Rooigety aan Tuinroete-kusgebied

'n Voorbeeld van rooigety. Foto: Wikipedia

‘n Voorbeeld van rooigety. Foto: Wikipedia

Inwoners en vakansiegangers aan die Tuinroete se kusgebied is gemaan om nie te swem of vis te vang in areas waar rooigety opgemerk is nie.

Zolile Nqayi, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het gesê daar is ondere meer rooigety in Plettenbergbaai, Knysna en Wildernis opgemerk. Hy het gesê die rooigety is die eerste keer op 7 Desember opgemerk en die konsentrasie in dié gebiede het sedertdien konstant gebly.

Rooigety, wat van nature giftig kan wees, het ʼn rooibruin kleur en word meestal op die see-oppervlak gesien. “Die toksisiteit van rooigety kan lei tot die sterftes van ʼn groot aantal vis, soos kreef, skulpvis, lynvisspesies en ander mariene organismes. Dit kan ook wees as gevolg van laesuurstof-vlakke in die see weens die dood van fitoplankton.”

Nqayi het gesê daar het nog geen seelewe uitgespoel nie, maar dat die departement die situasie monitor. Hy het mense gewaarsku om nie enige vis van die area te eet nie. Volgens Nqayi is die departement in kontak met die departement van landbou, bosbou en visserye.

Nqayi het gesê die rooigety kan vir talle weke duur en dat daar “ongelukkig niks daaraan gedoen kan word nie aangesien dit deel is van ʼn natuurlike proses. Die natuur moet sy gang neem en die rooigety sal mettertyd verdwyn”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Weskaper ·

Hulle is nie welkom in die Wes Kaap nie en sal ook nie sommer kom nie.

Weskaper ·

Hulle is nie welkom in die Wes Kaap nie en sal sommer ook nie waag om hierheen te kom nie.
, want hulle weet wat wag op hulle.

Lynet ·

Ag nee moet ons tot die natuur nou by die politiek insleep. Kom ons hou dit by ‘n natuur verskynsel.

Bloues ·

Akram, ek dink jou opmerking was uiters skerp. Rooi gety wat giftig is.
Skerp!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.