Rouxville-plaasmoord: Twee vas

Dr. Bennie Cilliers en sy vrou Cecilia. Foto: Facebook

Dr. Bennie Cilliers en sy vrou Cecilia. Foto: Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op dr. Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia.

Cilliers is koelbloedig op sy plaas in die Rouxville-omgewing in die Vrystaat vermoor. Hy is in die kop en bors geskiet. Cecilia is in die kop geskiet en in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem. Die egpaar se hande en voete was vasgebind.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se wit Toyota Hilux-bakkie, wat na die aanval gesteel is, is Vrydagmiddag omstreeks 16:00 by ʼn taxistaanplek in Bloemfontein gevind. “Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 42 jaar oud, is omstreeks 22:00 Vrydagaand in Bloemfontein in hegtenis geneem.”

Volgens Ngcukana is ʼn kamera, skootrekenaar en brandewyn, wat vermoedelik tydens die aanval gesteel is, in die verdagtes se besit gevind. Ngcukana het gesê die Valke het met die ondersoek gehelp en sal ná die verdagtes se hofverskyning die saak oorneem.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, het gesê Cecilia is steeds in ʼn kritieke toestand in die intensiewe sorgeenheid. “Sy is aan ʼn ventilator gekoppel. Sy het benewens die skietwond ook veelvuldige ander beserings opgedoen.”

Cilliers was ʼn bekende algemene praktisyn in die Rouxville- en Smithfield-omgewing. Die egpaar het vier kinders en talle kleinkinders. Lize Pienaar, een van die egpaar se dogters, het op Facebook geskryf: “Sjoe wat ʼn dag! Pappa ons gaan jou so baie mis. Dit is so onnodig wat met jou gebeur het! Jy en ma was die beste voorbeeld ooit van ʼn gelukkige huwelik. Ek glo en bid dat ma ten volle herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Frederik ·

” Talle ” kleinkinders ?? Daai een sluk ek nie, Maroela. Maksimum miskien agt.

Anna-Marie van Dyk ·

2 is n paar. Ek dink die berig gaan oor die wrede moord en aanval. Ek bid vir die familie vir n krag, ons het ook n geliefde oupa verloor deur n wrede moord. As dit met jou gebeur, maak getalle nie saak nie. Sterkte

Bach ·

Liewe hemel F jou kritiek is kleinlik en jy behoort jou te skaam.

Magda ·

Regtig. Jou kommentaar is nie nodig nie.
Sterkte aan die familie

Geskok ·

Hemel Frederik, kon jy dit nie maar net gelos het nie??? Die mense het ‘n familie lid verloor!! Ek is dood seker die woord talle sal hulle nie pla nie!! Nee regtig man!! Skaam jou!!

Berhalet Beukes ·

Is jy nou ernstig Frederik????? Hierdie familie is in rou gedompel en jy raak sulke snert kwyt????? Wat is fout met jou?

Nx ·

Dat jy van alles in die berig op die getalle fokus. Regtig? Sterkte aan die gesin. Dit is ‘n vreeslike ding wat met julle gebeur het.

jacey ·

Ek wonder of daar toy toy sal wees by die hofsaak soos by die 4 boere van Parys.
hoekom gaan die ANC nie hof toe nie en sing vir die moordernaars
wat kan ons sing wonder ek dit sal seker rassisties wees as ons betoog by die hof
n nuttelose vermors van mense met talent in elk geval baie meer as die moordenaars

Sorika ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is so onnodig gewees soos al die ander gewetenlose moorde op ons boere. Dankie polisie en valke vir die in hegtenis neming, wens net julle was vroeer daar om hierdie sinnelose moord te kon voorkom.

Donovan ·

Ek moet sê die aanvalle raak nou net al hoe meer en meer…. 48 mense per dag wat vermoor word in ons land… wit, swart, indiër…. en dit vir n wat!!!!! omdat hulle honger is… nee wat Afrika sal NOOIT getem kan word nie… kyk maar net bietjie noord… gewone burgers se veiligheid is daarmee heen en alles raak net erger en erger… Om te dink JY kan volgende wees…
Dr Bennie Cilliers ek ken jou nie maar ek vereer jou vir al die lewens wat jy aan geraak het in Fouxville… mag die familie vertroosting vind by ons Hemelse Vader…

HENNA ·

FREDERIK – gee liewers jou simpatie voor jy sluk (skande dat lesers net
als verkeerd kan sien ipv om medelye te vertoon) BAIE STERKTE AAN DIE
GESIN

Chris W ·

My innige simpatie met die hele Roux familie met die tragedie wat hulle moet verwerk.En vir Mev Cecilia wat in die ICU is : ons bid vir jou volkome herstel.
Net jammer die barbare wat verantwoordelik is en gevang is sal Maandsag waarskynlik op straat wees weer met R1000 of dalk minder borg.Dis ‘n skreiende skande vir ‘n “beskaafde” land!

Dee ·

Beskaafde land, Chris W? Al het jy dit in aanhalings geplaas, dink weer.

Liewe heksie ·

Wow stunning nuus PG sien jy ek glo GOD het bestem dat die vuilgoed gevang word weet nie wat se straf gaan gegee word hier nie maar hul is gevang Stunning werk sapd daar is tog van julle wat wil werk

dries ·

So sterf ons Boere stadig maar seker. Maar God slaan terug , net op n ander manier. Sterkte vir die wat agterbly.

Hercu ·

~ geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ sterkte ~ (oud Moord en Roof Speurder *salueer* almal betrokke met ondersoek en inhegtenis neem van 2 verdagtes)

Jakes ·

Openbare teregstellings is wat nodig is, maak hulle dood op die manier wat hulle dood gemaak het . Sterkte aan die gesin

Gideon ·

Jakes, ek stem so saam met jou!!! Hierdie regering kan volgens my gedagvaar word voor die Wêreldhof in Den Haag! Dit is niks anders as wat met Jode gebeur het nie. Ons moet begin kyk hoeveel blankes hier in die land is, en dan die som maak hoeveel blankes vermoor word. Dit sal ander prentjie skets, as ‘n nasie van 60 miljoen waarvan ook ‘n paar sterf deur hulle eie mense se toedoen!!

jennefer ·

Jy is reg Jakes, die mense was vasgebind, hul was geen gevaar vir die aanvallers, Die aanvallers het hul tereggestel.

SNEL ·

Ai, hoe sukkel ek nou om die trane te sluk. Vir kinders om hul pa so te verloor op so manier moet vreeslik wees en om hul mammie in so toestand te moet sien…. Hoop regtig sy herstel goed. Baie sterkte vir julle almal.

DPJ ·

Ja, wat sal ons sê ons kyk in ‘n spieël en ‘n raaisel.
Ons innige empatie met die familie en vriende. Ons cerstaan dit nie nou.

Berhalet Beukes ·

Ek is dankbaar dat die verdagtes gevang is! My diepste medelye met alle betrokke partye!

tina ·

Aan ‘die antwoord’…..jy is waarlik bejammeringswaadig!.Pasop dat jou godslasterlike aanmerkings jou nie inhaal . en weet jy, OMDAT jy so min weet ( van ‘n onderwerp wat jy dink jy iets van weet ), het Jesus Christus ( wat jou sooo baie liefhet ) wat die prys betaal het met Sy lewe aan ‘n kruishout vir my en ja, – glo dit of nie – vir jou ook wat so galbraak, en elkeen wat tot geloof in Hom sal kom, NIE VERLORE GAAN NIE, maar die EWIGE LEWE MAG HE. Want daar IS ‘n hemel en ‘n hel…die keuse IS JOUNE. Jou ongevraagde aanmerkings is uit pure onkunde. Ek en ek glo baie ander gelowiges, sal vir jou bid dat jy jy ‘n geestelike ontmoeting met Jesus Christus sal he en dat jou oe betyds sal oopgaan voor dit te laat is.
Vir die Roux-familie: mag God Vader julle in hirdie moeilike tyd versterk en bystaan. Julle is in ons gebede.

poplap ·

Die antwoord het ‘n baie interessante mening/standpunt gestel, wat breedweg herhaal word in die laaste sin van sy skryfsel.
Elke siel kan sekerlik glo wat hy/sy wil, sonder om andersdenkendes voor die voet te veroordeel. Of hoe?

Die antwoord ·

Polap jy is doodreg, elke kan glo wat hy wil. Dus as iemand nou wil kom aanspraak maak dat hulle god die moordenaars help vang het, mag elke ou wat wil dit bevraagteken.

Hermi ·

Nog n familie se lewe aan skerwe, nog n plaas is saam met n Boer vermoor! Nog n weduwee veg vir haar eie lewe! Wanneer is dit jou beurt of my beurt om onverwags deur n Barbaar aangeval te word? Dis tyd om te bid maar ook waaksaam te wees en terug te veg!

Kort-en-kragtig ·

Hermi. Maar was dit raadsaam van Afriforum om met die ANC se Minister van Landbou te praat oor maniere om teen plaasmoorde op te tree? Ek wonder watter maniere Afriforum en die ANC gaan uitdink om plaasmoorde te keer – dalk pamflette uitdeel aan elke plakker en onwettige immigrant??

Karen Loots ·

In elke onreine plek is onreine geeste teenwoordig. Maroela het ‘n nes van duiwels geword met die godslasterlike kommentare wat goedgekeur word. Nogal op ‘n tragiese doodsberig. My hart word so seer. Dit is onaanvaarbaar en uiters laag Maroela. Skaam julle.

Kort-en-kragtig ·

Karen Loots. Kan jy asb. verduidelik in watter opsig my vraag aangaande die aard van die Christene se God, as “godslasterlik” beskou kan word? Maroela was maar nog altyd ʼn “nes van duiwels” omdat hulle al dikwels kommentare verwyder het wat nie ingepas het by hulle eng godsdienstige en polities-korrekte ideologie nie.

SNEL ·

Kort-en-kragtig, Karen Loots het dit nie vir jou geskryf nie, maar vir Die Antwoord, hy het vroëer tussen die kommentare godslasterlike goed geskryf en sy kommentaar is verwyder, alhoewel hy n “small come back” gemaak het.

Johny ·

Eerstens wil ek se my hart is seer vir die kinders en familie wat hul een geliefde verloor het en die ander lewensmaat wat erg aangeval is .My moeder en haar vriend is so paar jaar terug 2011 wreed vermoor op hulle plasie in brits met grawe en skroewedraaiers my ma was 76 jaar oud .tot nou toe is nog geen persoon of persone aangekeer nie.My indruk is dat as ek sien hoe die blankes links en regs vermoor word kan ek nie anders as om te dink dat n derde mag bedrywig is nie . Hoe meer geweld en die dood toegepas word dan klim die blankes op vliegtuie om die land te verlaat en dit is hulle hoof doel. Meer werk en wat ook al is dan weer beskikbaar en plaasgrond is ook beskikbaar en die finansiele ekonomie is ook in hulle hande want die blankes op die oomblik is in beheer van die meeste geld in die land .Ander persone mag van my verskil.Maar dit is hoe ek dit insien en volgens my gaan dit net baie erger word want die blankes verlaat die land te stadig en hulle geduld raak op . Want ons is die onwettige besetters van hulle grond en geld en die minerale . Wat help dit as jy in beheer van n land is maar jy is nie in beheer van die grond en die land se geld nie.Wie in die wereld wil in beheer wees van so n land .Kom ek wees nou baie eerlik ons voorouers moes nooit hulle voete in afrika gesit het nie.Afrika behoord nie aan die blankes nie .PUNT

DANKIE BAAS JOHNY..maar dus nou retig n dom redenasie! ·

So al die swartmense regoor die wereld soos ek jou verstsaan mag dan ok nie in ander kontinente bly nie of hoe? En alle ander rasse moet terug gaan waar hul vandaan kom ne!

Of is jou een ooggige wet net van toepassing op die blankes in Afrika soos die anc se toepassing van regverdigheid in Suid Afrika..

Al daai minerale waarvan jy so praat beteken net mooi niks as Jy nie oor die kundigheid of vaardighedes beskik om sit te ontgin nie…

Hoekom is die res van Afrika dan so ver voor met welvarendheid

waar die blankes dan nie n invloed het nie huh? Ja Jy is so reg Johny Zimbabwe verdeel nou so mooi al daai skatte onder mekaar en dit gaan so goed daar ne???? Ai Bly ewer stil man ek word maar…

JOHNY ·

Die waarheid maak seer .Almal is teen die blanke volk en so ook Maroela media, Ek skaam my vir julle.en om te dink ek het my deel gedoen in die beveiliging van die land terwyl almal rustig geslaap het

JOHNY ·

Dankie Maroela media ek trek my woorde terug julle is regte staatmakers baie baie dankie dat julle my berig geplaas het nou kan almal weet dat julle opreg is .Onthou dit is net hoe ek voel oor sake en almal hoef my nie te ondersteun nie.En ek het niemand te na gekom nie net verduidelik hoe ek oor die aangeleentheid voel . Baie Dankie

Chris N ·

Stuur die skuim vir die Parys Boere. Vonnis is kort en kragtig. Baie belasting word gespaar.

Oom Boer ·

En so gaan die sinnelose en lafhartige dade voort op die boere gemeenskappe van plase wat beskerm die nodigste het. Kriminele is gemaklik en dit is ‘n toonbeeld dat hierdie elemente ‘n strategie het asook die nodige oorhand. Ons gebede gaan uit aan Bennie Cilliers se families, vriende en kollegas asook bid en wens Cecilia alle sterkte toe tot .n spoedige herstel en jy weer binnekort verenig mag wees met al jou geliefdes. Vir die families, vriende en kollegas is dit ‘n groot skok wat te skielik gebeur het, ‘n tyd van rou, ‘n trauma wat tyd neem om te verwerk, maar Mag jul net omhels word met liefde en vrede in die Hemelse Vader en hierdie elemente vergewe vir hul wandade. “Sterkte aan die Cilliers”

Jean ·

Hoekom kan ek nie se ons moet optogte as n blanke Afrikaner nasie hou teen die staat nie maroela? Is ons vryheid van spraak al so aangetas?

Ek se weer Afrikaners moet in hul miljoene en nie net n paar honderd of duisende maar soveel moontlik moet opruk na parlement dit moet nuuswaardig wees, petisies en betoog en media dekking oor al die BLANKE AFRIKANER MOORDE , PLAASMOORDE sodat die buite wereld kan sien wat hier aan die gang is want die anc hier kom met MOORD weg!
Hul sing dan so graag ” kill the boer”.

Met bewusmaking van die wrede dade aan die buiteland en die blankes wat opstaan moet druk opbou en as die staat dan versuim op sy plugte uit te voer is daar nie veel meer verskonings en wegkruip plek vir hul nie.. Die wereld hof moet dan betrek word of teminste genader word, magtig man ons het mos slim blanke Afrikaners in ons gelederes.
Of is dit n geval van ons gee net nie meer om nie?
As aanhoudende druk nie werk nie dan is ek bevrees ons bevind onsself alreeds in n tweede Zimbabwe en dit is te laat..

Tyd vir selsfsugtigheid is verby ons kan dit nie meer bekostig nie die probleem gaan nie net weg gaan nie.
Ons gaan moet opstaan vir onsself en ons nasie ons kinders ons toekoms en vir elke boer en sy familie wat wreed vermoor is en nie meer vir homself kan opstaan nie!

Elke keer wat ons maar net die ander kant toe kyk en se ai shame hoe tragies en dan maar weer net aangaan die dag daarna asof niks gebeur het nie is net nie goed genoeg nie.
Elke keer met elke moord op ons blanke Afrikaner nasie is daar ok maar nog meer bloed op ons eie hande ook, want ons DOEN niks!!!
Elke keer doen ons niks en hoe kan ons verwag die situasie gaan verander???

Te besig en te veel verskonings elke keer, dus nie my kultuur om aan optogte deel te neem nie, dit help nie, sommiges van ons moet werk……asof??

Ek glo sterk die Here verwag van ons om op te staan.
Ek hoor die bal is al aan die rol in lande soos Australia , plakkers met ” stop white genocide” word orals geplak deur vreemdelinge en mense wonder waaroor dit gaan ,dit is n klein begin maar help met bewusmaking van die wrede en onaanvaarbare dade in Suid Afrika teen die blanke nasie wat andersins ongehoord is in die buiteland…

Ons moet begin redeneer en daadwerlik optree mense tyd vir net sit is verby!!
Ek is ene ore vir enige ander idees?????

Ek sal weet na die plasing of nie plasing van my pleidooi waar maroela se prioriteite le, saam of teen die blanke Afrikaners.. God bless.

KS ·

Hi Jean, net vir informasie – daar is nie miljoene Afrikaners wat eendersdenkend is nie, dalk 100 000 of so – so dit is dus ‘n pypdroom om te dink jy gaan kan opruk na die parlement met massas mense en enigsins iets bereik – realiteit is dat jy aan ‘n minderheidsgroep behoort en die geskiedenis regoor die wereld het gewys dat matige minderheidsgroepe niks bereik nie – in hierdie geval is die pen nie magtiger as die swaard nie , you go figure ! En dink jy regtig enige van “ons ” is lus daarvoor….

Kort-en-kragtig ·

Jean en KS. Die hoofrede waarom daar nié miljoene (of ten minste derduisende) Afrikaners is wat bereid is om “na die parlement op te ruk nie”, is omdat die meeste Afrikaners vir baie jare mislei en bedrieg is deur die regering se SABC, Naspers se Beeld en Rapport, groot geldbelange se KYKNET, kerkleiers in Afrikaanse kerke soos bv. die NG Kerk, politieke partye soos die DA en VF-minus en prominente kultuurorganisasies soos bv. Afriforum…

Henry ·

Ka-en-ka
Ge-oordeel aan die lys van organisasies wat jy as bedrieërs beskou, wil dit lyk asof daar nie veel hoop vir ons Afrikaners oorbly nie.
Kan jy vertel wat jy, of organisasies wat jou ondersteuning geniet, doen om Afrikanerbelange te bevorder. As lid van Afriforum sal ek nooit huiwer om ander organisasies of veldtogte te steun wat dieselfde oogmerke en daadkrag openbaar nie.

Kort-en-kragtig ·

Henry. Ongelukkig is Afrikaners al so suksesvol geïndoktrineer die afgelope dekades, dat daar vandag geen behoorlike organisasie bestaan wat bereid is om Afrikaners doeltreffend in te lig en te “mobiliseer” nie. Selfs “verregse” organisasies soos die HNP en AWB hou hulleself besig met lagwekkende “landswye volksverkiesings” en klagtes van haatspraak teen Zuma. As individu poog ek maar om op my eie beskeie manier die internet en sosiale media te gebruik om mense in te lig oor die ware oorsake van en ware oplossings vir ons probleme. En ja, eintlik is daar maar weinig hoop vir die voortbestaan van die unieke Afrikanerkultuur. Afrikaners het die afgelope dekades in toenemende mate hul uitgediende Calvinistiese lewenswaardes vervang met die meer sekulêre verbruikerskultuur.

Henry ·

Sterkte met jou veldtog om soos jy dit stel:
“…mense in te lig oor die ware oorsake van en ware oplossings vir ons probleme…”

Kort-en-kragtig ·

Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, Henry! Ek waardeer dit baie.

Flippie ·

Die man wat vermoor is was meer werd vir die land as al die land se ANC presidente saam.

Wat ‘ n nuttelose daad deur niksnutte.

Anoniem ·

Voorstel…..Dink dis tyd dat n epos na alle ander lande se regerings moet gaan oor wat hier in S.A. aangaan…Wat dink julle? As ek die epos addresse gehad het, stuur ek dit nou!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.