Roudiens vir bokslegende se seun ná hy homself skiet

Pieter Schutte, die seun van die bokslegende Mike Schutte. Foto: Facebook.

Pieter Schutte, die seun van die bokslegende Mike Schutte. Foto: Facebook.

ʼn Roudiens word Dinsdagaand om 18:00 vir Pieter Schutte, die seun van die bokslegende Mike Schutte, gehou nadat hy glo verlede Donderdag sy eie lewe in Kuruman in die Noord-Kaap geneem het.

Adj. Jacques du Plessis, ʼn ondersoekbeampte wat op die toneel was, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dit wil voorkom of Schutte (40) homself ongeveer 15:30 by die Seodin-begraafplaas met ʼn .303-jaggeweer geskiet het.

“Die polisie vermoed geen gemenespel nie. Die slagoffer het nie ʼn selfmoordbrief agtergelaat nie,” het hy gesê. ʼn Pastoor van die dorp het op sy liggaam afgekom, nadat Schutte sy vrou, Carin, gebel het en gesê het wat hy van plan was om te doen.

Hy en sy gesin sou Woensdag na Pretoria verhuis het.

Hy laat sy vrou en kinders, Carla (10) en Michael (4), na.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Ai tog, soveel geliefdes se lewe word hierdeur geraak.

Baie sterkte vir sy eggenote, die kindertjies, ouers, familie en vriende.

Jurie ·

Baie sterkte vir julle familie – ons het hom geken as n klein seuntjie met sys sussie Daleentjie as sy pa by ons kom kuier het in Vanderbijlpark – So jammer dat sulke dinge gebeur!

Sterkte vir Pieterboy, Alda ook.

Baie Sterkte

Jurie & Lettie Gildenhuys ( n maat van Pieterboy )

Eben ·

Jammer maar ek het geen simpatie met die mannetjie nie. Nou laat hy sy geliefdes agter en seker niks …. Gesin bietjie baklei en uitkoms gaan loop skiet hy homself in die openbaar (begrafplaas) wat n gemos om alles op te ruim!

Nee wat …dis die joppie van n lafaardt!!

Zelda Bands ·

Ag ou Eben, jy is sommer ‘n ou sot. Wat weet jy wat daar gebeur het? Ek het hom geken, en dit was beslis nie hoe hy was nie. So ek weet dat daar iets baie erg moes gebeur het wat veroorsaak het dat hy dit gedoen het. Ek voel ook jammer vir sy vrou en kinders, maar wie de hel is jy om te oordeel? Jy klink eerder vir my na die lafaard! Jy is regtig ‘n ongevoelige ou mannetje!

Hanlie ·

Sterkte vir sy familie!

Eben – jy weet nie regtig wat gebeur het nie – ook nie waarmee hy gestoei het nie. Ons “hoor” maar net wat “die media” dink. ‘n Mens se gedagtes kan so sterk raak dat jy geen ander uitweg sien nie……geen liggie in die donker tonnel nie….

Margit Steenkamp ·

Beste Eben,

Onthou dit is altyd maklik om te oordeel van die kantlyn af. Wat sou jy gedoen het as jou beste vriend so oproep aan jou gemaak het? Mense is nie perfek nie. Die feit dat ‘n persoon ‘n oomblik van swakheid deur gaan beteken nie dat God nie elke sekond by hom was op daardie oomblik nie… Dink twee keer ou maat….voordat jy weer ‘n klip optel.

Liefde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.