Routydperk, staatsgedenkdiens vir De Klerk

Oudpres. FW de Klerk. (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

ʼn Vyf dae lange nasionale routydperk sal van Woensdag vir die wyle oudpres. FW de Klerk geld, waartydens die landsvlag ook halfstok sal hang. De Klerk sal ook eersdaags tydens ʼn private diens deur sy familie gegroet word en ook ʼn staatsgedenkdiens ontvang.

Pres. Cyril Ramaphosa het aangekondig dat De Klerk vandeesweek vereer sal word vir sy rol as adjunkpresident in oudpres. Nelson Mandela se regering van nasionale eenheid (RNE).

De Klerk is verlede week by sy huis in Kaapstad dood nadat hy ʼn lang stryd teen kanker verloor het.

Ramaphosa het Dinsdag gesê die landsvlag sal van Woensdag tot Sondagaand halfstok hang.

Die FW de Klerk-stigting het intussen aangekondig dat De Klerk se verassing en begrafnis Sondag tydens ʼn private seremonie vir familielede sal plaasvind.

Die regering het bygevoeg dat hy ook eersdaags ʼn staatsgedenkdiens, eerder as ʼn staatsbegrafnis, ter nagedagtenis van De Klerk sal hou. Dit is egter nog nie duidelik wat die gedenkdiens sal behels nie en die datum is ook nog nie bepaal nie.

Die regering het reeds die stigting en De Klerk se familie geraadpleeg as deel van die voorbereiding vir hierdie geleentheid. Regeringleiers, leiers van politieke partye en verteenwoordigers van burgerorganisasies sal na verwagting ook die geleentheid bywoon.

Die ANC-jeugliga en lede van die EFF het verlede week die idee van ʼn staatsbegrafnis vir De Klerk verwerp en Ramaphosa heelhartig aangeraai om nie daarmee voort te gaan nie.

Julius Malema, leier van die EFF, het glo kort ná Ramaphosa se aankondiging gesê dit is goed dat De Klerk nie ʼn staatsbegrafnis, wat onder normale omstandighede aan huidige en voormalige presidente en adjunkpresidente toegeken word, gaan ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hein ·

Ook maar goed dit is nie ‘n staats begrafnis nie. Die EFF sal amok maak en ‘n sirkus van dit maak.

Shakespeare ·

Diee EFF moet verban word. Jammer dat die ANC nie sal saamstem nie. Die ANC se kleinboet.

Lourens CFG ·

Dit is reg so. Hy wás ten minste die president van ons land, ek sal dit ook nie volg nie. (Mý keuse)
Ek stem ook saam dat ‘n staats begrafnis in ‘n fiasko en betogings sou ontaard.

marius ·

Ek rou oor wit en rooi kruise teen ‘n helling in die Verre Noorde . Dis al .

Esme ·

Jasper, vra ek ook? Sy nalatenskap aan so baie is betreurenswaardig.

Genis ·

Nie baie om op trots te wees nie.. Geen waarde tot SA toegevoeg nie

Rob ·

As hy my pa was, sou ek nie wou hê dat hy deur ‘n klomp kriminele begrawe en vereer word nie.

Philip ·

Hulle kan daai vlag maar onderstebo ook ophang ,sover dit van my afhang

Blomme ·

Julias moet maar stilbly.. Hy is ń regte opstoker. Wind sonder stof! Maak net storms en beteken niks nie.

Joe Olivier ·

Ek sal rou oor my geliefde SA wat onder sy presidentskap oor die afgrond gestoot is.

Jaco ·

Voordat almal nou NET vir FW blameer vir SA se huidige chaos, let tog net op die volgende ook: Toe die verregse AWB in die 1980s ‘n volkstaat voorgestel het, het die regerende Nasionale Party gesê dis rassisme EN die regse Konserwatiewe Party en die ewe regse Herstigte Nasionale Party (dié 2 partye kon om duistere redes nooit saamwerk nie) het gesê “ ‘n volkstaat kan nie werk nie”. In 1991, toe ALMAL al geweet het dat die ontbande ANC ‘n veelrassige verkiesing sou wen, het net 60 mense darem Orania gestig, maar na amper 30 jaar bly daar minder as 2000 mense, wat terloops in 8 kerke verdeel is.
Byna 1 miljoen nee stemme in die 1992 referendum was in 1994 af na 425 000 vir die VF-Plus. Die Konserwatiewe Party het mos daardie verkiesing geboikot. Daarna het die VF-Plus in elke verkiesing verswak, tot by bietjie van ‘n oplewing in 2019. Ons het kanse verspeel met verskonings van “dit kan nie werk nie” en enersdenkende groepe wou ook nie saamwerk nie. Veel meer as net FW dus “skuldig”

annie ·

Waarom het DeK nie in sy testament uitgestippel hoe sy begrafnis moes verloop nie? Of het hy gehoop dit sal geskied volgens sy wense? Sy familie behoort te weet. DeK moes geraai het dat ‘n erge debakel op sy naasbestaandes wag. Politiek, leuens en verdigsel word nou in die nuwe landsvlag toedraai en halfmas gehys om weer eens die wêreld te beïndruk met halwe waarhede na ‘n halwe termyn van die oorledene se presidentskap. In watter halfgebakte spulletjie het die land toe nie opgeëindig nie.

Pieter ·

Lyk my die klomp is selektief oor wat hulle onthou voor 94… Kan jy so dom astrand wees… Hulle is nie leiers nie maar eerder lyers van blinde haat en self pitty…

Waarnemer ·

Kyk ek mos gister na wyle Joost van der Westhuizen se begrafnisdiens op Loftus in 2017.Die Gautengse ministerie het dit goed bgedink om die diens van Nasinale belang te beskou.(Provinsialke Amptelike begrafnis)Dink ek toe se by myselwers,Joost was n legende,wereld bekend en one in a million.Waarom het die regering van die dag nie die landsvlag halfstok laat hang vir Joost nie?en wragtag,nou lees ek dat die landsvlag halfstok gaan hang vir FW!!!Bid jou dit aan,hy het dit goed gedink om die ANC te ontban,hierdie mooie land van ons uit te verkoop en nou word hy as n held vereer!!!Gelukkig is daar so n ding soos vryheid van spraak en vryheid van keuse…..

Klein Karoo Loper ·

Joost was ook geen legend nie. Goed rugby gespeel en dis dit. Ek is bly as hy sy lewe vir Jesus gegee het later want dis al wat tel. Beide FW en Joost was maar gemiddelde mense gewees as jy gaan kyk hoe hulle gelewe het. FW ook geen leier gewees nie maar hoop ook hy het reggemaak met God.

Santjie van Soendal ·

Gaan Malema n staatsbegrafnissirkus eendag kry….. Waarvoor sal hy vereer word en wie gaan oor hom treur??? Minstens kan daar nie nou weer korrupsie gepleeg word in die naam van n begrafnis vir oudpres. De Klerk nie..

Renier ·

Ons het altyd gespot met PW staan vir “Past worries” en FW staan vir “Future Worries”, dit het waar geword.

Dries ·

Hang daai vlag halfmas ja dan kan ins rou oor die duisende plaasmoorde van onskuldige oumense wat wreed vermoor is op plase en dan sal ons dink aan FW

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.