Rooibosroete bekend gestel

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Clanwilliam in die Wes-Kaap vier sy 200ste bestaansjaar. En as deel van die verjaarsdagvieringe het twee sakevroue ‘n Rooibosroete bekend gestel om meer toeriste na dié streek te lok.

Klik hier om die Rooibosroete se webwerf te besoek.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Mooi so – ons nasionale drankie wat my betref! Niks so lekker op ‘n koue dag as ‘n pot egte BLARETEE wat laaaank op die stoof staan en kook nie. Ai, herinner my aan kinderdae as mens soms natgereën van die skool afkom en op die stoof prut die tee en ma staan en bak ‘n stapeltjie pannekoeke – die geur van kaneel en warm olie gemeng met die van rooibos… ek huil sommer van verlange!!

Willie ·

Dan moet jy ‘n Agga of ‘n Dower koolstoof in die kombuis hê. Dit is hoe ek groot geword het. Die rooibostee moet stokkies wees wat heeldag op die kant van die koolstoof staan.

Elizabeth ·

@Willie, NET so, ek sê wel “blare” maar daarmee bedoel ek maar die stokkies. Die sakkies tipe proe net GLAD nie dieselfde en, soos ek gesê en jy ook noem, dit moet laaaank trek! Ek onthou van heel kleintyd die Aga, maar later selfs op die elektriese stoof het my ma vroegsoggens as sy brood knie, al die tee opgesit en as ons aangetrek is vir skool en vir ontbyt gaan is daai tee dik getrek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.