Roudiens vir ‘Sarel van Sabie’ gehou

Sarel Loots. Foto: Facebook

Sarel Loots. Foto: Facebook

Sarel Loots, beter bekend as Sarel van Sabie van MasterChef SA-faam, se familie het Dinsdag bekend gemaak dat daar Saterdag ‘n roudiens vir hom gehou sal word.

Loots se roudiens vind op Saterdag 30 Augustus om 11:00 vanuit die NG Kerk Sabie plaas.

Loots is vroeg Maandagoggend in die ouderdom van 45 oorlede. Hetta Saunderson, sy bestuurder, het vroeër aan Maroela Media gesê hy was die naweek in Pretoria vir die SARCDA-handelskou wat by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand gehou is. Hy het by vriende in Pretoria gebly en is omstreeks 3:00 Maandagoggend aan vermoedelik ‘n hartaanval dood.

Loots word oorleef deur sy vrou, Lieze, en kinders, Charne, Phillip, Jean-Mari, Dorris en Doctor. “Die familie bedank almal vir hulle liefde en ondersteuning op hierdie moeilike pad.”

Lees ook:
“In ons harte leef hy voort”
Sarel van Sabie oorlede

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

As ek my oge toe maak … sien ek die man (Sarel) by die Innibos met n bordjie eetgoed wat hy gratis aanbied om van sy ‘produkte’ te proe. Altyd vriendelik …. dit was so of hy jou ken en die jy vir hom. Ons gaan jou mis RIP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.