftogte – talle van dié oortredings het in die Welkom-sakesentrum of in residensiële woongebiede plaasgevind,” sê brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie. “Voetgangers is ook geteiken wanneer hulle na en van hul huise gereis het of op pad was winkel toe of op pad was na openbare vervoer.”

Makhele sê die polisie raai die volgende voorsorgmaatreëls aan:

  • Wees altyd bedag van jou omgewings en wees waaksaam. Probeer om saam met ander te stap en in gebiede wat gereeld gebruik word.
  • Moenie toelaat dat jou aandag afgelei word deur aktiwiteit nie.
  • Beskerm jou elektroniese toestelle deur dit nie oop en bloot te gebruik nie.
  • Moenie ʼn groot hoeveelheid kontant wys wanneer jy vir iets betaal nie.

“Op dié noot is ʼn 19-jarige tiener op 3 Maart deur twee onbekende mans van sy selfoon beroof. Hy het alleen in Torontoweg gestap toe hy oorval is. Een verdagte het hom van voor af genader en ʼn ander van agter af. Die verdagtes het ná die voorval weggehardloop,” het Makhele gesê.

Speurdersersant Tsie Matlokotsi van Welkom se speurdiens het een van die verdagtes se identikit saamgestel (grafika hierby aangeheg). Die verdagte is ʼn man tussen 25 en 30 jaar oud, vermoedelik ʼn uitlander en ongeveer 1,7 m lank. Hy het Engels gepraat en hy het ʼn swart bofbalpet, rooi bandana, donkerblou hemp, goue kettinkie, swart denim en donker sandale gedra. “Enigiemand met inligting oor die verdagtes word versoek om Matlokotsi te kontak by 078 758 5658.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries ·

Ek het altyd gesê .Hulle kan maar die naam Welkom ook verander. Want welkom is mens nie meer daar nie

Suzette ·

Rooftogte is lankal ‘n groot probleem en gaan net nog meer toeneem – die polisie doen niks en dit is hoekom kriminele en moordenaars net eenvoudig volhard wat hulle kom niks oor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.