Rooimiere kry toestemming om werk voorlopig voort te sit

Die Rooimiere gedurende ‘n uitsetting. (Foto: Charles Castle)

Die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) het Vrydag toestemming aan die Rooimiere verleen om voort te gaan met die verskaffing van alle sekuriteitsdienste hangende die uitslag van ’n interne appèlproses.

Dít volg kort nadat die owerheid vandeesweek die Rooimiere se registrasie opgeskort het omdat hulle glo “gevoelloos” opgetree het tydens onlangse uitsettings en die sloping van onwettige strukture in die Alexandra- informele nedersetting in Johannesburg.

Die besluit het egter teenkanting uit verskeie oorde, onder meer van die VF Plus, ontvang.

Maroela Media het vroeër berig die party meen die opskorting maak bloot die deur oop vir die bevordering van onwettige grondbesettings en grondgrypgevalle.

Die VF Plus het gesê hy glo dat die Rooimiere binne sy mandaat opgetree het en dat die opskorting bloot nog ʼn voorbeeld is van waar diegene wat binne die wet optree, gestraf word terwyl die wetsoortreders straffeloos gelaat word.

Fuzile Balintulo, bedryfshoof van die Rooimiere, het gisteraand die owerheid se jongste besluit rakende die Rooimiere se lot in ’n verklaring bekend gemaak.

Balintulo het benadruk dat die Rooimiere die landswette sal gehoorsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grompie ·

DA ANC EN MALEMMA is presies dieselfde n klein hondjie se oë gaan op 8 dae oop hulle is kop in een mus lekker saam geeet voor SON van sy edele CR.

sweis ·

Goed so mooi gedoen FV + hou aan druk plaas op die regering om die regte ding te doen

Cherokee ·

FV+, ontvang my komplimente saam met Sweis s’n. Julle is besig om ‘n duidelike merk te maak.

Johann ·

Ja shure…nuwe naam vir hulle gaan seker die ROOI MONITORRE wees. In lyn met die Polisie wat deesdae ook net moniTOR. ANC LEGACY waar boosheid en wetteloosheid beloon word as deel van die anargie beleid.

Ben Potgieter ·

As die regering en die polisie nie so lamlendig is nie,sou die rooimiere nie nodig gewees het nie.Werkskepping ?

Cherokee ·

Het die DA enigiets gesê ivm die opskorting (lees afskaffing) van die rooimiere? Kan my nie herinner dat hulle daarop kommentaar gelewer het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.