Rottweilers byt seuntjie 72 keer

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Geskokte Kaapse gesin is in rou gedompel nadat Rottweilers hul sesjarige seuntjie voor hul oë doodgebyt het.

Uriel Ockhuis van Hillview, tussen Retreat en Muizenberg, het die afgelope week saam met maatjies gespeel toe twee Rottweilers hom aanval, berig die Cape Times. Sy getraumatiseerde ouboet Morné Ockhuis, ousus Stacey-Lee Adams en ʼn buurvrou het klein Uriel probeer red, maar vergeefs. Hy is meer as 70 keer gebyt.

Morné het aan die koerant gesê hy het nog nie tot verhaal gekom nie en is steeds te geskok om te sê hoe hy voel nadat sy boetie voor hom aangeval is.

Toe Uriel se sibbes en die buurvrou op die toneel aankom, het hy op sy maag gelê en om hulp geskree, maar die honde wou nie laat los nie.

Sy suster het gesê nadat hulle hom hospitaal toe geneem het, kon sy dit nie verduur om na hom te kyk nie omdat dit hartverskeurend was. “Baie mense is getraumatiseer deur wat hulle gesien het.”

Uriel, wat aanstaande jaar skool toe sou gaan, is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die honde het na bewering uit hul eienaar se erf ontsnap nadat iemand die hek oopgelos het, berig EWN.

Die DBV het intussen bevestig die diere is albei van kant gemaak. “Daar is altyd ʼn rede waarom honde byt,” het die DBV se Belinda Abrahams aan EWN gesê. “Mense moet besef alle honde kan byt, nie net die sterk rasse nie, maar ongelukkig kry die sterk honde ʼn slegte naam in die media.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

81 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andrea

Eks so jammer! Dit moes ontsettend gewees het om dit te aanskou. Arme seuntjie. Baie sterkte vir die gesin en vriende.

humor

Bestaan daar n betroubare statistiek oor die aanval deur honde op kinders en mense. Indien wel, behoort die ras bo aan die lys in die land verbode te wees.

Daleen Becker

Ek is so jammer vir die seuntjie en sy familie…ons innige meegevoel….ek het self rotwieler en nog nooit was hulle aggressive teen oor ons nie…maar wel met mense wat verby ons erf loop..dis hoekom mens so versigtig moet wees,sodat honde kinders nie uit kom nie..ek ook jammer vir sie eienaars van die honde kinders.dis so onnodig omdat mense nalatig is…sterkte

Lene

Ek stem 100% saam J maar ek het self n Rednose American Pittbull. Alhoewel hy saam my 3jarige dogtertjie groot geword het los ek hulle 2 nie alleen saam nie. Ek dink dit is vreeslik onverantwoordelik van die Rotweilwrs se eienaars om n “hek oop te vergeet”!!! Jy as n eienaar ken jou hond/e! Ek veroordeel nooit een tipe hond nie ek blameer die eienaars wat “stupid” is

Madi

J ek like like like 100 keer jou kommentaar. Alle honde (en mense for that matter) is volmaak gebore en dan word hulle (en ons opgeneuk) die ander mense en die samelewing. My oom het n rotweiler gehad en as kinders was ons al oor en onder die hond en hy het nooit een van ons gebyt nie. Vriende van ons met 2 stoute seuntjies het pitbulls en die goed is die liefde van self. Ek sê nie die eienaar was lelik met sy honde nie. Ons weet nie presies wat daar gebeur het en hoe dinge verloop het nie,… Lees meer »