Rookverbod: ‘Laat rokers toe om self te kies’ – Batsa

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

British American Tobacco South Africa (Batsa) voer in sy finale betooghoofde aan dat die besluit of dit wys is om tydens die Covid-19-pandemie te rook, by die roker moet lê en nié die regering nie.

Terwyl Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) vroeër die verbod op tabakprodukte se rasionaliteit in die Noord-Gautengse hooggeregshof betwis het, beplan Batsa nou om die grondwetlikheid van die verbod in twyfel te trek.

Batsa voer aan dat regulasie 45, wat ingevolge die Wet op Rampbestuur die verkoop en koop van tabakprodukte verbied, die grondwetlike regte van alle belanghebbendes in die tabakbedryf skend.

Volgens Batsa maak die verbod inbraak op grondwetlike regte deur Suid-Afrikaners se reg op waardigheid te ondermyn. Batsa voer aan dat selfoutonomie en die reg om onafhanklike besluite te neem, inherent is aan dié reg.

Die land se grootste sigaretvervaardiger voer aan dat rokers in die lig van die Covid-19-pandemie die reg het om self te kan besluit of hulle wil rook of nie.

“Hierdie saak gaan nie oor die vraag of dit verstandig is dat volwassenes tydens die pandemie rook nie. Dit gaan oor wie die besluit moet neem of dit verstandig is dat volwassenes tydens die pandemie rook: die regering of die rokers self?”

Die saak sal Woensdag en Donderdag in die hof aangehoor word.

Maroela Media het vroeër berig die Noord-Gautengse hooggeregshof het Vrydag Fita se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Fita se appèlaansoek is net soos sy aansoek om die regering se verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te laat stel, met koste van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JohanR ·

Weet iemand miskien wat gebeur het met die Liberty Fighters Network saak wat gewen is voor Regter Norman Davies : The Liberty Fighters Network is overjoyed that Judge Norman Davis ordered Minister Nkosazana Dlamini-Zuma to amend lockdown regulations within 10 days, only allowing her to appeal an aspect of his judgment. Het sy net dood en voudig die regter ignoreer? As dit waar is dan is sy nie in minagting van die hof nie?

gatgogga ·

Die normale reaksie wanneer hulle vir tyd speel: sy appelleer.

koos10 ·

Johan, nee sy het geappeleer (Zuma taktiek) en terwyl hulle wag om die appèl aan te hoor is die uitspraak van Regter Davies op ys.

Maryna ·

Want ons is mos kinders, ons mag nie grootmens besluite neem nie! So oor hierdie regering van ons se nonsens!

Francois Le Cochon ·

Sedert die Romeinse tydperk, is daar iets soos wetgewing in alle samelewings met die doel om mense teen hulself an ander te beskerm. Nie alle grootmense neem die regte besluit nie. Somminge grootmense sal byvoorbeeld besluit om op n parkeerplek vir gestremdes te parkeer, of om op n skoolterrein te rook, of om nie by n 4 rigting stop te stop nie. Vir diesulkes is daar wetgewing. Ongelukkig word almal onder een kam geskeer.

LiveAndLetLive ·

Dit is duidelik dat daar geld hier gemaak word uit rokers in SA -Die sigarette wat tans orals beskikbaar gestel is, is nog meer ongesond in die midde van covid wat veral jou longe kan affekteer – dit vererger dinge en mense se beursies loop leeg – rokers kan nie net ophou rook nie, mense bataal R700 vir 10 pakkies minimum.
Daar is nie een roker wat ek ken wat sonder sigarette is nie……….”Let’s be real”
Dit is skokkend dat dit toegelaat word, soos alles in die land, kom hulle net eenvoudig weg met alles ten koste van mense in die land wat belasting betaal.
Ja, laat ons self besluit oor ons gesondheid asb, want hierdie belaglike situasie dwing mense om n groter gesondheid risiko te loop in die middel van n pandemie, en n finaniele las wat totaal onnodig is en ongevraag is.
Vraag is: Waar kom al hierdie vreemde “brands”sigarette nou skielik vandaan?

Objektief ·

RG word blykbaar vervaarding deur n fabriek in SA. Sker nie nodige invloed op hoe vlak.

Sarah ·

Dankie, Batsa, julle het darem common sense.. Maar ons almal weet wie hou die staf vas en wie gaan daai stokkie voor die deur steek sommer maar net omdat hulle kan.

Ek hoop van harte julle kom reg met die hofsaak, want van hierdie regulasies is darem maar onnodig.

koos10 ·

My grootste bekommernis is dat die regering dink dat die afkondiging van die ramp toestand die hele grondwet tot niet maak, en weke het om hulle regulasies in die hof te baklei.
Dis nou die selfde regering wat hulleself roem op die feit dat ons die beste grondwet in die wêreld het, en dat die ANC die party vir arm mense is.

Persheks Adri ·

Dit is ongrondwetlik en NDZ minag die hof! Ons is groot regtig waar. Die regering hoef nie namens ons te besluit nie. NDZ en haar kinders maak onwettige geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Anders moet ons gaan plunder soos our people en maak soos taxi organisasies!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het al in 2015 ophou met rook. Ek is nie teen rook nie, dis ‘n vrye keuse. Ek neem net aanstoot as mense sonder my toestemming in my eie of kinders se teenwoordigheid rook. Dit bly ‘n vrye keuse te wees en ek steun dus BATSA se pleit. Dit gaan oor heelwat meer as rook of nie. Dit raak ons basiese regte onder die Gronwet wat ons ten alle koste moet beskerm. Dit is letterlik “pasop waar daar ‘n rookie trek is daar ‘n vuurtjie”.

Lorna ·

Ai toggle weet jy wat gaan kopdoek sê BATSA
BASTA met julle julle meng in met haar beursie

Francois Le Cochon ·

Die doel van die rookverbod is om die verspreiding van die virus te verminder, al sien baie dit nie so nie. Om rokers toe te laat om self te besluit of hul wil rook of nie, kom dan daarop neer dat rokers self kan besluit of hulle die virus na ander wil versprei of nie.

Francois Le Cochon ·

Indien n roker wat asimtomaties is, l.p. I’mwinkel toe gaan om sigatette te koop – (n item wat nie lewensnootsaaklik is nie)- is daar n risiko dat die roker iemand anders in die winkel kan aansteek. Dit is wel so dat n asimtomatiese persoon wat winkel to gaan om kos (n lewensnoodsaklike item) te koop ook ander kan aansteek. Dit is die risiko verbonde daaraan. Om dus die getal mense te beperk wat winkels toe gaan, moet net diegene wat noodsaaklike items moet koop toegelaat word. Daarom is die rookverbod om die risiko van die verspreiding van die virus te beperk.

Alet ·

Dis twak. Ek is ‘n nie roker. Gaan net winkel toe as ek noodsaaklikhede koop. Dan kom pa en ma en boetie en sussie en die hele familie winkel toe vir shopping outing. So dan word die probability dat ek aan die virus blootgestel baie groter ewe skielik. Teenoor iemand wat rook wat winkel toe gaan om brood en melk te koop en terwyl hy daar is sy week se sigarette koop.

Wonder ·

Ek gaan definitief nie net winkel toe gaan net vir n pakkie sigarette nie, natuurlik sal ek my pakkie kry wanneer ek brood en melk gaan koop, hoe eenvoudig kan mens wees…

Objektief ·

Daar is nie regtig enige bewys dat rokers dit meer ernstig kry nie. Die verbod het nie regtig vel rokers laat ophou nie endie wat nog rook is nou meer geneig om sigarette te deel, wat sal veroorsaak dat die virus vinniger versprei. Die feit dat taxis toegelaat word om soveel te vervoer as wat hulle wil het baie moontlik bygedra to die vinnige verspreiding

Objektief ·

Sa het die laagste HIV/AIDS syfers in die wereld gehad in 1990, en spoeding na die ANC aan bewind gekom het die hoogste. Hoekom het hulle nie dieselfde verbods filosofie toe toegepas nie?

Althes ·

Ek stem volkome saam- die besluit moet aan volwassenes oorgelaat word.
Om hul soos kinders te behandel, is onsuksesvol

Elize ·

Die hof sal seker maar weer in die minister se guns besluit wat hy kry defnitief sy ekstra betaling van hulle af wat sekerlik handig te pas kom.

ouma1 ·

Kan al die rokers en drinkers nie n klas aksie instel teen die regering vir verlies aan reg van vryheid en plesier nie, dan kan al die rokers ook genoeg geld eis vir toekomstige mediese uitgawes agv die swak sigarette wat hul moes rook tydens die inperking en vir die mal bedrae wat hul moes betaal vir sigarette en drank. seker daar is n prokureur ens wat kan help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.