Rotsklimmer vermoor in Waterval-Boven

David Wade is Saterdag by Waterval-Boven vermoor.

ʼn Rotsklimmer is die naweek dood tydens ʼn gewapende roof in Waterval-Boven, Mpumalanga.

David Wade, ʼn bemarker van Benoni, is Saterdagaand deur rowers by Tranquilitas, ʼn avontuurplaas in Waterval-Boven, geskiet. Hy het probeer om veiligheidswagte van Tranquilitas te help wat deur rowers aangehou is. Volgens ʼn plasing op Mpumalanga Climbing se Facebook-blad was die polisie binne minute op die toneel, maar weens onstuimige weersomstandighede kon hulle nie die verdagtes opspoor nie. Wade en sy vrou, Lindie, was ywerige klimmers.

“Ons is regtig hartseer om van Wade se dood te hoor. Hy was ʼn fantastiese jong man en ons spreek ons diepste meegevoel uit teenoor die Wade-familie vir hul tragiese verlies,” lui die plasing. “Kom ons onthou altyd sy passie vir hierdie wonderlike sport.”

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het die rooftog bevestig, maar kon nie meer inligting verskaf nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ella ·

n Lewe is niks meer werd in hierdie land. Die boewe het die oorhand
Eintlik wil die polisie nie die booswigte opspoor. Hulle weet wie dit is.
Die weersomstandighede is n lekker verskoning vir swak werk.

Melanie ·

Die aanvalle en moorde ruk regtig hand uit hoeveel meer nog!

Saint ·

Regeer en “beheer besit oor iets” beteken tog dieselfde nie waar nie.

As dit waar is is ons land effektief regeringloos behalwe dat ons nog heftig belasting moet betaal.

Niemand is regtig meer in beheer van enigiets in ons land nie.

Foute met belasting ·

Ons is te sleg om voet neer te sit met ons belasting. Ons betaal om verniel te word.

Iemand ·

Dit gaan nie help om op te hou belasting betaal nie, as almal ophou gaan dinge erger raak. Die polisie gaan nie betaal word nie, mense wat reken op staatshulp gaan verder in desperaatheid gedompel word. Dan sit ons met minder polisie een meer mense wat hulself wend tot misdaad. Hoe herstel mens dan van dit? Jou plan is belaglik. My innige meegevoel aan die jong man se familie, vrou en vriende. Ek hoop die moordenaars word gevang.

Francois ·

Saint jy is reg.
Al die tekens van Anargie is hier.
Alles tekens van n land wat nie n regering het nie.
Ek hoop David is nou op n beter plek in vrede.

Wonder net ·

Ek is moeg vir hierdie land. Ons land is een van die gevaarlikste en geweldadigste lande in die wêreld en hier is geen doodstraf in plek nie.
Net ň mekka vir misdadigers.

Deon Koegelenberg ·

Hoeveel onskuldiges moet nog boet met hul lewens voordat die wiel bars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.