Roofverdagtes ook van plaasaanval aangekla

hof-hamer

Argieffoto

Twee mans, wat in verband met ʼn rooftog in hegtenis geneem is, word nou ook aangekla in verband met ʼn plaasaanval op ʼn egpaar verlede maand in die Verkykerskop-gebied in die Vrystaat.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê Wetsie Malinga en Dimboy Mosia, albei 24 jaar oud, het Dinsdag in die Harrismith-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof. Die twee sal op 18 Julie weer in die hof verskyn, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes het die egpaar, onderskeidelik 68 en 63 jaar oud, met ʼn onbekende voorwerp aangerand. Die verdagtes het met selfone, bankkaarte, ʼn onbekende bedrag kontant en die egpaar se dubbelkajuit-bakkie gevlug.

Mophiring het intussen bevestig die egpaar is met ʼn ysterpyp oor hul koppe en hande geslaan. Hy het bygevoeg die slagoffers is ná ʼn week in die hospitaal ontslaan en dit gaan goed met hulle.

Volgens Mophiring is die verdagtes aanvanklik in hegtenis geneem en aangekla in verband met ʼn rooftog by ʼn skool in Memel vroeër vanjaar. Hulle het glo rekenaars by die skool gesteel en dit aan verskeie mense in die gemeenskap en in ander provinsies verkoop.

Een van die verdagtes se vriendin is ook ondervra en die polisie het op ʼn selfoon afgekom wat glo tydens die Verkykerskop-plaasaanval gesteel is. Die verdagtes is hierna ook in verband met die plaasaanval aangekla.

Malinga en Mosia sal in aanhouding bly tot hulle volgende verskyning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mark ·

Ek is bekommerd oor die toename in aanvalle op weerlose wit mense. Nog erger is die gebrek aan beriggewing op hoofstroom media soos SAUK en selfs etv. Was dit nie vir maroela media nie sou baie van die inligting nooit by die publuek uitgekom het nie.

Ek ·

Ja was dit nie vir Maroela, dan het ons in totale onkunde geleef. Baie dankie Maroela gaan asseblief voort met die goeie werk.

hercules ·

Maroela Media, goeie werk, doet so voort • wat is die moontlikheid dat julle ‘n opsie kan skep om ‘n foto aan te heg • soos bv “wel gedaan, ek salueer julle” • ek gebruik dit op facebook met sukses!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.