Rooigety-kommer by Knysna

Argieffoto: knysnafm.co.za

Argieffoto: knysnafm.co.za

Die Tuinroete Nasionale Park het Dinsdag gesê die rooibruin water by die Knysna-riviermond sal deur verskeie watermonsters ontleed word.

“Rooibruin strome is oor die naweek waargeneem by die riviermond by Leisure-eiland, Lake Pleasant in Sedgefield, Lake Brenton en by die Knysna Koppe,” het Nandi Mgwadlamba, ʼn woordvoerder van die park, in ʼn verklaring gesê.

Sy het gesê prof. Brian Allanson, ʼn afgetrede mariene- en waterwetenskaplike, glo die verandering van die water se kleur kan veroorsaak word deur die soutgehalte wat afgeneem het, of deur ʼn rooigety. Die onlangse warm weer kan ook die moontlike rooigety veroorsaak het.

Rooigety is die algemene naam vir ‘n alge met groot konsentrasies van rooi- of bruinkleurige mikro-organismes. Hierdie mikro-organismes kan deur filtreervreters soos mossels en oesters ingeneem word wat dié seekos giftig vir die mens maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.