Roudiens gehou vir gevalle sporthelde

Foto: @MbalulaFikile op Twitter.

Foto: @MbalulaFikile op Twitter.

Honderde roubeklaers, insluitend ministers en sportsterre, het Donderdag in Johannesburg bymekaargekom vir ʼn roudiens vir Senzo Meyiwa, Mbulaeni Mulaudzi en Phindile Mwelase.

Die roudiens is by die Standard Bank Arena gehou vir die drie atlete wat oor die naweek dood is. Mulaudzi is verlede Vrydag in ʼn motorongeluk oorlede. Mwelase, ʼn vroulike bokser, is Saterdag dood nadat sy twee weke gelede tydens ʼn geveg uitgeklop en in ʼn koma was. Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, is Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet.

Fikile Mbalula, minister van sport, het gesê Meyiwa het ʼn blink toekoms gehad. “Ons huil wanneer ons oor Senzo Meyiwa praat, want ons het nog soveel van hom verwag. Hy was deel van die skip wat ons in die regte rigting gestuur het.”

Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, het ʼn beroep gedoen vir ʼn wet ten einde al die onwettige vuurwapens in die land se strate te verwyder. “Ons sal die wapens smelt en wil daarvan ʼn standbeeld bou vir Senzo Meyiwa. Die standbeeld moet so groot wees soos die hoeveelheid onwettige wapens wat gekonfiskeer en gesmelt is.”

Springbokkaptein Jean de Villiers het Meyiwa, Mulaudzi en Mwelase as nasionale helde bestempel wat vir altyd in Suid-Afrikaners se gedagtes sal voortleef. “Die boodskap van die Springbokke is net om ondersteuning te wys vir die drie [sport-] ambassadeurs van Suid-Afrika wat oorlede is,” het De Villiers gesê. “Dit is ‘n hartseer dag om drie van ons helde te verloor, maar dit is ook ‘n geleentheid om die lewens van drie fantastiese sportmense te herleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

George ·

Nie een van hulle 3 bring kos op die tafel nie, hoekom word daar ophef van hulle gemaak maar nie een van die duisende vermoorde boere nie. Mens kan sien waar le die prioriteite van die klomp skelms.

Lindie ·

‘n mens sal sweer dis ‘n president wat dood is. Heeldag aldag vandat hy dood is hoor ‘n mens net van hom. Ek het nie eens geweet wie hy was nie. En ek stem saam met George. Hoekom word daar so ‘n groot ophef gemaak oor hulle??? Wat van al die boere en hulle kinders en vrouens wat elke dag in vrees lewe en elke dag ‘n lewe verloor maar daar word niks gedoen nie???? Dis maar net nog ‘n moord in ons land, maar die sokkerspeler word geskiet en daar word belonings uitgereik en die beste hulp ingekry om sy moordenaars op te spoor?? Dit maak glad nie sin nie en ons land is regtig in sy *&^&^ in!!

Ek sak my kop in skaamte om te se ek bly ek Suid Afrika regtig. Wat van die 16 jarige meisie wat wreed aangerand was op hulle plaas en haar pa wat doodgeskiet is?? Hoekom is dit maar net nog ‘n moord en niks word daaraan gedoen nie?? Skaam vir julle man!!!!!!!!!

Drieks ·

Fikile man. Die Anc se skip sink nog al die pad. En vandat die Anc aan bewind gekom het, sink Bafana ook nog heel tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.