Rook taboe by Pretoria-staatsgeriewe

Burgemeester Solly Msimanga saam met Sakkie du Plooy, die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid in Tshwane. Foto: ANA

Die Tshwane-metro het sy rookregulasies versterk en rook by al sy geriewe verbied.

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het Donderdag die strenger regulasies aangekondig en gesê die rookbeleid is hersien en aangewese rookgebiede binne munisipale geboue is verban in ʼn poging om rookverwante siektes in Suid-Afrika se administratiewe hoofstad te bekamp.

“Die verbied van rook in geriewe wat deur die Stad Tshwane besit en bestuur word, word gedryf deur ons besorgdheid vir die gesondheid en veiligheid van beide ons personeel en lede van die publiek wat van die geriewe gebruik moet maak,” het Msimanga gesê.

“Die Stad se hersiene rookbeleid bepaal dat diegene wat kies om te rook nie binne vyf meter van deure, vensters of lugverkoelers staan waardeur tabakrook die gebou kan binnegaan nie.”

Hy het gesê rokers moet ook op ʼn behoorlike manier van hul sigaretstompies in spesiale houers ontslae raak om die gebied netjies en skoon te hou.

Msimanga het benadruk dat personeel en inwoners wat die rookbeleid oortree aan tugstappe en boetes onderworpe sal wees.

Hy het gesê die metro sal hulp aanbied aan amptenare wat wil ophou rook.

“Die Stad Tshwane is trots rookvry en ons moedig ander stede aan om ons leiding te volg, aangesien só ʼn beleid ʼn ideale gedeelde binnenshuise omgewing vir al ons werkers, vennote en kliënte skep,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jerry ·

Beteken dit dat Malema nou nie meer die Tswane staatsgeriewe mag besoek nie, want hy is “more dangerous to your health than smoking is”!

Reg ·

Almal moet ophou rook, meeste rokers het geen idee hoe skadelik dit is nie.

Hannah ·

Wragtig! Een goeie brokkie nuus tussen al die berigte oor moord en grondgryp!!

Santie ·

Bravo! Iemand wat besef nie-rokers het ook regte op eral onbesoedel lug

Estelle ·

Ek stem saam, maar net vir medisinale gebriuk, want dit hou gesondheidsvoordele in .

CHRISTA ·

Hierdie wet is al jarre terug geskep maar dit word NOOIT toegepas nie!! Dit sal dalk nou ander munisipaliteite aanspoor om dit OOK toe te pas!!!

Koos Kommentaar ·

Waar die in die wêreld rook julle nog in n publieke area. Ek self het nie n pyn met rokers nie, solank ek dit nie hoef te ruik nie, kan jy rook net wat jy wil, dis jou longe. Al wat ek vra is dat jy my keuse om nie jou rook in te asem, ook te respekteer

LB S ·

‘n Doring in my vlees is wanneer ‘n roker sy stompie sommer netso op die grond gooi en daarop trap asof hy/sy daardeur dit nou “onskadelik” gemaak het. Morsig!

Gys ·

Alhoewel ek nog nooit gerook het nie, hou ek nogal van die reuk van pyptabak. Sigaretrook stink egter.

Jaco ·

Ek onthou as kind het my ouma altyd Peter Stuyvesant blou gerook en het sy dit altyd met vuurhoutjies aangesteek….dit het altyd vir my verskriklik lekker geruik….selfs nou nog! En ek rook self nie!

JSG ·

En die uitlaatgasse van motors? Daar is destyds beweer dis nie skadelik. Verduidelik asb hoe ‘n mens nog selfmoord kan pleeg daarmee. Stem saam, sigaret rook stink, maar motor uitlaatgasse ook.

ex roker ·

hoe reg is julle mense! niemand het na tien sigarette n ongeluk gemaak, vrou of kind verkrag of iets of iemand beroof nie. ou Solly en kie beaarbei hulle nie om openbare gesuipery en dwelm gebruik te stop nie of om die stad van die smouse wat onwettig sonder handelslisensies smous nie of om die bedelaars en misdadigers by feitlik elke verkeerslig te verwyder nie, maar mm maak n sirkus oor hulle DISKRIMINASIE teen rokers. pateties.

Pine ·

What ever. Pronk eerder as julle diens kan lewer waarvoor ons almal ten duurste betaal. Julle vat goed aan wat f ol beteken en mors geld op strooi. Almal wat so in die hemel is oor dit. Wat die hel is hier nou eintlik bereik.

Zelda ·

Dan moet hulle begin plan maak ooket lug besoedeling. WAT ALMAL IN ASEM. Lugbesoedeling beskadig elke persoon se longe MEER as n roker sin.
Dit help nie jy fokus op sigarette en nie op lugbesoedeling ook nie.. Kom ry in vuil vaaldriehoek rond. En kyk wat asem almal in.

JSG ·

Zelda, presies my opinie. Nie dat ek rook sal goedpraat, maar lugbesoedeling in daai omgewing is erg. Al die jare al en gaan kyk maar waar is die meeste long verwante siektes. Dis nie net tabak rook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.