Rookverbod is ‘ongrondwetlik’

sigarette

(Foto: pixabay)

Terwyl Suid-Afrikaners vanaf Maandag minstens weer hul dors op vlak 3 van die afsonderingsregulasies kan les, duur die stryd om wettig sigarette te koop voort.

British American Tobacco (Batsa), Japan Tobacco International SA (JTI) en agt ander groepe met ʼn belang in die bedryf het Maandag hofstukke op die regering beteken dat hy die Kaapstadse hooggeregshof vra om die voortgesette verbod op die verkoop van tabakprodukte tersyde te stel.

Die staat het tot Vrydag om aan te dui of hy die saak gaan teenstaan.

Batsa vra die hof om art. 45 van die regulasies rakende vlak 3 van die afsondering, wat verlede week in die Staatskoerant afgekondig is, ongeldig en ongrondwetlik te verklaar.

Die applikante vra die hof om hul aansoek op 22 Junie of so gou moontlik daarna aan te hoor. Diegene betrokke by die aansoek sluit in die Black Tobacco Farmers Association, Limpopo Tobacco Processors Ltd, die Suid-Afrikaanse Tabaktransformasiealliansie (Satta) en die Suid-Afrikaanse Alliansie vir Informele Handelaars.

Hulle betwis die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, se bewering dat sigarette die verspreiding van Covid-19 kan bevorder omdat mense geneig is om rookgoed te deel. Dlamini-Zuma se kantoor is verantwoordelik vir die afkondiging van die regulasies, hoewel die regering volhou dat besluite daaroor gesamentlik geneem word.

Batsa se uitvoerende hoof, André Joubert, sê as sigarette verbied word omdat mense dit deel, moes die regering ook koeldrank verbied het omdat mense dikwels uit dieselfde bottel drink.

Dlamini-Zuma voer ook aan rook vererger die gevare wat met die nuwe koronavirus verband hou, maar Joubert sê daar is onvoldoende bewyse hiervoor. Studies in Frankryk dui boonop op die teendeel.

Hy voer aan daar is onvoldoende bewyse om die voortgesette verbod te regverdig.

Batsa voer aan Dlamini-Zuma het glad nie met die tabakbedryf vergader voor die onderneming wat pres. Cyril Ramaphosa op 23 April gegee het – dat sigaretverkope op vlak 4 toegelaat gaan word –wat sy daarna omgekeer het nie.

Die maatskappy sê hy was verstom deur die besluit, maar het besluit om hom nie tot die hof te wend nie en eerder met die regering in gesprek te tree oor die opskort van die verbod op vlak 3. Ten spyte van die presidensie se versekering dat die regering met die verskillende bedrywe sou vergader oor hoe die afsonderingsregulasies hulle raak, is die tabakbedryf nooit betrek nie.

Op 22 Mei het Batsa ook ʼn voorlegging aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur, maar nooit ʼn antwoord daarop gekry nie. “Ek weet nie of die voorleggings ooit eers gelees is nie,” sê Joubert in sy hofstukke.

Batsa sê die verbod het die bedryf, tabakprodusente, die regering en miljoene rokers negatief geraak.

Net in die eerste nege weke van afsondering het die maatskappy meer as R2 miljard in inkomste verloor, terwyl die regering ʼn geraamde R2,4 miljard in belasting weens die verbod verloor het.

Batsa voer aan die verbod het miljoene rokers van ʼn manier van ontspan beroof terwyl hulle onder ongelooflike spanning weens die wêreldwye Covid-19-pandemie verkeer en weke lank tot hul huise beperk is.

Die grondwetlikheid van die verbod word betwis as “irrasionele inmenging” by die regte van tabakboere, vervaardigers, groothandelaars en kleinhandelaars. Batsa voer ook aan dit maak inbreuk op die reg tot waardigheid en privaatheid van rokers.

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het ʼn afsonderlike geding teen die minister oor die voortgesette rookverbod aanhangig. Dié aansoek word na verwagting volgende week aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Die Wolf ·

Van die Regerings amptenare is soos n kat op n warm sinkplaat dak.

Anet ·

Vrydag is te ver!!! 22 Junie is te ver!!! Sigarette kos ons ‘n fortuin en hierdie gemors wat ons gedwing word om te rook is swaar op die bors!!! Ekself rook normaalweg ‘n superslim sigaret en ek suffer met die sterk, cheap goed. Ek kan dit net nie rook nie. Die hof moes die saak lankal aangehoor het.

Jaco ·

Anet, n dame by my werk kla ook die goed is te sterk, sy steek nou klein gaatjies in die sigarette se filters met n speld/naald en maak dan die sigarret op so n mate ligter, dit help blykbaar volgens haar.

pokkel ·

kyk of jy nie dalk vape sous in hande kan kry, die toestelle is steeds aanlyn beskikbaar maar hul mag nie nikotien verkoop nie, dit gaan jou waarskynlik veel minder kos as daai Zuma sigarette, dis nie presies dieselfde as rook nie, maar na so week pas mens aan en dit is veel beter as om daai Zuma zolle te rook

Frannie ·

Volgende week eers aangehoor?! Volgende WEEK?!
Ons wil NOU rook!!! EK wil NOU rook. Regte sigarette. Nie die gemors wat ‘n tabakplaas se prys kos en my laat hoes en stink nie.
My kinders loop op eiers rondom my, mense op sosiale media loop deur, want my geduld is OP met mense wat dink hulle is verdomp slim en kan god speel oor my lewe.
EK IS GATVOL!!!!

Lourens CFG ·

Stem, op hierdie oomblik sal ek ‘n leeu mannetjie én ‘n stormende buffel kaal hande aanvat, én hulle sal 3de kom.
Dlamini beter NIE Vredenburg toe kom nie.

Meisie ·

@Pieter, jy like jou neus oorals in druk neh? Loop kommentaar iewers anders, ons rookers sal nog die land uit rommel status uit rook!

Erica ·

@Meisie dankie jy het dit baie mooi gestel. Wou n bietjie iets lelike se maar byt maar op die tong.

Corne123 ·

Ai tog waneer gaan almal besef dit gaan nie oor enige iets anders as geld nie hulle maak sakke vol geld uit die “onwettige” sagarette en sal daai stroom geld so lank as moondlik oophou wie gaan nou nee dankie se vir ekstra geld wat jy jiks voor hoef te doen nie

Elize ·

Kan die wêreld nie deur hierdie optrede van anti rook kopdoek sien hoe korrup is hierdie wesens nie. Wat moet nog gebeur voordat almal se oë oopgaan en die goed sien vir wat hulle werklik is!

Pappa Beer ·

Kopdoek en haar makkers maak dit elke dag SOOOO duidelik dat hulle besig is met onwettighede, die leuns is oopgevlek en die statistieke gemanupileer sodat hulle vir almal kan in hul gesigte lieg, maar ou cyril hou sy ogies blind. Niemand sit op cyril se kop nie, dis ou kopdoek se plek daai. Pateties, totaal en al absurd.

Marius ·

My vyf sent – Die goed wat nou beskikbaar is op die mark gaan my dood maak lank voor die virus by my is . Dit produkte wat nou op die swartmark te koop is het ek nog nooit in my lewe gesien of van gehoor nie , maar dit kos R130 vir n pakkie . Regtik kopdoek , jy verarm en verhonger jou eie mense .

PieterP ·

Ek sal my naam moet verander om nie met hierdie ander Pieter idioot verwar te word nie. Maroela, hoe het 2 mense presies dieselfde skerm naam???

Pieter ·

PieterP, nou gryp jy seker na jou asma-pompie na die uitbarsting!!! Soek jy ‘n sigaret…….

Scalla ·

Kopdoek sal nie met haar opposisie vergader nie, hou nie van kompetisie nie en sy het nie aandeel in koeldrank maatskappy nie.

Vanessa ·

Ek stem saam dat ons deur ekstra druk geplaas word (met die lockdown en dan met die sigarette wat oornag van ons weggeneem word). Ek rook inteendeel nou baie meer as voor die lockdown. Ek dink nie sy het alles mooi deurdink voordat sy die besluit geneem het nie. Ek sal tot die einde baklei vir my sigarette. Ek besef die nadele wat sigarette inhou, maar dit bly steeds my keuse. Ek rook ook nou die gemors wat mens kry. Ag liewe hemel kry net daai “ban” gelig, want dis waar daai gemors (sigarette) gaan ons doodmaak voor die virus. Ons kan nie meer so aangaan nie. Ek persoonlik begin ook nou dink dit gaan nie meer oor sigarette nie, dit gaan nou oor die magsposisie wat sy beklee.

Kiewiet ·

Ek was verstom toe ek gister die lang toue mense sien wat drank wil koop. Ek sal graag wil weet hoeveel Miljoene (Biljoene) rand se drank gister verkoop is. Die oues en kinders staan in lang rye om kos te bedel, terwyl meestal blanke organisasies spook en spartel om vir die minder be-vooregtes te sorg. Iewers rym dit nie. My oorlede ouers het altyd die gesegde gehad “bugger you Jack, I’m OK” Daar blyk iets fout te wees met sommige volwasse mense se denk-wyses. Of is dit maar die geval van elke man vir homself en die duiwel vir almal? Liewe hemel dit lyk of die mense van die land het geen morele waardes het nie.

ekdink ·

Maar tog deel almal n slukkie drank uit, Rook verander nie jou persoonlikheid nie ,maar as jy net teveel drankies in het verander jou persoonlikheid ,die wette van drank het net gister verander en daar was al gistraand aangemelt van mense wat dronk is en baklei middernag ini straate

gatgogga ·

Dit is wreed om van ‘n roker te verwag om skielik op te hou rook.
Om uit die gewoonte te kan kom, moet jy jouself eers deeglik oortuig dat jy wil ophou – geen vertraagde gek kan jou motiveer nie.

Kobus ·

Nee Jy mag sigarette rook, jy mag dit net nie geniet nie….lol, moet dit nou soos ‘n skelm tiener agter die huis doen.

Kobus ·

As mens kyk wat die aandele mark prys van BTI(British American Tobbaco) is, smaak dit meer vir my dat die antie aandele daarin het en net wag dat dit nog opgaan……

Lukas ·

Die gehele boei-haai oor die sigarrette ban het niks te doen met die corona virus nie. Die “lockdown”
is net die instrument om die seun van oud president Zuma se seun Edward vinniger te verijk.Dilamini-Zuma is mos van die Zuma clan. Almagated Tabacco Man. waarvan Edward Zuma mede directeur of eienaar is, is naas die Gold Leaf Tab.Comp. een van die grootse poduseerders van illegale sigarette.. Hoe langer die verbod word uitgerek hoe beter dit finasieel is vir die Zuma clan. Die vervaardiging van illegale sigarette word ook oogluikend deur die regering toegestaan. Blijkbaar ondersteun bepaalde besighede die ANC finansieel. Miskien het die investeerders tak van die ANC ook belange in die die iillegale tabak industrie. ?? wie weet.

Wiehan ·

Ek is nie ‘n roke nie maar as ek was en die rook verbod word opgehef sal ek nimmmer as te nooit onwettinge smokkel sigarette koop nie. Toe die mense wat rook swaartrek onder die “wette”, ruk die smokkelaars die dam onder die eend uit met hul buitensporige pryse. So, wanneer die rook vebod opgehef word moet rokkers die smookelaars straf deur glad nie hul sigarette te koop nie. Rook liwers bietjie minder en koop wettige sigarette. Ek verstaan dat voor die inperking mense ‘n karton onwettige sigarette vir so R180-00 kon koop, dus R18-00 ‘n pakkie. So verstaan ek ook dat ‘n mens wettige sigarette vir so R25-00 ‘n pakkie kan koop. Dan rook ek liewers minder en koop die wettige sigarette. Teminste baklei die vervaardigers en verspreiders van wettige sogarette vir mense se regte om te rook.

Dink bietjie goed daaroor na.

katerinadiekat ·

Die vervaardigers en verspreiders van wettige sigarette baklei gewis nie hard genoeg nie. Dis nou al Junie, en nog Steeds is daar n verbod op wettige sigarette! En soos jy se, jy is nie n roker nie. So jy weet niks van wat n verslawing aan sigarette is nie. Ek bedoel nie om lelik met jou te wees nie. Ek wil net die punt maak, dis n verslawing, en een van die ergstes. So as jy self nie verslaaf is aan rook nie, kan jy onmoontlik nie weet waardeur rokers gaan as hulle nie sigarette in die hande kan kry nie. Dis onmoontlik vir enige nie-roker om te verstaan.

Willem ·

Ag asb 22 Junie dis mos n grap. Sy maak dit net die 21 ste wettig. Baat julle niks

Francois ·

Hulle gaan bly sloer tot einde Junie want hulle weet die moontlikheid bestaan dat die land eers 1 Julie gaan afgradeer na vlak 2. So kan hulle nog magsbehep hou op die landsburgers

Corrie ·

Genade kyk net hoeveel dronk mense was da wat ongelukke maak huis drama. Maar hulle mag drink. Ons wat rook maak die drama of ongeluke nie. Maar ja ons praat teen muure vas niemand luister na ons nie want ons wat rook pleeg meer drama as die wat drink. Die regeering moet reg ons ook toelaat wat ons vra……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.