Rouxville-aanval: Vrou steeds kritiek maar toestand verbeter

Dr. Bennie en Cecilia du Plessis. Foto: Facebook

Dr. Bennie en Cecilia Cilliers. Foto: Facebook

Cecilia Cilliers word steeds behandel in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein ná ʼn plaasaanval Donderdagaand naby Rouxville in die Vrystaat waarin haar eggenoot, dr. Bennie Cilliers, doodgeskiet is.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die hospitaal en die familie, het Sondag aan Maroela Media gesê Cecilia het veelvuldige beserings opgedoen, waaronder ʼn skedelfraktuur, ʼn fraktuur van haar linkerarm, ribfrakture en sagteweefselbeserings aan die linkerkant van haar liggaam.

“Mev. Cilliers is nie geskiet soos aanvanklik gedink is nie. Die wonde aan haar liggaam en skedel is heel waarskynlik toegedien deur ʼn stomp voorwerp,” het Appelgryn gesê. “Die traumachirurg wat mev. Cilliers behandel, het bevestig dat daar geen tekens van seksuele aanranding by haar aanwesig is nie.”

Cecilia het Vrydagaand ʼn operasie ondergaan waartydens ʼn drukmonitor in haar skedel geplaas is. Haar linkerarm is ook ortopedies behandel.

“Sy is steeds in ʼn kritieke toestand en gekoppel aan lewensondersteunende masjiene. Daar is egter ʼn geringe verbetering in haar toestand sedert haar opname.”

Appelgryn het gesê die familie spreek hul dank en waardering uit vir al die boodskappe en gebare van ondersteuning wat hulle nie net van oor die hele Suid-Afrika ontvang nie, maar ook van oorsese vriende, kennisse en selfs onbekende mense.

“Die Rouxville-gemeenskap se skok, verslaentheid en ondersteuning is veral aangrypend. Dr. Cilliers was alombekend en geliefd in die Rouxville- en Smithfield-omgewing en selfs die skool op Rouxville het Vrydag ʼn minuut van stilte gehou om sy nagedagtenis te eer,” het Appelgryn bygevoeg.

Sy het gesê die familie is dankbaar dat die verdagtes aangekeer is en spreek veral hul dank uit teenoor ao. Eben van Zyl van die Valke vir puik diens.

“Dr. Cilliers was bekend vir sy goeie rasseverhoudings en die vier kinders en uitgebreide familie wil graag sy gesindheid en goeie verhoudings oor alle grense heen sien voortleef, sonder enige haatspraak deur mense op sosiale en ander media.”

Die voorlopige beplanning is dat die roudiens vir dr. Cilliers Vrydag om 11:00 in Rouxville gehou sal word.

Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op die Cilliers-egpaar.

Dr. Cilliers is koelbloedig op sy plaas in die Rouxville-omgewing in die Vrystaat vermoor. Hy is in die kop en bors geskiet. Cecilia is erg aangerand en in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Die egpaar se hande en voete was vasgebind.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se wit Toyota Hilux-bakkie, wat ná die aanval gesteel is, is Vrydag omstreeks 16:00 by ʼn taxistaanplek in Bloemfontein gevind. “Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 42 jaar oud, is Vrydag omstreeks 22:00 in Bloemfontein in hegtenis geneem.”

Volgens Ngcukana is ʼn kamera, skootrekenaar en brandewyn, wat vermoedelik tydens die aanval gesteel is, in die verdagtes se besit gevind. Ngcukana het gesê die Valke het met die ondersoek gehelp en sal ná die verdagtes se hofverskyning die saak oorneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Liewe heksie ·

Cicilia mag GOD jou hand styf vashou en deur die moeilike tyd dra en mag jy in die volk se gebede wees en so jammer dat jou man oorlede in die hande van die skuim van die aarde van jou en jou familie weggeruk is Amen

P S ·

Liewe Heksie, ek bid saam met jou vir hierdie mooi vrou. Mag Hy haar seer heeltemaal gesond maak en haar sterkte gee vir die toekoms wat voorle.
Cicilia, jy is altyd in ons almal se gebede en ons dink aan die familie en vra ook vir sterkte vir hulle.

Cjan ·

Hierdie moorde wat besig is om landwyd handuit te ruk, is dit buitelanders of van SA afkomstig? Kan Solidariteit/Agriforum of Agri wat ook al nie hierdie aangeleentheid Wereldhof toe vat nie? Hoelank gaan Pres. Jakob Zuma nog wegkom met hierdie klas van onbenulligheid. Moord is moord, of dit geel pienk of oranja is maak nie saak nie, hy moet verantwoordelik gehou word want wet en orde het totaal handuit geruk. My innige simpatie met die familie.

Sue ·

Baie dankie aan die polisie en Valke vir jul puik werk.
Tannie Cicilia, mag die Here u gemoed en liggaam ten volle herstel.
RIV dr Bennie.

TJ ·

Amy Biehl sindroom: “goeie vehoudings” watter goeie verhoudings?? Hy is dood en sy veg vir haar lewe?
Skrik mense al is dit net wakker!

anne ·

Dit is so waar. Die tyd het aangebreek vir party mense om uit hul droom wereld wakker te skrik want dit bestaan nie. Veral nie in SA nie.

DPJ ·

Piet , ek weet dit klink nie reg as mens kwaad is nie, maar as jy nie vergewe nie kan jy nie aan gaan met jou lewe nie.
Jy gee die kemineel dan gratis huisvesting in jou kop.
Dink daaraan. Jou gesondheid en hele lewe word daardeur beheer.

Danie Kok ·

DPJ,
Alhoewel wat jy sê sinvol is, kyk jy ‘n belangrike feit mis. Christus vergewe ons sondes MITS ons in berou na Hom toe gaan met dit en opreg om vergifnis vra en met ons sonde breek. Al is Hy hoe liefdevol sal Hy niemand vergewe wat nie hierdie stap neem nie. God sal nie van ons anders verwag as wat Hy nie self sal doen nie – as hierdie moordenaars opreg om vergifnis vra vir hul daad dan ja, natuurlik moet die wedergeborene hulle vergewe. Wat my egter dronkslaan is hoe vinnig die vermoorde se kinders op die rassisme-wa klim teenoor hul volksgenote maar ‘n onbegryplike verdraagsaamheid openbaar teenoor die satan se gesante wat hul pa so wreed vermoor het…

Riaan ·

One solution and that’s to leave this sinking ship.
Be the pioneer and trek to a 1st world country for the sake of the next generation.
It will only get worse here. Face the obvious facts, it’s not rocket science. Start with a change plan and encourage people to leave.
Stop living with your heads in the sand.

Berhalet Beukes ·

Riaan… Lyk ons vir jou soos ruggraatlose papbroeke wat soos honde met hulle sterte uit ons land gaan vlug. Watter rede het die Zulu, Xhosa en wat ook meer as the Khoi San ek of die volgende mens tot Suid-Afrika. Dis ‘n leuen uit die hel dat ons hulle grond gesteel het. Dis ‘n leuen uit die hel uit dat ons so wreed met hulle was. Dis ‘n leuen uit die hel uit dat hulle geregverdig is om te doen wat hulle doen. Ek is nie bang vir Satan nie, my God is groter… Ek is net so min bang vir die xenofobiese, afgunstige, bloeddorstige meerderheid, my God is ALLES! Dan sal ek eerder ‘n “pioneer” vir God wees en opstaan teen Zuma met sy Godslasterlike uitlating dat alles Christenskap se skuld is! Sy blatante minagting van ‘n God wat sy asem in ‘n oomblik uit sy liggaam kan ruk en sy lewe kan neem. Dink jy dit gaan beter in ander lande? Die kriminele elemente is net meer gekultiveerd en dis ook al! Ek sal baklei vir my land, my taal, my volk!

Erns ·

Ek kan nou probeer om dilpomaties te wees, of om sagkuns die woord ’empatie’ te beklemtoon met woorde soos: “hoop hulle boet; ens”, maar dit help NIKS. Ons mense word uitgemoor… Die kommentaar stel: “Dis besig om handuit te ruk”. Dis LANKAL! Hoeveel meer? Wat gaan ons doen? Het iemand ‘n antwoord?

Boerseun ·

Erns. Ja, daar is ‘n plan. Ja, daar is ‘n antwoord. Ja, ons doen alreeds…..maar jy dink tog sekerlik nie ons gaan die antwoord, die plan en die strategie op ‘n openbare sosiale media uitsaai nie?

anita ·

Jo! Hoeveel moorde is dit nou al, en die jaar nou eers begin…ek bid elke aand vir ons boere! Sonder hulle is suid afrika niks…my kinders verkoop als, oppad canada toe,,, ek ook lus en verkoop en waai! Hierdie is net die begin! Als gaan nou oor rasistiese opmerkings van wit se kant…ek bid vannaand aan elke wit suid afrikaner se veiligheid! Sterkte aan nog n familie!!

P S ·

Frans, dit is presies wat hulle wil he, dan is dit mos wettig om voor die voet dood te maak! Soos ek voorheen gese het, hoekom baklei ons nog vir ‘n land wat nooit ons sn was nie? Ons oupas en oumas, ons ouers, moes nog al die tyd baklei teen almal (gaan lees maar op in die geskiedenis) om hier te kan bly……. en vir boggerol! My oupa grootjie se familie het hiernatoe geimmigreer, Ek en my familie na hulle is hier gebore (nie gevra om te kom nie) en ek is nie welkom in my eie land nie!!! Iewers het iets baaaiiieee skeef begin loop en as mens na daardie oorsaak gaan soek en dit kry, moet ons daardie pitsweer se etter aanvat en dagvaar. Ek weet waar sal ek begin, maar ek het nie die mag om dit te se nie. Sal ons ‘slim’ Afrikaner manne wat nog altyd gegee en gegee het, wat nog leef ons asseblief help om die oorsaak te soek?

Cornelia ·

Maroela, die foto se beskrywing van
Egpaar moet wees Cilliers en nie
Du Plessis.

Phillip ·

Dagsê Cornelia

Dankie dat jy laat weet het. Ons het die foto se byskrif gewysig.

Groete Phillip Bruwer
nms Maroela Media

RV ·

DPJ
Ek stem volkome met jou saam. Daar staan ook geskrywe as ons vergewe en vryspreek sal God vergewe en vryspreek. God stel ons in staat om te kan vergewe en vry te spreek anders kan ons net sowel dood neerval. Dit is so goed ons drink ‘n botteltjie gif elke oggend en wens iemand anders gaan dood.

Naby Vriend ·

Danie Kok et al.

Ek is ‘n Vriend van een van die kinders.
Respekteer asb die wense van die kinders, daar is n rede hoekom die media verklaring spesifiek daarop fokus om nie haatspraak te propageer nie. Die kinders is die beste bron van wat hulle pa sou wou gehad het, respekteer dit.

Haat en die uitspraak daarvan gaan nie die koers van sake verander nie, maar liefde het die krag om die huidige koers te verander.

“Hê jou naaste lief soos jouself” het nie n voorwaarde daaraan gekoppel nie, dit tel vir almal, alle rasse.

As jy voel jy moet kwaad wees vir iets en dit haat, haat dan liewer die liefde-vir-geld. Dit is die hoof motief vir baie van die dinge wat verkeerd is in ons samelewing, wêreldwyd en plaaslik.

MAROELA, ek daag julle uit om die gesin se wense ter harte te neem en enige vorm van haatspraak kommentaar wat op julle webwerf verskyn aangaande hierdie tragedie te verwyder. Asook om aan die einde van elke gevolglike berig die aanhaling te publiseer dat die familie vra dat mense nie haatspraak moet propageer nie.

Dis al.

Danie Kok ·

Naby Vriend,

Ek weet nie waar lees jy haatspraak in my kommentaar nie maar ek dink jy dig verkeerdelik sekere dinge aan my toe. Miskien moet jy my kommentaar weer noukeurig lees. My standpunt is bloot dat ek dit onverstaanbaar vind dat diegene wat sat is daarvan om daagliks te lees van moord op ons mense en hul misnoë daarmee te kenne gee, skerp vermaan word terwyl die barbaarse dade van die misdadigers skynbaar ewigdurende verdraagsaamheid ontlok van die slagoffers se naasbestaandes. En ek verskil skerp van jou siening oor “hê jou naaste lief…” My naaste is die ware, wedergebore Christen, ongeag die volk waaruit hy/sy stam. Versoening kan slegs horisontaal tussen mense plaasvind indien dit voorafgegaan word deur vertikale versoening tussen God en mens. God sal nooit met die satan versoen nie, hoe kan jy verwag dat Sy kinders met die gesante van satan moet versoen? Met alle respek, jy sal my daarvan moet oortuig uit die Skrif…

Naby Vriend ·

Danie Kok

Ek het jou nie aangeval en gesê jy het haatspraak gepleeg nie, ek het verstaan jy kritiseer hulle versoek om nie haatspraak te pleeg nie. Ek het dus gevra dat jy hulle versoek moet respekteer.

Na n herlees van jou kommentaar lyk dit of jy dink hulle versoek beteken hulle spreek die individuele aanvallers vry, maar jy kan nie verder van die waarheid wees nie. Hulle het nerens dit gesê nie. So ek het dalk jou kommentaar verkeerdelik gelees as n aanval op hulle versoek, maar jy het ook hulle versoek gelees as verdraagsaamheid teenoor die moordenaars. So ons was beide verkeerd.

Hulle versoek gaan daaroor dat hierdie nie n swart teenoor wit ding moet word nie. Ons is almal in hierdie boodjie saam. Daar is teveel moord in hierdie land, daai punt bestry niemand nie. Die swart mense in Rouxville huil 10 keer harder oor Oom Bennie se moord as al die mense wat op hierdie webwerf kommentaar lewer.

(Danie, hierdie is nie spesifiek op jou gerig nie maar aan almal wat hierdie mag lees, so indirek sluit dit jou ook in)
Hier is n toets vir almal wat dalk wonder of hulle rasistiese neigings in hulle het. Gaan soek “Rouxville” op Twitter en kyk na die foto’s van die mense wat die hof verrigtinge bygewoon het en ge-eis het dat die verdagtes NIE Borgtog moet kry NIE. Dis basies almal swart mense. Nou, as die tor van sy prop afgeval het in jou kop toe jy dit hoor of sien, is ek jammer om te sê daar is rasistiese neigings in jou kop.

Op die geloofsoortuigings.
Ek kan maklik nou vir ure sit en met jou redeneer oor “Liefde vir jou naaste”, maar ek het eerlikwaar nie nou die krag nie, so ek gaan kort probeer wees en nie vorentoe weer kommentaar lewer nie. Vir al wat ek weet is jy n internet-troll wat daarvan hou om op forums te redeneer net om reaksie te kry. Maar as jy dalk nie n troll is nie wil ek jou verwys na Kletskerk, dis waar Oom Bennie sy plek gevind het om sy menings te lig en redeneer met talle gelowiges, agnostieke en atiëste. Maar ek waarsku jou, jou geloofs oortuiging moet sterk wees voor jy daar begin deelneem, die vrae kom hard, reguit en vinnig.

My geloofsoortuiging is dat daar nie n “regte kerk” is vir die Here nie, maar dat daar kerke is waarmee mense meer gemaklik mee is a.g.v. dit waaraan hulle as kind mee grootgeword het of iewers aan blootgestel is.

My hart bloei dat jy slegs “wedergebore christene” as jou naaste sien, jy beperk jouself soveel deur daardie stelling. So Christene wat nie wedergebore is nie verdien nie om jou liefde te ervaar nie? (Retoriese vraag, ek gaan nie kom kyk of jy antwoord nie). Verwys na Barmhatige Samaritaan en die tollenaar by wie Jesus gaan eet het, Jesus het juis liefde betoon aan die ongeredtes.

Oor vergifnis. In my oortuiging: ons sou nooit genoeg kon doen om God se liefde te verdien as hy ons nie eerste wou liefgehad het nie. Maar hy het ons eerste liefgehad. Jesus se kruisiging en opstanding het klaar vir ons die verlossing gebring. Die vertikale versoening waarna jy verwys het klaar plaasgevind. God sien vir Jesus as hy na ons kyk, na ons ALMAL kyk. Jesus se lewe op aarde het vir ons die model gegee waarvolgens ons kan lewe en MOET lewe, nie om liefde te verdien nie maar omdat dit is wie ons regtig is as geskapenes in God se beeld. Ons sal selfs nog groter wonderwerke as Jesus vermag(gaan soek dit gerus in die NT)

En wie is jy om te sê dis satan se gesante, Jesus het vir elke mens op aarde gestref en hy het hulle as sy kinders ge-eis. Mens is lief vir die mens, maar jy verwerp die sonde en sy besluite.

Ek weet ek gaan jou nie oortuig om my punt in te sien nie, maar dis lekker om uiting te gee en seker te wees waaroor ek glo.

Mag die Here jou seën, jou hart versag en jou oë oopmaak om ook ongelowiges as jou naaste te sien.

Johannes Meintjes ·

Die politieke antwoord van “ons doen reeds” en “as jy hier is sal jy sien baie gebeur” is nie meer oortuigend nie. Die kerk seg dit ook al vir eeue om hul lidmate in toom te hou. Die oortuigende vrug moet aan die man en die vrou op die grond sigbaar wees en deur die langdurige afwesigheid van enige berigde en statistiek van ongergtigheid, moord en doodslag besvestig word. Nee, detail hoef nie in die openbaar uitgebasuin te word nie, sit is duidelik onsinnig. Die boom word egter aan sy vrugte erken. In SA is die vrugte oor die algemeen baie verrot.

Treurgrond ·

Treurgrond – ‘n ware verhaal – ‘n verhaal wat net oor en oor bevestig word. My hart is so so seer. My hart bloei oor wat met Suid Afrika aan die gang is – dit is so so so sad.

Danie Kok ·

Naby Vriend

Jy beklemtoon jou vrae as retories maar ek weet jy gaan tog hier lees, so ek antwoord jou in elk geval. Ek het geensins die vermoorde se kinders se versoek verkeerd gelees of verstaan nie, hulle pa is wreed vermoor deur swartes (feit) en hulle versoek dadelik geen haatspraak nie (feit). Dit nog voordat iemand haatspraak gepleeg het. Dis hieruit duidelik dat hulle mos klaar die moordenaars “vergewe” het en klippe gooi na “rassistiese” Afrikaners met wie hulle hulself nie wil vereenselwig nie. Feit.

Om jou aan te haal : ” …hierdie nie ‘n swart teenoor wit ding word nie.” Plaasmoorde word gepleeg deur swartmense op witmense. Toegegee, somtyds is daar swart slagoffers ook maar die moorde word deur die bank, gepleeg deur swartes. Feit. So dit is ‘n swart teenoor wit “ding”, al vertel jou liberale brein jou anders.

Jou arrogante “toets” vir rassisme (ja, die woord word eintlik met twee “erre” -2xR – gespel) is werklik kinderagtig. Ek het ‘n voorkeur vir my eie, en as jy daardeur my tot rassis verklaar is dit jou probleem. Ek verkeer veel eerder met my eie mense want ek vereenselwig my met hulle. Dit beteken nie ek haat swartmense nie, ek is bloot meer tuis tussen my eie mense.

Moet liewer nie redeneer oor “liefde vir jou naaste nie”. Jou opmerkings soos die volgende – “…is jy ‘n internet-troll…” , “maar as jy dalk nie in ‘n internet-troll is nie…” , “…maar ek waarsku jou, jou geloofsoortuigings moet sterk wees…” , ‘…en wie dink jy is jy…” – straal jou begrip van naasteliefde skitterend uit. Wees maar ‘n moordenaar, steel en verkrag na hartelus, lewe soos jy wil, sondig soos jy wil, wees ongelowig soos jy wil want die vertikale versoening het mos klaar plaasgevind volgens Naby Vriend, maar WEE JOU as jy ‘n skewe woord van swart plaasmoorde op blankes durf sê… Nee wat “Vriend”, die liberale verstand kan nooit die Bybel reg lees nie. Feit.

Sê jy dat die moordenaars van jou vriend se pa nie satan se gesante is nie? Is hulle eintlik engeltjies wat net vlerkies kort sodat hulle kan vlieg ook? Ek wonder watter Bybel jy lees maar ek stel voor, gebruik die 1933/53 vertaling eerder as die stroom valse “bybels” wat in omloop is. God is liefde, maar daardie selfde God kom weer om die nie-wedergebore “christene” en ongelowiges te oordeel – gaan lees dit self in Openbaring 20. Jesus staan nie handewringend en wag in die hemel vir die sondaar en die ongelowige nie. Hy het ons nie nodig nie, ONS het Hom nodig. Jesus se kruisdood het die weg na versoening gebaan vir ons verlore sondaars om met God te versoen, dit het geensins aan enige mens die reg gegee om in sonde voort te leef en boonop verwag om hemel toe te gaan nie! Genugtig, weet jy werklik so min van die evangelie van Christus?? Voor ek afsluit, ek is beslis nie ‘n “internet-troll” soos jy my beklad nie. Hou jou satanskerk (lees Kletskerk) vir jouself. Ek het geen begeerte om met God-haters en valse predikers in die openbare media in debat te gaan nie, as hulle God wil vorm na hul verwronge denke is dit hul saak en smet.

Jy moet die Heilige Gees bid om voorligting uit God se Woord, Hy is die uitlegger daarvan. God is beslis nie dit wat jou liberale denke van Hom wil maak nie, Hy is soewerein en heilig en Sy Woord toon aan ons wie Hy werklik is. Sterkte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.