Roudiens vir ma en seun; beloning uitgeloof

Annemarie Botha en haar seun Ruan.

ʼn Roudiens word Donderdag vir Annemarie Botha en haar seun, Ruan, gehou nadat hulle oor die naweek wreed op ʼn plaas buite Nelspruit, Mpumalanga, aangeval en vermoor is.

Die roudiens word vandag om 10:00 in die Nederduitsch Hervormde kerk in Belladonnastraat in Nelspruit gehou.

Fanie Botha het Saterdagaand op sy vrou en Ruan se liggame afgekom nadat hy patrollie op die plaas gaan ry het. Annemarie (64) is dood nadat sy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is en Ruan (31) is vermoedelik met ʼn voorwerp doodgeslaan.

Die veiligheidsgroep Bossies Community Justice het intussen ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die skuldiges. Volgens Albert Greyvenstein word daar onverpoos gewerk om die ma en seun se moordenaar(s) vas te trek. Enigiemand met inligting of wat tot die fonds wil bydra, kan met Albert Greyvenstein by 082 567 5212 kontak maak.

Fanie en Annemarie Botha.

Dit blyk dat Annemarie, ʼn onderwyseres, verbete teruggeveg het toe sy en Ruan, wat verstandelik gestremd was, aangeval is.

Botha het met terugkeer na die huis by ʼn sydeur ingegaan en gesien die huis is geplunder. Hy het na sy vrou geroep, maar geen antwoord gekry nie waarna hy op haar en Ruan se liggame in die sitkamer afgekom het.

“Sy het op haar rug gelê en Ruan het half bo-oor haar gelê, so ons dink hy het haar probeer beskerm,” het Jaap Breedt, ʼn neef van Fanie, gesê.

Ruan het by ʼn sorgsentrum in Lydenburg ingewoon en naweke op die plaas kom kuier. Annemarie was ʼn onderwyseres by die Calvary Christian School in Nelspruit.

Die polisie ondersoek sake van moord en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Ai ek wens net ons blankes wil standpunt in neem hoeveel van ons blankes moet nog sterf voor ons gaan wakker skrik.

Marius ·

Nou waar is die klomp betogers nou , hier is ook twee mense DOOD geslaan en met n skerp voorwerp dood gesteek ? O jammer tog dit is wit mense wat vir die meerderheid gesorg het .
Baie sterkte aan die familie vir die moeilike tydperk wat voorle .

Blikkies ·

As ek so al die artikels in die nuus lees, dit is net ANC regering korrupsie, besighede en staats entiteite wat bankrot is en moorde op alles wat wit is. Ek voel jammer vir hierdie familie wat net nog statistieke gaan word. Ons mooi land is nou Pap Pap Pap vrot. Weg met die ANC.

Therese ·

Twee weerlose mense doodgesteek en -geslaan, in wat veronderstel is om die veiligste, lekkerste plek op aarde te wees, hul eie huis.
Innige meegevoel en sterkte aan nóg ‘n hartseer familie.
Dat hiérdie wreedaardighede so alledaags geraak het in SA, is skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.