Rookverbod: Fita kry wéér bloedneus in hof

Argieffoto (Foto: vicky gharat/Pixabay)

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Vrydag die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Fita se appèlaansoek is nes sy aansoek om die regering se verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te laat stel, met koste van die hand gewys.

Die vereniging se aansoek om verlof tot appèl is verlede week aangehoor. Die hof het egter nou beslis dat Fita nie daarin kon slaag om enige dwingende rede te verskaf ​​waarom sy aansoek om appèl goedgekeur moes word nie.

“Die regskwessies wat in hierdie aangeleentheid opduik, is reeds deur ons howe besleg en die enigste gevolgtrekking wat ons kon bereik, is om die aansoek te weier,” het die hof in sy uitspraak van 13 bladsye gesê.

Die hof het weer eens daarop gewys dat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, rasioneel opgetree het toe sy die verbod op tabakprodukte in die Staatskoerant gepubliseer het in ʼn poging om te voorkom dat rokers met ernstige Covid-19-simptome die land se gesondheidsfasiliteite oorweldig.

“Ons was voorbereid op enige uitspraak en ons sal ons nou tot die hoogste hof van appèl wend,” het Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, in reaksie op die hof se jongste beslissing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Duwweltjie

So rasioneel het NDZ opgetree dat ons die ENIGSTE land in die wereld is wat so ‘n verbod het (ek is nie ‘n roker nie).

Die regters het net bewys dat hulle die eerste rondte reeds besluit het om nie NDZ tee te gaan nie.

Johan

Dit laat my nou dink aan die skoolhoof wat n kamera in die meisies se badkamer aanbring om te kyk of hulle dalk rook. Waar dink hy moet die kinders sigarette vandaan kry?

Persheks

Kom ons volg die geld na NDZ en haar kinders toe! Nog meer korrupsie en GEEN vervolging nie. Maak my naar verby om die minste te sê! Dit nou na gister aand se toespraak…

Jakes

Die tabak kwessie het n groot grap geword. Soos lankal reeds, kan die integriteit van ons howe ernstig bevraagteken word.

Theo

Fita het die verkeerde argument geneem om die saak aan te vat, val die regulasie aan eerder as om te sê rook is verslawend vir sommiges… dra geen grond nie en swak argument, my gevoel is hulle gaan nie suksesvol wees in die Appel hof nie.

BATSA se argument aan die ander kant in hulle aansoek is baie meer aanvegbaar en kan goed gesteun word aangesien hulle die regulasies en die impak op die ekonomie aanvoer.