Rottweilers byt seuntjie 72 keer

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Geskokte Kaapse gesin is in rou gedompel nadat Rottweilers hul sesjarige seuntjie voor hul oë doodgebyt het.

Uriel Ockhuis van Hillview, tussen Retreat en Muizenberg, het die afgelope week saam met maatjies gespeel toe twee Rottweilers hom aanval, berig die Cape Times. Sy getraumatiseerde ouboet Morné Ockhuis, ousus Stacey-Lee Adams en ʼn buurvrou het klein Uriel probeer red, maar vergeefs. Hy is meer as 70 keer gebyt.

Morné het aan die koerant gesê hy het nog nie tot verhaal gekom nie en is steeds te geskok om te sê hoe hy voel nadat sy boetie voor hom aangeval is.

Toe Uriel se sibbes en die buurvrou op die toneel aankom, het hy op sy maag gelê en om hulp geskree, maar die honde wou nie laat los nie.

Sy suster het gesê nadat hulle hom hospitaal toe geneem het, kon sy dit nie verduur om na hom te kyk nie omdat dit hartverskeurend was. “Baie mense is getraumatiseer deur wat hulle gesien het.”

Uriel, wat aanstaande jaar skool toe sou gaan, is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die honde het na bewering uit hul eienaar se erf ontsnap nadat iemand die hek oopgelos het, berig EWN.

Die DBV het intussen bevestig die diere is albei van kant gemaak. “Daar is altyd ʼn rede waarom honde byt,” het die DBV se Belinda Abrahams aan EWN gesê. “Mense moet besef alle honde kan byt, nie net die sterk rasse nie, maar ongelukkig kry die sterk honde ʼn slegte naam in die media.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Andrea ·

Eks so jammer! Dit moes ontsettend gewees het om dit te aanskou. Arme seuntjie. Baie sterkte vir die gesin en vriende.

humor ·

Bestaan daar n betroubare statistiek oor die aanval deur honde op kinders en mense. Indien wel, behoort die ras bo aan die lys in die land verbode te wees.

J ·

My hond se veearts sponsor die rottweiler rescue groep. Hul het Sondag 20 rottweilers gesteriliseer. Ek was toevallig met my brak daar. Ek het verby al 20 rottweilers geloop en tussen hul rond gestaan en wag om gehelp te word. Elkeen het gesnuffel en geruik en wou kom speel. Nie een het eers gegrom nie. Dit gaan oor die mens wat die hond grootmaak, nie die ras nie.

@J ·

Jy moet erken die mense wat rotviellers kry soek iets wat inbrekers byt. Ongelukkig byt meeste honde n mens wat hardloop… oer oue jagsinstink.

Tertius ·

Gaan nie oor die hond nie, gaan oor die mense wat hierdie soort honde het. Meeste sien altyd net die mooi baba hondjie en besef nie hulle het ruimte, speeltyd, opleiding, dissipliene en liefde elke dag van hulle lewe nodig nie. So om die ras te blameer en te se hulle moet verbied word is nonsens. Blameer die eienaar en maak eerder seker mense met sulke honde is bevoeg om hulle te he’.

MissDemeanor ·

Humor ek,stem saam jou. J ek stem nie saam jou nie. Jy se dit gaan oor die mens wat die hond grootmaak, nie oor die ras nie. Maar op die ou eind is dit die hond wat iemand verskeur , nie die eienaar wat iemand verskeur nie. As sekere honde rasse dan tog so sensitief is vir hoe hul grootgemaak word en hoe hull ge “trigger” word, dan moet mens eerder gladnie sulke honde he nie. Verban die goed. Iemand se 6 jarige kind is doodgebyt, deur n hond, nie deur n mens nie. Ons kort nie sulke honde nie.

wolla ·

SA hoogste te wereld wat honde-aanvalle op mense aanbetref en dit is aan die toeneem nie.

Daleen Becker ·

Ek is so jammer vir die seuntjie en sy familie…ons innige meegevoel….ek het self rotwieler en nog nooit was hulle aggressive teen oor ons nie…maar wel met mense wat verby ons erf loop..dis hoekom mens so versigtig moet wees,sodat honde kinders nie uit kom nie..ek ook jammer vir sie eienaars van die honde kinders.dis so onnodig omdat mense nalatig is…sterkte

Mia Muis ·

Ek is ‘n enkelma met kinders en woon op ‘n plattelandse dorpie. Ons besit twee Rottweilers en hulle was ook nog nooit aggressief teenoor ons nie, maar wel met mense wat verby die erf loop. Hulle is baie beskermend teenoor ons huismense en ook baie gehoorsaam. Ek dink die manier wat hulle hanteer word speel ‘n groot rol in hul optrede. Ons grootste probleem is skoolkinders wat hulle tart met stokke en met klippe binne-in die erf gooi. Ek dink hulle beskerm maar net hulle huis. Dit is tragies dat hulle uitgekom het en die seuntjie aangeval het. En dis in enige dier se instink om agterna te gaan as daar weggehardloop word. Ek sou sê die eienaar moet straf opgelê word omrede hulle uit hulle erf was.

Lene ·

Ek stem 100% saam J maar ek het self n Rednose American Pittbull. Alhoewel hy saam my 3jarige dogtertjie groot geword het los ek hulle 2 nie alleen saam nie. Ek dink dit is vreeslik onverantwoordelik van die Rotweilwrs se eienaars om n “hek oop te vergeet”!!! Jy as n eienaar ken jou hond/e! Ek veroordeel nooit een tipe hond nie ek blameer die eienaars wat “stupid” is

Daleen ·

Nalatig. Ek het self n baie agressiewe Rottweiler maar sy is altyd gebere as hier mense is en my hekke 24/7 gesluit met slotte. Dis baie hartseer.Maak nie saak watter ras hond jy het nie. Dis altyd n risiko dat hulle sal byt

Karolis ·

Waar lees jy dat dit die eienaars is wat die hek oopvergeet het?

Willem ·

Stem 100% saam met J en Lene. Diere leer maniere aan by die huis, nes kinders. Hulle bly egter wild en jy moet hulle gedrag verstaan en respekteer. As jy regtig lief is vir jou honde, ken jy die patroon, weet wie maar kan instap en wanneer jy eers die hond veilig moet toemaak. Ons het 12 jaar lank 2 Rottweilers gehad wat soos kinders grootgeword het. Hulle was nooit saam met vreemde kinders of mense alleen gelaat sonder toesig nie.

Piet ·

Nee daar is n baie groot verskil tussen die verskillende honde rasse. Almal het dalk al iemand gebyt, maar ander hou nie aan byt of byt mense dood nie. Sommige honde luister ook nie as hy eers begin byt nie. As kind het my pa baie rottweilers gehad. Hulle instink om alles dood te byt word moeilik beheer. Ons “oulike” honde het n paar mense gehap.

wolla ·

Jammer maar onverantwoordelik om vegtershonde saam met klein kinders aan te hou. Daar sê jy dit self, te bang om die kind alleen met die hond te los. Magtig man, dis ‘n accident waiting to happen…WORD WAKKER.

Madi ·

J ek like like like 100 keer jou kommentaar. Alle honde (en mense for that matter) is volmaak gebore en dan word hulle (en ons opgeneuk) die ander mense en die samelewing. My oom het n rotweiler gehad en as kinders was ons al oor en onder die hond en hy het nooit een van ons gebyt nie. Vriende van ons met 2 stoute seuntjies het pitbulls en die goed is die liefde van self. Ek sê nie die eienaar was lelik met sy honde nie. Ons weet nie presies wat daar gebeur het en hoe dinge verloop het nie, ek sê net voor die hond en die ras die skuld kry kom net eers agter die kap van die byl. Ons het n groot probleem waar ons bly (in n estate) met geniepsige kinders wat in die strate speel en honde terg en met klippe en klappers gooi. As 1 van daai honde eendag uit kom en ‘n kind beet kry sal ek sommer lus wees om die hond te los dat die kind sy les leer (nee ek sal nie regtig nie maar ek sal lus wees). Geen hond is by nature aggresief nie. My oums het ‘n collie wat “by nature” skape moet aan jaag maar het nog nooit in sy lewe n plaas of ‘n skaap gesien nie so “by nature” doen hy bokerol skaap-aanjaag-verwant. Hy grou gate in die tuin waar my ouma dan haar blomme plant want dis hoe hy geleer is.

Andrew ·

Jy praat so waar. Ek het ook n hond want byt omdat sy geterg word en deur die heining met stokke geslaan word. Ek was al by die SAPD maar hulle hande is afgekap se hulle. Tot natuurlik as n kind gebyt word! Dan is dit mos die eienaar se skuld. Hulle terg my hond en hardloop dan weg en dink dis vreeslik snaaks as daai hond haarself beseer om uit te kom. En die is n daaglikse probleem waarmee ek sukkel wat daar loop hordes kinders by my huis verby. En ek is jammer, die hond bly. Ek haar gekry vir beskerming en al die nodige tekens is op. So, kinders moet ophou om te speel met honde en weghardloop. Daai honde (alle rasse) sal jou jaag en byt. My werklike simpatie aan die gesin wat nou in rou gedompel is oor n hond wat sy instink gevolg het.

Spies ·

Ek is regtig jammer om van julle verlies te hoor.
Dis reg, Alle honde byt. Ons het twee liefdevolle bull terriers, sommige verwys na hulle as vark honde. N maand terug het ons n braai gehad. Die kinders het ons hond SOOOO getart, dat hy eers bang Onder die tafel weg gekruip het, toe die getart aanhou het hy woedend begin knor en grom. My dogter het hom dadelik gaan toemaak. Toe al die gaste weg is, het my suster se 8jarige rustig verder met hom gespeel.
Jy Kan geen hond trust wat getart word nie! Maar telkemale word die arme honde blameer.

Tommie ·

En dan is die ras wat tweede van bo was, nou heel bo. En dan verbied ons hulle ook.
En volgende verbied ons die tipe kar wat in die meeste ongelukke betrokke is.
En ons verbied die sport wat die meeste sterftes veroorsaak.
En so hou ons aan om stelselmatig alles te verbied wat “sleg” en “gevaarlik” is.

Uiltjie ·

Rottweilers is gevaarlik, punt. In plaas van DAT julle met die ouers simpatiseer, verhef julle liewer die honde tot onskuldige diertjies! Iemand se kind is dood, mense!

Valerie ·

Uiltjie, mense is maar so. Hulle skaar hul liewers by hul eie besittings (insluitende veglustige, doodsgevaarlike diere; kamtige ‘honde kinders’) as om empatie of common sense te wys. En dit is net reg dat die soort veglustige diere, insluitende haaie, ‘n slegte naam in die media kry.

Johan ·

Aan die Ockhuis familie – my opregte simpatie en meegevoel. Geen woorde sal jul hartseer wegvat of verlig nie.

Uiltjie, gaan kyk watse honde is verantwoordelik vir meeste bytwonde aan mense – nie Rotties nie! Gelukkig is meeste mense se kommentaar oor die eienaar van ‘n hond (‘n mens) in die kol en ek gaan nie alles herhaal nie. Moet nie die ras blameer nie – jy kan die hond blameer.

leser ·

sterkte aan uriel se familie, slegte tragedie
kla die hond eienaar/s aan, laat hulle les opse

Ann ·

Wel, ek sê steeds dit hang van die eienaars af. Hoe jy jou hond grootmaak. My buurman wat 2 huise van my af bly het ʼn wolfhond en ʼn rottweiler. Daai twee honde is permanent in die straat, want as die hek oopgaan dan hol hulle en niks keer hulle nie. Daai wolfhond het ʼn klein bokkiehondjie tot binne-in die bokkiehond se HUIS gejaag om hom te gaan doodbyt. Gelukkig was hy te vinnig.
En wat sê die eienaar?
“I try to train him but can’t do it …”
As dit my hond was, sou hy van die begin af agter die hek gebly het.
Ek het ʼn Lab en al staan die hek oop, sit sy nie haar pote buite die hek nie. Sy sal binne bly en blaf maar nottedêm uitgaan nie.

Hondekop ·

Ongelukkig is sommige mense vreeslik onverantwoordelik met hulle diere. Power breeds kort die regte training en sorg en nie almal kan voldoen aan die vereistes nie. Ons het vandat ek Klein is nog altyd power breeds gehad en het self nou n bull terrier en boerboel. Hulle is liefdevol en glad nie agressief nie, maar sal my beskerm met hul lewens.
Dis vreeslik wat hierdie gesinne moet deurmaak. Dis vreeslik hartseer dat n kindjie dood is. Dit was n vreeslike manier om te sterf.
Die honde is van kant gemaak, ek hoop nou die eienaar ry aan die pen.

Johan ·

@Valerie,leeser,Uiltjie,dankie Vir sinvolle komentaar.Snaaks dat net 2 rasse se eienaars kommentaar lewer(1 varkhond).Dis nou al tot vervelens bewys die 2 rasse is oor agresief en verantwoorfelik vir meeste aanvalle.PUNT!

Andrea ·

Ek hou niks van mense soos Valerie en Johan nie. Moet asb nie diere aanhou nie. Julle kan gladnie objektief na só n saak kyk nie. Met geen verwysing na hierdie berig nie: hoeveel keer tart kinders honde ? Lees wat lesers hierbo sê. Hoeveel ouers maak kinders sonder respek vir diere groot? Dan word die hond beseer en bang en byt n kind en dan moet hy vankant gemaak word. Dit is nie noodwendig die hond se skuld nie. Eienaars moet verantwoordelik optree indien hul honde het, soos ook deur objektiewe lesers hierbo verduidelik. Kinders moet geleer word om diere te respekteer sodat daar nie situasies ontstaan soos wat oor die naweek berig is nie: kêrel skop hondjie se been af en vrou is te sleg om vir die arme dier hulp te kry want sy wou nie die hondjie gehad het nie. Moenie so eenogig wees deur net die ‘slegte dier’ raak te sien nie. Daar bestaan nie iets soos n slegte dier nie.

Johan ·

@Valerie,leeser,Uiltjie,dankie Vir sinvolle komentaar.Snaaks dat net 2 rasse se eienaars kommentaar lewer(1 varkhond).Dis nou al tot vervelens bewys die 2 rasse is oor agresief en verantwoordelik vir meeste aanvalle.PUNT!

zis ·

Bullterriers is liefdevolle honde. Ons hou al 30 jaar bullterriers aan. Hulle moet soos enige ander hond nie geterg word nie. Ons bullterrier speel liefdevol saam met ons drie jarige kleinkind, maar ons laat hulle twee nooit alleen nie. Ons heinings is hoog en hekke word gesluit.

Micaila Vermaak ·

Vir die kindjie se familie wil ek net sê sterkte. Ek weet wat julle voel. Een ding waaroor ek kan getuig, Jesus is teenwoordig. Hy gee vrede wanneer jy dit nie verwag nie. Julle is in my gebede.

MT ·

Vertrou GEEN groothond by klein kindertjies nie. Klein kindertjies is op die groothond se ooghoogte en as die mekaar in die oë kyk, dink die dier hy word uitgedaag en dan val hy aan. Moet ook geen persoon glo wat vir jou sê “toemaar hy/sy sal nie byt nie” glo my, klein of groot, daai dier sal byt. Dus wees maar altyd versigtig. Onthou, honde is familie van die wolf spesie……as jy in sy erf kom is jy in sy teratorie. Hy sal sy familie beskerm as hy bedreig voel. Mense wat hulle hekke laat oopstaan wat sulke kwaai honde het, en mense aanval of dood, is net so skuldig aan moord!!!!

LouE ·

Hou die eienaar van die hond persoonlik aanspreeklik vir die kind wat dood is. Kla hom aan van strafbare manslag.

Ampie ·

Ai, nou skreeu almal dat die arme hond dood gemaak is maar wat van die kind! In 1995_96 het n prokureer en sy gesin buite Bfn op n hoewe gebly met Rottweiler’s. Sy kinders het saam met hul groot geword. Saterdag middag kom dogter van kampus af en honde val dogter aan, skeeur haar in stukke. Daar was geen teken dat honde aggresief was. Glo my sy was in stukke want ek het die fotos geneem van dit wat oorgebly het van haar. Daai honde gaan jou een of ander tyd byt, hul koppe haak uit net soos die mens wat hul aanhou. Jou kop moet uitgehaak wees om hul as jou honde kinders te beskou.

Adri ·

Ek is n volwasse vrou en is al 2 keer deur honde gebyt as ek in die straat is om te oefen dit is omdat enige iemand honde aanhou en nie na die diere behoorlik kyk ekself het n rotweiler my hekke is met ketting en slot gesluit na d 2de keer se byt is ek nou bang om buite te oefen en dit nadat al 2 kere het die eienaars die hekke oopgelos sterkte vir daardie gesin

wolla ·

Pasop vir jou eie hond. Daai goed se koppe haak uit en dan is dit nag, vreet alles wat voorkom bekend of onbekend.

IK ·

In my onkunde wonder ek of dit nie te doene het met diere wat op hitte is want dan moet jy versigtig wees om nie tussen hulle te land en as kompetisie beskou te word. Selfs frustrasie aan die manlike kant sal seker aanleiding gee as daar nie uiting gegee kan word aan sy behoeftes?

Adri ·

Ek is al 2 keer deur honde gebyt en dit as ek gaan oefen ek lok hul nie uit nie al 2 kere het die eienaars die hekke oopgelos ekself het n rotweiler omdat ek nie heeldag by huis is is my hekke met ketting en slot gesluit na die laaste keer se byt is ek te bang om buite te oefen ek word ontneem van my regte agv onverantwoordelike honde eienaars honde wat rondloop in strate sonder eienaar moet van kant gemaak word

Andrew ·

Jy praat so waar. Ek het ook n hond want byt omdat sy geterg word en deur die heining met stokke geslaan word. Ek was al by die SAPD maar hulle hande is afgekap se hulle. Tot natuurlik as n kind gebyt word! Dan is dit mos die eienaar se skuld. Hulle terg my hond en hardloop dan weg en dink dis vreeslik snaaks as daai hond haarself beseer om uit te kom. En die is n daaglikse probleem waarmee ek sukkel wat daar loop hordes kinders by my huis verby. En ek is jammer, die hond bly. Ek haar gekry vir beskerming en al die nodige tekens is op. So, kinders moet ophou om te speel met honde en weghardloop. Daai honde (alle rasse) sal jou jaag en byt. My werklike simpatie aan die gesin wat nou in rou gedompel is oor n hond wat sy instink gevolg het.

wolla ·

Kinders sal honde terg dit was so in die verlede en sal altyd so wees. Gee jou nie die reg om gevaarlike mensvreters aan te hou nie. ‘n Mens se lewe is meer werd as ‘n dier maar lyk my party mense dink nie so nie.

Een van die redes... ·

Wens ek nou dat daar ‘n vuurwapeneienaar, wat sy eie en sy familie se veiligheid ernstig opneem, byderhand was.

Oortreders in die land word te maklik oorgesien. Die honde van kant maak is nie genoeg nie. ‘n Familie is verwoes.

lulu ·

O NEE
My hart is in stukke en moet my nie verkeerd verstaan nie
Maar dit is een van my grootste vrese dat my kleinkids of my naastes aangeval word deur n hond of twee
EK is ongelooflik life vir diere
Maar die meeste mense hou tog sulke honde aan om die skelm wat in hul yard kom aan te val so ek le dit ook voor die regering omdat hul slapgatte is
ASB as jul sulke honde aanhou maak seker hul is veilig weggebere ver van kinders af
my buurman is so jaar of wat terug deur sy eie rotty doodgebyt
Dit was ook n harde seer daai
RIV grote seun ek is seker GOD gaan mooi na jou daar bo kyk en jy gaan n pragtige engeltjie wees
STERKTE AAN FAMILIE EN VRIENDE

Hansie ·

Ek self het Rottweilers vir al meer as 35 jaar, en gelukkig het my honde nog NOOIT iemand gebyt nie, maar met groot honde is opleiding noodsaaklik, en ook om gereeld te gaan stap en hulle te”social”. Die skoolkinders het daagliks verby geloop en met hul liniale al langs my heinig geloop tot groot vermaak van maatjies. Ek het CCTV kameras op, en het die video vir die skoolhoof gegee. Daarna het dit gestop, die kinders loop aan ander kant van pad, en die honde blaf nie eers vir hulle nie. Ek ys om te dink wat sou gebeur het as my hekke oopgestaan het. So moet ek dan my honde of die skoolkinders skiet ?

Eben ·

Dis tragies wat gebeur het en hartseer en sterkte aan die familie. Die problem le nie by die stories dat Rottweiler’s net aggresief is nie, ek het groot gerword met hulle en ek het self nog steeds een, sy is die een groot liefdevolle teddy beer, my kinders en self mense wat daar kuier se kinders kan met haar speel nes hulle wil sy sal nie eens n lip optel nie, die worshond is tot haar baas, maar ja daar is kinders in die woonbuurt wat haar terg en dit is seker een van die grootste probleme. Kinders terg hulle en dan as die hond uitkom op n manier dan word of daai kind gebyt of in meeste gevalle n onskuldige kind en mens kan met die kinders raas en baklei en selfs hulle ouers aanvat maar ore is min en hulle bly die honde terg.

sus ·

My een neef ‘n het pitbull, liefste hond ooit … dit gaan nie oor die ras nie, dit gaan oor hoe eienaar daardie hond leer …. Rottweiler het my as kind in my gesig gebyt omdat hy geskrik het …
‘n oom van my het “vark honde” gehad, vasgemaak aan kettings, wrede kwaai honde, wou almal altyd byt wat dit te naby gewaag het … hy het hul so geleer …. my neefs moet hul van kleins af met ‘n nat sak slaan ….

alida ·

Rotweilers is vieslike honde en baie onvoorspelbaar. Self deur een aangeval en baie seergekry.

Lal ·

Ek het n Jack Russell, oulike hondjie, maar moenie n kind naby hom bring nie. Hy wil hulle opvreet. Dit help natuurlik ook nie as kinders hom skop of terg nie. Ouers moet maar kinders leer om weg te bly van honde, in die geval kon die seuntjie dit nou nie help nie maar ek glo nie dis die ras van die hond nie. Klein hondjies val ook aan en byt.

Mrs.B ·

Ek het ‘n klein hondjie, Pikenese x Maltese, en so aggresief soos ‘n roti. Wat se dit dan van my hondjie? Hy val aan sodra daar iemand naby hom kom wat onbekend is. Die 4 been kinders het ‘n instink, veg om survival. Dit is harseer dat die kind aangeval en gesterf het maar kinders is nie altyd onskuldig nie.

Innige simpatie met die familie van die seun, mag julle gedra word deur julle vreeslikke hartseer tyd.

Wapens ·

As ek ń ongeluk met my vuurwapen veroorsaak het ek jare se moeilikheid. Dit moet dieselfde wees met honde. Dit is jou hond, jou verantwoordelikheid. Ek dra ń mes by my as ek draf. Dit is reeds vir daai kwaai hond wat jou kom byt want jy draf in die pad. Geen geld sal die jong seun terug bring nie, maar laat elke honde eienaar wat iemand byt betaal dat hy hop. Ek moet verantwoordelik wees vir my vuurwapen, dit geld vir honde eienaars ook. Ja, ek het ń boerboel vir die plaas. As hy enige iemand of enige diere byt, bly dit nogsteeds my verantwoordelikheid, al was ek nie op die plaas nie.

Eureka Boikanyo ·

My innig simpatie aan die famile van n kind op hierdie grusame manier verloor het. Ek bid dat die Here hierdie bitter hartseer tyd n God van naby sal wees en julle in die holte van Sy hand sal hou en jul trane afvee..
n Ouerpaar, n boetie, n sussie, het groot verloor, Rus in vrede seun.

Ja n kind is dood,, vergeet vir nou die redensie en redekawel oor honder, wat is en wat is nie. Laat ons stil raak. Dus bitter hartseer.

Eben ·

@ Alida. Ek het groot geword met Rottweilers en het nog steeds een en sy n teddy beer, my kinders en vriende en familie se kinder kan met haar speel soos hulle wil sy lig nie eers n lip op nie, sy if in teendeel baie life vir kinders. Ongelukig terg kinders wat verby loop die honde en dan as die hond sou uitkom dan word die kind of n onskuldige kind gebyt en dan word die hond as gevaarlik gemerk, my ma se rottie is net so life vir kinders as hulle reg groot gemaak is dan sal jy nie n beter hond met n kind kry nie. Dis jammer en hartseer wat hier gebeur het en sterkte vir die familie wat deur die hartseer tyd nou moet gaan.

HPV ·

Die tragiek is dat mens sulke honde moet aanhou in die anc regime se anargistiese land. Mens moet egter onthou dat jy dan voltyds aan diens is ten opsigte van ander mense se veiligheid, soos byvoorbeeld jou hek mag onder geen omstandighede per ongeluk deur ander of jouself oopgelos KAN word nie. Ek was aangeval deur sulke honde wat uit die erf kon kom terwyl die eienaar die hek met afstanbeheer oopgemaak het om sy erf per motor te verlaat.

Ballon ·

Ons het family wat n Boerboel het. Ook n geval van moenie worry nie hy sal niks doen nie ens maar ek kan in die hond se oë sien daar is fout. As ons kom kuiers sluit maar liewers jul hond toe. Ek soek hom nie naby my en my familie nie. Die feit bly staan as die einaars nie die Rotties aangehou het nie sou die kind gelewe het. Dit is asof meeste mense hierbo nie die erns en hartseer van die kind se dood besef nie. Dalk moet daar permitte uitgereik word vir die aanhou van n Sekuriteitshonde om seker te maak dat die eienaar en die perseel geskik is.

Dis erg! ·

Ek wil nou nie snaaks klink nie… moet ook nie ‘n fout maak nie ek het ook ‘n pitty wat 45kg weeg wat ook die liefde homself is… maar in die geval is dit tragies dat almal meer oor die hond praat as oor die kindtjie wat oorlede is. Ek weet ‘n saak het 2 kante dis nie bevestig hoekom/hoe die hek oopgestaan het nie… Ek wil net vir die ouers en boetie en sussie se ek dink aan julle in die moeilike tyd. Hy was net 6… wat is ‘n 6 jarige teen so groot hond? Anders kinders het hom dalk voorheen geterg en nou moes hy boet. Die hond wat van kant gemaak is baie hartseer maar een keer bloed geproe sal hy weer byt. En ek stem ‘n hond se persoonlikheid hang van die eienaar af. Almal vrees my hond maar nie omdat hy agresief is nie net omdat hy so groot is maar dis my babatjie… en almal weet jy vat nie aan my of my kinders nie…

Cherise ·

Vreeslik jammer oor jul seuntjie ek.wens dit vir geen ouer toe….maar mense moet ophou om honde te terg.gewoonlik is dit kwaad doen tieners wat honde terg in die verby loop.geen hond hou daarvan nie en dan eendag besluit hul net genoeg is genoeg of dit nou die kind se skuld is of nie.nou moes die honde uit gesit word omdat hul net genoeg gehad het om geterg te word.ja die eienaar wat hek oop gelos het dra ook skuld.hou julle honde in die erf want so kan hul ok klein honde aanval nie net mense nie.net soos wat mense nie daarvan hou om geterg te word nie so hou honde ok nie daarvan nie.sterkte met die gesin.en ek hoop die eienaar boet omdat hy nie na sy honde gekyk het nie want die arme diere moes ok nou uit gesit word agv iemand anders se fout.

Johan Muller ·

My hart gaan uit na die familie wat ‘n seuntjie verloor het. Die verantwoordelikheid om jou honde in jou erf te hou is die eienaar se verantwoordelikheid. EK self het “gevaarlike” honde, so gevaarlik dat hulle al drie my kleinseuns sopnat lek as hulle kom kuier. Wat my wel pla is die kinders wat my honde terg met stokke en klippe as hulle by my palisades verby loop. Daai kinder frustreer die honde so, dat ek kan verstaan as hulle sal byt indien hulle die geleentheid kry. EK sê nie dit is wat in die geval gebeur het nie, maar daar is opvoeding nodig as daar honde in die buurt is. My tuin is baie goed omhein en ek vat volle verantwoordelikheid as my honde uitkom en skade aanrig, maar my diere dien ‘n baie belangrike rol in die veiligheid van my mense en eiendom. Respekteer my grense en my diere is geen bedreiging vir jou nie. Weereens my innige meegevoel aan die ouers en familie van die seuntjie, mag hulle rustigheid en vertroosting vind in die moeilike tyd wat voorlê.

Hannelize ·

My hart is baie seer vir die familie. Ons dink aan julle in die moeilike tyd. Dit is vreeslik hartseer oor wat gebeur het.
Maar kom ek vertel vir julle oor ‘n liefdevolle ras wat agresief is agv van kinders wat hom terg. My labrador is vreeslik agresief jy kan nie eers aan die ander kant van die hek staan nie dan wil hy jou byt, Die kinders loop gewoontlik verby my hek & ruk aan die die hek tot hy uit storm dan staan hulle aan die oorkant van die pad & gooi hom met klippe & stokke.. Het al met die ouers gaan praat maar hulle worry nie. Selfs my worsies is nou al meer agresief as wat hulle veronderstel is om te wees.
Was ook al by die polisie maar soos iemand hier bo gese het hulle kan niks doen nie.

Blondie ·

Sjoe ek kan my nie indink hoe erg dit moes gewees het nie. Ons as mens is oor die diereryk aangestel om dit te beskerm en ongelukkig gebeur dit dat moeder natuur ons ore aan sit want ons is mos vreeslik slim. Net die Hemele alleen weet wat daar gebeur het.

Yvonne ·

Ag asseblief Johannes. Kom by . Niemand van ons op hierdie platform weet wat die ware omstandighede was. Ja die hekke was oop en hulle het uitgekom, daar is jou eerste probleem, wat die res van die omstandighede betref weet ons nie. Om nou alle Rotti’s uit te roei gaan nie die probleem oplos of daardie seuntjie lewend maak nie. Honde is diere en ongeag die ras, sal hulle byt as daar omstandighedewat dit daartoe dwing. En ja sommige eienaars leer hulle honde , ongeag die ras, aggresief en dit is ‘n verdere probleem. Hiermee se ek nie dit is so in die geval nie maar onthou selfs die fynste witste onskuldige poedeltjie wat in die huis groot gemaak word kan byt en groot skade veroorsaak .

Aan die familie, hierdie is ‘n bitter seer en dit is baie hartseer dat ‘n jong lewe so tot ‘n einde moes kom . Ek kan maar net bid dat julle troos sal vind.

Henry ·

Ag ja Yvonne
Ek het geen twyfel dat jou “en ja” hoogheilige en verontskuldigende teem, drasties sal verander indien dit jou kind is wat deur ‘n ongedierte wat buite sy eienaars se terrein storm, om jou weerlose kind dood te byt nie.
O ja, en vergeet maar van jou ge-“trosery”.
Dit is ‘n geveinsde en niksseggende poging.

nannie ·

Baie jammer vir die ouers en familielede.
Of dit nou rottweilers of pitbulle is mense sal altyd die ras slegte naam gee.
Honde is soos die eienaars wat hulle groot maak. Agresief of liefdevol.
Stem saam dat kinders die oorsaak is van baie honde wat so agresief is.
Ek het n 2 jack russels, kinders wat verby loop in die straat het gemaak dat hulle agresief is. Terg en gooi klippe, slaan met stokke teen die hek, stamp hulle voete op die grond. Nou die dag toe vra ek of moet ek vir hulle die hek oop maak sodat my honde hulle moet jaag. Nooit weer my honde getrek nie.

Lizelda ·

Dankie Belinda Abrahams vd DBV vir jou kommentaar, en ja, ek stem 100% saam met jou. Enige hond kan byt en ons weet nie wat md honde gebeur het VOOR die aanval nie. Dis ergter bie hartseer dat die seuntjie lewe moes verloor.

Magda ·

Julle, iemand se 6 jarige kindjie is DOOD! geen dier kan verhef word bo die lewe van ‘n mens nie. Punt. Ek sou die persone wat toegang tot die eiendom gehad en die hek oop gelaat het asook die eienaars verantwoordelik hou. Dit sal nie die kind terugbring nie, maar keer dat hul nalatig is in die vervolg. Ek het self 4 kinders en ‘n klein miniatuur dobermann. Honde bly geniepsig en het ‘n oeroue instink wat geen mens of hondeskool uit hul kan wegneem nie. Kyk ook die onlangse berig van ‘n Labrador wat n kleuter gebyt het in die gesig. Labrador is een van die slimste en vredeliewendste honde wat selfs blindes lei, maar moenie dat dit jou flous nie. Nee mense, jou hond, jou verantwoordelikheid en NIE TEN KOSTE VAN ‘N MENS SE LEWE NIE!!!!!

Dis erg! ·

Magda – dankie tog iemand wat saam my stem… ek is lief vir diere maar ‘n hond kan jy vervang ‘n kind nie!

johan ·

So wie blameer ons – Die honde ras – Die eienaar – of die persoon wat die hek oop gelos het
as dit ‘n Pit bull was dan is almal weer hoe sleg en gevaarlik hulle is – selfde met rotties
in die 80’s wat dit die Alsations – die 90’s die Rotties en nou is dit die Pitties
WANEER BEGIN ONS DIE EIENAARS BLAMEER
Nou is 2 pragtig diere tot die dood gevonnis omdat hulle instiktief op getree het
Mense kyk na julle diere en sorg dat hulle veilig is in jou eiendom

Piet ·

Johan jy moet self versigtig wees met jou “pitties” want as jou honde my kind eendag sou byt sal ek eers gaan vir die honde en dan vir die baas. Dan sal jy nie dink jou pitties is pittig nie.

Ca ·

Die mense van die DBV weet nie waar van hulle praat nie. Dit is reg all honde byt maar ek het nog nooit gehoor van kinders wat deur Labradors dood gebyt is nie.

Bosmeisie ·

Nou gaan ek ook my 10c byvoeg. 1 Ek het ‘n rottweiler besit en was van so aard geleer dat hy sonder ‘n lei band kon gaan stap sonder om weg tedwaal of ander honde te storm en nie sou waag om by ‘n oop hek uit te gaan sonder dat ek hom toestemming gee. 2. My ouers het ‘n boerboel groter as ‘n miniatuur perdjie, my seuntjie is nou twee en hulle kan heerlik lekker saam speel, met toesig want my seuntjie moet leer hoe om diere met respek en korrekt te behandel. M.a.w. dit het niks met die hondras te doen maar met die eienaar se bevoegdheid om hond te kan oplei en jou eie perke te ken, al die videos wat opgelaai word van honde wat mense byt kan jy al by ‘n myl ver sien die hond waarsku en dat hy gaan byt en ek stem saam met die DBV, geen hond byt vir geen rede nie. En so vir die intressantheid, het ‘n great dane en ‘n labrador al sien mense byt.

Ek ·

My Labrador is die liefde van self, maar ek weet ook sy sal iemand aanval om my te beskerm. Enige ras het opleiding nodig. Mense moet ook nie skroom om hulle eie en ander mense se kinders te leer hoe om met honde te werk te gaan nie. Dit gaan nie net oor die opsetlike terg van honde nie, maar ook oor die onkunde van baie mense en veral kinders. Ek het al kinders gesien wat iemand se hond stip in die oë staan en kyk en die hond se grom en waarskuwings miskyk. Daar is selde net een skuldige party in so saak.

Joe ·

Nou wat het jou kommintaar te make met die berig oor ‘n wreedaardige gedierte wat ‘n mens – kind – dood gebyt het!
Buite die grense van die eienaar se woning.
Hoe gouer dit verbied word om hierdie wrede, doodsgevaarlike honde aan te hou, hoe beter.
Kan net sowel ‘n leeu, hiëna, luiperd, swart mamba aanhou om al wat leef en beef aan te val.

toy ·

Ek is ‘n hondeliefhebber en het self groot honde maar ‘n Rotweiller nie vir my nie, dankie.

Judge Dredd ·

Nou kerm en kla almal al weer oor die arme hondjies.

‘n Mens het sy lewe verloor !!

Geenhond ·

Ek wens altyd wrede honde byt hulle eienaars eerste. ‘n Hond bly ‘n dier, die ras of eienaar in onbelangrik. Ek pyn vir almal wat deur honde gebyt of verskeur word.

Boet ·

Ongelooflik hartseer en skokkend! Die eienaar MOET aan die pen ry. Honde raak nie uit hulle eie kwaai nie, dis hoe hulle grootgemaak en behandel word. Hierdie kind se familie sal hom nie weer terugkry nie. Die eienaar van die hond mag NIE skotvry hiervan afkom nie. ‘n Blote boete en tik oor die vingers sal NIE genoeg wees nie.

BB ·

Dit is hartverskeurend wat met die kind gebeur het asook die sibbe wat dit moes aanskou. Die punt is daar is te veel honde wat aangehou word teenoor jare gelede. Dit maak nie saak watter ras nie. Hierdie honde werk op mekaar se senuwees en daagliks hoor ‘n mens hulle blaf in ingehokte erwe. Veral as daar aktiwiteite in die straat is. Sodra een uikom kan dit lei tot ‘n aanval op mens en ander diere.

wolla ·

As ‘n hond dit waag om een van my familie te byt, gaan klop ek aan die eienaar se deur en sleep hom aan sy kraag saam om te sien hoe ek sy mensvreter voor sy oë vrek skiet.

Janosh ·

Ek het ook twee Rotties. Dis fantastiese honde, intelligent, waaksaam en baie gehoorsdaam. Ek het egter ‘n probleem. Ek bly regoorkant ‘n laerskool, en elke liewe middag as ek van die werk af kom, moet ek eers die talle klippe wat deur die kinders na my honde gegooi word van die grasperk verwyder. Hulle terg die honde gedurende elke pouse en voor skool. My honde se ontsnapkans uit my erf is bitter gering, maar ek ys vir die dag as hulle wel sou uitkom, en ‘n kind gryp. Een wat terg. Honde val nie net sondermeer aan nie. Hulle word daartoe gedryf – meeste van die tyd. Alhoewel ek innige simpatie het met die slagoffer en sy ouers, moet die omstandighede van hierde geval ook deeglik ondersoek word om vas te stel hoekom die honde aangeval het.

Sterkte aan die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.