Roudiens vir Van Breda-gesin

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

ʼn Private roudiens word Donderdag vir Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54), en hul seun Rudi (22) in Pretoria gehou. Die egpaar en hul seun is Dinsdag in hul huis in die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch vermoor.

Ben Rootman, die familie se woordvoerder, het gesê die roudiens vind Donderdag om 11:00 by die NG Kerk Moreletapark plaas.

Die egpaar se ander seun, Henri (20), en hul dogter, Marli (16) het die aanval oorleef. Marli het kritieke beserings opgedoen. Albei is na die voorval na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Henri het glo geringe beserings opgedoen.

“Marli is in ʼn stabiele toestand in die Mediclinic in Stellenbosch. Geen besoekers word by haar toegelaat nie,” het Rootman gesê. Volgens hom gaan dit onder die omstandighede goed met Henri. “Hy kry berading en word gemonitor.”

“Die familie wil graag hul dankbaarheid uitspreek teenoor die dokters en verpleegsters by Mediclinic Vergelegen vir die liefde en besorgdheid wat hulle vir Marli gewys het sowel as die SAPD vir die manier waarop hulle die ondersoek aanpak.”

Rootman het gesê die familie wil graag ook dankie sê vir die boodskappe van medelye. “Die oorweldigende aantal boodskappe van welwillendheid word opreg waardeer in hierdie moeilike tyd.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

aloma pretorius ·

Marli is Woensdag, volgens berigte ge-opereer, kon sy dan al geskyf word na Medi-kliniek Stellenbosch toe, vanaf Vergelegen. Ons kan maar net bid vir haar, veral as die nuus aan haar oorgedra word, sy gaan baie liefde nodig he. Sterkte aan die familie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.