Rouxville-plaasmoord: Twee vas

Dr. Bennie Cilliers en sy vrou Cecilia. Foto: Facebook

Dr. Bennie Cilliers en sy vrou Cecilia. Foto: Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op dr. Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia.

Cilliers is koelbloedig op sy plaas in die Rouxville-omgewing in die Vrystaat vermoor. Hy is in die kop en bors geskiet. Cecilia is in die kop geskiet en in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem. Die egpaar se hande en voete was vasgebind.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se wit Toyota Hilux-bakkie, wat na die aanval gesteel is, is Vrydagmiddag omstreeks 16:00 by ʼn taxistaanplek in Bloemfontein gevind. “Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 42 jaar oud, is omstreeks 22:00 Vrydagaand in Bloemfontein in hegtenis geneem.”

Volgens Ngcukana is ʼn kamera, skootrekenaar en brandewyn, wat vermoedelik tydens die aanval gesteel is, in die verdagtes se besit gevind. Ngcukana het gesê die Valke het met die ondersoek gehelp en sal ná die verdagtes se hofverskyning die saak oorneem.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, het gesê Cecilia is steeds in ʼn kritieke toestand in die intensiewe sorgeenheid. “Sy is aan ʼn ventilator gekoppel. Sy het benewens die skietwond ook veelvuldige ander beserings opgedoen.”

Cilliers was ʼn bekende algemene praktisyn in die Rouxville- en Smithfield-omgewing. Die egpaar het vier kinders en talle kleinkinders. Lize Pienaar, een van die egpaar se dogters, het op Facebook geskryf: “Sjoe wat ʼn dag! Pappa ons gaan jou so baie mis. Dit is so onnodig wat met jou gebeur het! Jy en ma was die beste voorbeeld ooit van ʼn gelukkige huwelik. Ek glo en bid dat ma ten volle herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

47 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frederik

” Talle ” kleinkinders ?? Daai een sluk ek nie, Maroela. Maksimum miskien agt.

Sorika

Baie sterkte aan die familie. Dit is so onnodig gewees soos al die ander gewetenlose moorde op ons boere. Dankie polisie en valke vir die in hegtenis neming, wens net julle was vroeer daar om hierdie sinnelose moord te kon voorkom.

Donovan

Ek moet sê die aanvalle raak nou net al hoe meer en meer…. 48 mense per dag wat vermoor word in ons land… wit, swart, indiër…. en dit vir n wat!!!!! omdat hulle honger is… nee wat Afrika sal NOOIT getem kan word nie… kyk maar net bietjie noord… gewone burgers se veiligheid is daarmee heen en alles raak net erger en erger… Om te dink JY kan volgende wees… Dr Bennie Cilliers ek ken jou nie maar ek vereer jou vir al die lewens wat jy aan geraak het in Fouxville… mag die familie vertroosting vind by ons Hemelse… Lees meer »

HENNA

FREDERIK – gee liewers jou simpatie voor jy sluk (skande dat lesers net
als verkeerd kan sien ipv om medelye te vertoon) BAIE STERKTE AAN DIE
GESIN

Chris W

My innige simpatie met die hele Roux familie met die tragedie wat hulle moet verwerk.En vir Mev Cecilia wat in die ICU is : ons bid vir jou volkome herstel.
Net jammer die barbare wat verantwoordelik is en gevang is sal Maandsag waarskynlik op straat wees weer met R1000 of dalk minder borg.Dis ‘n skreiende skande vir ‘n “beskaafde” land!