Rooi Kruis maak gereed vir sikloon Kenneth

Vrywilligers van die Internasionale Federasie van die Rooi Kruis- en Rooi Halfmaan-verenigings (IFRC) is op hoë gereedheid en berei gemeenskappe in drie lande op Afrika se ooskus voor vir sikloon Kenneth wat na verwagting Vrydag die gebied sal tref.

Die tropiese storm, wat na verwagting teen Woensdagaand as ʼn sikloon geklassifiseer sal word, het teen Woensdagmiddag in die rigting van die Comore-eilande tref.

Die internasionale humanitêre hulporganisasie het Woensdag in ʼn verklaring gesê vrywilligers waarsku gemeenskappe in die noorde van Mosambiek waar oorstromings en modderstortings kan voorkom. Hulpvoorraad word ook voorberei in afwagting van die storm wat, volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens, die noordelike dele van Mosambiek en die suidelike dele van Tanzanië kan tref.

“Ons is besorg oor die impak wat die storm kan hê op dié drie lande. Ons is veral besorg oor die moontlike impak in Mosambiek waar gemeenskappe nog op hul voete probeer kom ná die verwoesting van sikloon Idai,” het Fatoumata Nafo-Traoré, Afrika-streeksdirekteur vir die IFRC, gesê. “Ons ondersteun die plaaslike Rooi Kruis en Rooi Halfmaan-spanne in die Comore, Tanzanië en Mosambiek. Ons maak seker dat hulle gereed is indien en wanneer sikloon Kenneth tref.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Sterkte en vertrou GOD sal met Julle wees, die Siklone is nie lekker weerstelsels nie
??? ????⛈⛈

Delani ·

Dit is verskriklik. Bid dat God julle sal vashou. Ek dink die eindtye is naby!

ChrisE ·

Sien my oë reg, is dit dalk ‘n halfmaan langs die rooi kruis. Ek hoop my vermoede is verkeerd.

Bianka ·

Dis n rooi kruis en n rooi halfmaan. Dis dit. Humanitarian organisations….verleen hulp. Lewer bystand.

Heksie ·

Halfmaan en die sekel … maar hierdie is net die halfmaan …. laat mens wonder …

Judge Dredd ·

Halfmaan = Islam simbool

So hulle sal noodvoorade uitdeel terwyl hulle die mense na Islam mislei.

Elsa ·

Ek weet nie van Mosambiek nie, maar Tanzania is in elk geval ‘n moslem land en kan nie nog na Islam mislei word nie. Ek dink ook nie godsdiensoortuigings moet ‘n rol speel wanneer mense hulp in nood aanbied en hulp verleen in sulke omstandighede en natuurrampe nie. Dis in elk geval belaglik van mense wat glad nie by hierdie reddingspogings of hulpverlening betrokke is nie, om te sit en wonder oor die hamer en sekel en te wonder of die Rooikruis en Rooi Halfmaan-verenigings mense na Islam sal mislei as hulle noodvoorrade uitdeel. Daardie Rooi halfmaan is in elk geval die kenteken van die Rooi Halfmaan- vereniging (IFRC). Ek glo nie een van julle het ook geld bygedra nie, so waaroor bekommer julle julle oor nietighede, maar julle is nie bekommerd oor hoeveel mense dalk gaan sterf nie en die verwoesting wat gesaai gaan word deur hierdie sikloon nie? Bid eerder vir hierdie mense.

Louw ·

Knap gedaan Elsa……briljante stukkie skryfwerk. So ontsettend dankbaar vir hulp aan die mense wat moontlik hierdeur geraak gaan word. Dankbaar dankbaar dankbaar!!!

Judge Dredd ·

Ons Christene ondersteun klaar Islam met elke produk wat ‘n halaal kenteken ophet. Hulle moet maar hul geldjies daar gaan verhaal.

Coreen ·

Kyk ek kry die mense in Mosambiek maar jammer met Sikloon Kenneth wat oppad is. Nou geluister op RSG. Daai wind kan n spoed van 300 kpu bereik.
Dink as ek daar was gee ek nou glad nie om of die Rooikruis of watter instansie my te hulp sal snel nie!!!
Vir die wat so die duiwel oral raak sien gaan op julle knieë en se Dankie God die sikloon trek nie oor die hele Suid Afrika nie!!!!

Bekommerd ·

Ons is in Zanzibar, kan IEMAND asb vir ons meer inligting gee oor waar dit kan tref en as ons moeT voorbereiding moet Maak om na hoe plekke toe toe gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.