Roudiens vir twee beamptes wat doodgery is

Die twee metrobeamptes wat doodgery is. Foto: Brenda Masilela/ANA

ʼn Roudiens is gehou vir die twee metropolisiebeamptes wat Maandagaand in Johannesburg doodgery is toe ʼn voertuig in ʼn padblokkade ingeploeg het.

Die twee beamptes, Winnie Mokgolo (35) en Sophie Ngoasheng (45), is as dapper en toegewyde vroue beskryf wat dood is terwyl hulle die stad gedien het. Mokgolo was ʼn enkelma van drie kinders en Ngoasheng het twee kinders gehad.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het die vroue se dood as moord beskryf. “’n Dronkbestuurder met geen agting vir die lewe van ander het hierdie twee vroue se lewe weggeneem. Die kultuur van wetteloosheid moet end kry.”

Mashaba het gesê hy was eers geskok oor die voorval, maar dat dit later in woede en ʼn diep hartseer verander het. “Daar is geen woorde om my opregte spyt uit te spreek vir die pyn wat julle almal voel nie,” het hy aan die families en kollegas van die twee vroue gesê.

Die beamptes is dood toe ʼn vermoedelike dronkbestuurder sy dubbelkajuit- Toyota Hilux-bakkie in ʼn groep beamptes, sowel as ander motors wat deur die beamptes afgetrek is, ingeploeg het. Talle mense is beseer.

Die 42-jarige bakkiebestuurder is in hegtenis geneem. Daarna is ʼn bloedmonster geneem en hy is na die Sandton-polisiestasie vervoer. Hy het Donderdag in die Alexander-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Riëtte ·

Al hoe die “kultuur” van moord gestop gaan word is as die doodstraf weer ingestel word!!!

Brie-brie ·

Miskien moet Herman Mashaba eerste kyk na die kultuur se wetteloosheid en werk maak van die wettelooosheid te stop. Jammer om te hoor van die twee verkeers beamptes wat dood is, maar dink hulle nie dat plaasmoorde ook deel is van die pyn wat almal voel dat ons ook nie woorde het vir dit wat gebeur het nie. Daar kan ook gerus gekyk word na sulke gevalle.

Help asb ·

Wat het van die vragmotorbestuurder geword wat in die boere ingejaag het met Swart Maandag? Enige opvolg oor hom? Ek het nie gehoor dat die Burgemeester en almal aangaan daaroor nie? Hoe gaan dit met die beseerdes? Hoekom het dit ‘n stille dood gesterf?

Anne ·

My hart breek vir hul families!! So onnodig!! Uber mense, UBER!!!!!

Willie ·

Het julle al gesien hoe onverskullig trek Metro karre of, somer in die vinnige baan… Metro moet geleer word om opsigtelik en veilig blokades te hoe, en karre af te trek… Meerderheid dink hulle bo die wet, en trek op die onveiligste plekke aftrek..

net SA ·

Ja ek voel bitter jammer vir hulle, maar kan nie help wonder in die haat van die burgermeester wat praat oor kultuur van wetteloosheid, voel hy so sterk hieroor omrede die man dalk n blanke is…. Moet hy nie maar homself so sterk uitspreek oor als nie.
Want ek wil ook weet wat van daardie TROK bestuurder geword het en waar was Mnr Burgermeester toe met die tiepe uitlatings….

CASSIE ·

Angeag kleur.As hy onder die invloed was moet hy pa staan vir sy dade,maar ek stem saam met ander kommentare.het Mnr Mashaba al sy woede uitgespreek oor plaasmoorde of val dit in ‘n ander kategorie.

Veer ·

Dis aaklig, ek voel jammer vir die kinders wat nou wees is, maar ek stem saam met Willie. Ons het dit eerstehangs ervaar oppad terug van ons Desember vakansie af, hulle trek uit die vinnige baan af, dan moet jy spartel om baie vinnig uit die pad te kom, terwyl almal om jou nie noodwendig gesien het wat gebeur het nie. Ek het sommer die man uitgetrap nog voor hy vir my man vir sy drivers license kon vra. Dit is lewensgevaarlik en onverskillig.

Andre ·

Baie tragiese geval van die twee vrouens wat doodgery is wie se kinders sonder ‘n ma moet grootword. SA het die hoogste insidensie van dronkbestuur in die wêreld, wetteloosheid is aan die orde van die dag weens korrupsie en onbevoegdheid. Die regstelsel is ‘n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.