ʼn Rotsklimmer is die naweek dood tydens ʼn gewapende roof in Waterval-Boven, Mpumalanga.
David Wade, ʼn bemarker van Benoni, is Saterdagaand deur rowers by Tranquilitas, ʼn avontuurplaas in Waterval-Boven, geskiet. Hy het probeer om veiligheidswagte van Tranquilitas te help wat deur rowers aangehou is. Volgens ʼn plasing op Mpumalanga Climbing se Facebook-blad was die polisie binne minute op die toneel, maar weens onstuimige weersomstandighede kon hulle nie die verdagtes opspoor nie. Wade en sy vrou, Lindie, was ywerige klimmers.
“Ons is regtig hartseer om van Wade se dood te hoor. Hy was ʼn fantastiese jong man en ons spreek ons diepste meegevoel uit teenoor die Wade-familie vir hul tragiese verlies,” lui die plasing. “Kom ons onthou altyd sy passie vir hierdie wonderlike sport.”
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het die rooftog bevestig, maar kon nie meer inligting verskaf nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
So onnodig. Dit is hartseer, hartseer en nogmals hartseer.
n Lewe is niks meer werd in hierdie land. Die boewe het die oorhand
Eintlik wil die polisie nie die booswigte opspoor. Hulle weet wie dit is.
Die weersomstandighede is n lekker verskoning vir swak werk.
Die aanvalle en moorde ruk regtig hand uit hoeveel meer nog!
Regeer en “beheer besit oor iets” beteken tog dieselfde nie waar nie.
As dit waar is is ons land effektief regeringloos behalwe dat ons nog heftig belasting moet betaal.
Niemand is regtig meer in beheer van enigiets in ons land nie.
Ek is moeg vir hierdie land. Ons land is een van die gevaarlikste en geweldadigste lande in die wêreld en hier is geen doodstraf in plek nie.
Net ň mekka vir misdadigers.