Rooigety aan Weskus waargeneem

'n Voorbeeld van rooigety. Foto: Wikipedia

‘n Voorbeeld van rooigety. Foto: Wikipedia

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Dinsdag aangekondig dat daar rooigety aan die Weskus waargeneem is.

“Die departement monitor tans die alge bloei [rooigety] wat aan die Weskus waargeneem is en het wetenskaplikes na die area gestuur om die omvang daarvan te ondersoek,” het Lionel Adendorf, woordvoerder van die departement, gesê.

Adendorf het die publiek gewaarsku om nie mossels, oesters en ander skulpvis wat noord van Kaap Columbine gevang is, of daar voorkom, te eet nie.

Rooigety ontstaan wanneer alge, wat natuurlik voorkom, buite beheer begin blom en dan gifstowwe afskei wat dodelik is vir visse en ander mariene diere. Die reuklose chemikalieë kan respiratoriese nood, soos hoes en hyging, in mense aanwakker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.