Rooi ligte flits oor Zuma en polisie

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: AP)

Die moontlikheid van geweld en die ondermyning van die regstaat is nou ‘n waarskynlikheid nadat die Umkhonto we Sizwe-veteranevereniging (MKMVA) aangekondig het dat hulle ‘n bataljon van hul lede by oudpres. Jacob Zuma se woonplek in Nkandla gaan ontplooi om te verhoed dat die polisie hom in hegtenis neem.

MKMVA se woordvoerder, Carl Niehaus, het in ‘n onderhoud bevestig dat die organisasie Donderdag sewe ure lank met Zuma vergader het om hierdie stryd ter ontkenning van die land se hoogste hof, die strafregstelsel en die regstaat in besonderhede te beplan.

Dit is die jongste en gevaarlikste verwikkeling in die ontknopende politieke drama wat – tensy iets groots verander – in die nabye toekoms te Nkandla gaan afspeel.

Die gevaarlikheid in Niehaus se verklaring lê in twee aspekte daarvan. Eerstens het hy gesê Zuma sal onder geen omstandighede voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig nie.

Zuma se vorige verskynings voor die kommissie, waar hy met bewyse van die staatskaping tydens sy bewind, en sy persoonlike betrokkenheid daarby gekonfronteer is, het so swak vir die oudpresident afgeloop dat hy begin beweer het dit is ‘n komplot teen hom. Sedertdien het die kommissie ‘n klag teen hom ingedien wat na alle waarskynlikheid moet lei na ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname. Boonop het die konstitusionele hof hom afsonderlik ondubbelsinnig beveel om voor die kommissie te getuig. Sy verontagsaming daarvan moet noodwendig eweneens in ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname lei, want daar is te alle tye geen reg op appèl teen enige bevinding van die konstitusionele hof nie.

Volgens Maroela Media se inligting is dit presies wat die EFF-leierskap tydens die veelbesproke tee-afspraak verlede Vrydag aan Zuma oorgedra het – dat hy die konstitusionele hof moet gehoorsaam, en dat hulle hom met mag en mening sal teenstaan as hy dit nie doen nie.

Indien Zuma dus vasbyt met sy weiering om die hoogste hof in die land te gehoorsaam en voor die kommissie te getuig, is dit noodwendig dat die polisie geen ander keuse het as om hom te arresteer nie, en hom na die kommissie of na die aanhoudingselle te neem.

Tweedens beteken Niehaus se aankondiging dat die MKMVA voltyds ‘n bataljon gaan ontplooi om die polisie te keer om hul wetsplig uit te voer, dat die polisie alle wettige vermoëns in hul arsenaal sal moet gebruik om reg te laat geskied en die regstaat te dien.

Dit kan – indien Zuma en die MKMVA nie bes gee nie – tot fisiese konflik lei, wat die rede is waarom die land asem ophou oor die moontlikhede van botsing en selfs geweld eersdaags te Nkandla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Jedi Knight ·

Ha ha ha. Die soldate sal na n paar dae staak vir meer geld en ook waarskynlik dros. Maar as hulle en die polisie wel baklei, so what?

Joe Olivier ·

Ek kry solank my springmielies reg. Hoop nie ek word weer teleurgestel nie.

Fritz ·

Daai sal n interessante geveg wees. Beide kante is ewe useless, so dis onmoontlik om te voorspel wie gaan wen.

Sarel ·

Wie het die sg MKVMA van Niehaus bewapen.
Tweede Dreigement teen die Polisie en nog doen niemand
Iets nie.

Danie ·

‘n Bataljon van veterane nogal.
Hulle moet almal ongeveer 70/80 jaar oud wees.

gatgogga ·

Nee, jy het dit verkeerdom.
Die ou mense is in die Youth League, die jonges is die veterane.
Kyk maar op TV en jy sal dit sien.

Jannie van Niekerk ·

Nee ou Carel grootbek het ‘n klomp laerskool kinders (letterlik) bymekaar gebring wat nou MK Veterane is.

Werner ·

Met ander woorde as jy genoeg ouens het om n burgeroorlog te begin kan jy maak wat jy wil in die land.Hulle probeer ons nou bang maak sodat ou Zuma nie hoef te getuig nie.Dink ou Cyril is banger dat Zuma getuig as ou Zuma self .Dink as ou Zumpie getuig moet die hele lot toegesluit word want ek glo almal het n hand in daai pie.As n boer sulke dinge gese het was die hele weermag klaar op hom .

gatgogga ·

Werner, jy slaan die spyker op sy kop.
CR kan onder geen omstandighede toelaat dat Zuma getuig nie (ook nie ACE nie).
En waar staan EFF in hierdie showdown?

Chrisp ·

Die mannetjie wat nie ‘n huis het nie moet self sy “manskappe” gaan aanvoer dit gaan dit net makliker maak vir die polisie.

Hierdie kan verrykende gevolge vir die land inhou.As die polisie nie hul plig gaan doen of kan doen nie (indien hulle nie ‘n bevel van inhegteninsneming kan afdwing nie) sal RSA verval in “warlords” gebiede soos in baie state in Afrika.
Daar is net twee opsies
(1) Probeer om nie ‘n inhegtenisneming bevel uit te reik nie en vermy sodoende moontlike konflik.
(2) Neem hom in hegtenis en vermy totale anargie.

Gaan interessant wees.

Tjaart ·

Dit gaan nie ‘n probleem wees nie. As die eerste donderbus klap is daai “soldate” skoonveld.

quartus ·

Kareltjie nie huis nie gaan seker self daar wees met sy oulike militere uniform en al

Vlad ·

Jis ek kan nie wag om dit te sien nie. Ek weet nie wie die mees patetieste is nie. Die SAP of di Oud MK manne nie.

Sal ook like dat die SAP terwyl hulle daar is elke MK lid sommer net daar vra vir sy vuurwapen lisensie . . . .

MakersMark ·

Is dit dieselfde veterane wat nou en dan ‘n klein elektriese transformator in Alexandra opgeblaas het in die ’80’s, verder in die buurstate en terroriste kampe rondgehang het en misdade soos menseregting skendings en verkragting gepleeg het ? Nou en dan het hul die stellings op die limpit kleefmyn verkeerd gekry en dan was daar chaos. Nou is hul almal groot vegters van die verlede ? UWZ was so vrot en ongedissiplineerd nie die destydse SWAPO/PLAN of ZIPRA wou in enige oorlogsituasie saam met hulle gesien wees nie. Asseblief tog. En Niehaus met sy kamoefleerpakkie…..sy vorige wikipedia profiel was akkuraat.

Corne123 ·

Sluit hom en sy eff chommy op dat hulle saam tee in selfde sel kan dring alby dink hulle is bo die wet en hulle is want wet te bang om hulle enige iets te doen kyk maar hier gaan niks vanaf kom nie

LANA is ELANè ·

Omtvang die oud president steeds sy oudpresident~pensioen en ander voordele van die regering? Ek wonder maar net, want dit sal mos nie eties wees nadat hy en sy lakeie die land van soveel geld beroof het nie.

Jannie van Niekerk ·

Hoekom is Careltjie Krompraat nog nie in hegtenis geneem, nie? Indien enige verregse blanke so dreigement uitgespreek het sou hy lankal lewenslank agter tralies gesit het.

SomeOne ·

ou careltjie het nog nooi eers n vuurwapen hanteer nie, nou is hy skielik ‘n veteraan van die klomp wat wil sweets he, help my, ek gaan uitbars van die gelag

marius ·

Blykbaar is hy opgelei om ‘n Claymore uit die heup af te vuur .

Frederik C ·

Pep Stores gaan bly wees, want straks gaan die ander veterane ook nou “camo”- drag by hulle koop. Soos Carl s’n.

Ralph ·

Apartheid was die gom wat die PAC, ANC en familiesaanmekaar gebind het. Die gom het opgedroog en nou val die appelkar heeltemal uitmekaar. Ek will nog die dag sien dat Zuma gearresteer word. Dit gaan nie gebeur nie. Hy gaan nog loskom.

Casper ·

Niemand is bo die hof herhewe nie, en niemand mag wettiglik in die pad staan as die polisie zumpie wil gearresteer nie.Hy gebruik nou hierdie taktiek on nie te getuig nie.Ek hoop eerwaarde Niehaus gaan ook daar wees.Vat hulle SAPS vat hulle.Dit lyk my die EFF is ook kwaad vir zumpie.

Magda ·

Hier is n duidelike bewys dat die sogenaamde “Veterane” van die ANC net so korrupt is as die gemors van n zuma en kie, anders sal hulle nie sy inhegtisneming op so n manier probeer stop nie. ANC IS VD BEGIN VAN HULLE BSTAAN AF KORRUPT EN DIE VETERANE WAT OPSTAAN VIR KORRUPSIE PLAAS VAN TEEN KORRUPSIE IS NET N 100% BEWYS VAN DEI KLOMP TERRORISTE/ KOMMUNISTE EN MOORDENAARS VAN SUID AFRIKA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.