Rouxville-plaasmoord: Verdagtes versoek regshulp

Thabang Frans Jordaan en Ngalekile David Zamayo in die hof. Foto: Verskaf

Thabang Frans Jordaan en Ngalekile David Zamayo in die hof. Foto: Verskaf

Die twee verdagtes wat tereg staan vir die moord op dr. Bennie Cilliers, wat Donderdag op ʼn plaas naby Rouxville in die Vrystaat doodgeskiet is, sal na verwagting vandeesweek regsverteenwoordiging kry.

Thabang Frans Jordaan (30) en Ngalekile David Zamayo (41) het Dinsdag in die Rouxville-landdroshof verskyn. Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê beide verdagtes het regsverteenwoordiging deur die Regshulpraad versoek.

“ʼn Regsverteenwoordiger sal aangestel word om hulle te verdedig en hulle sal dan eers met die verteenwoordiger konsulteer en besluit of hulle om borgtog wil aansoek doen. Indien wel, sal hulle tydens hul volgende hofverskyning die hof daaroor inlig, waarna ʼn datum vir die borgtogaansoek vasgestel sal word,” het Shuping gesê.

Hierdie kennisgewing is buite dr. Bennie Cilliers se spreekkamer aangebring. Foto: Verskaf

Hierdie kennisgewing is buite dr. Bennie Cilliers se spreekkamer aangebring. Foto: Verskaf

Die verdagtes sal op 9 Februarie weer in die hof verskyn.

Intussen het Amanda Appelgryn, woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, Woensdag gesê Cilliers se vrou, Cecilia, se toestand is onveranderd.

Cecilia is tydens die plaasaanval ernstig aangerand en in die hospitaal opgeneem met veelvuldige beserings, waaronder ʼn skedelfraktuur, ʼn gebreekte linkerarm, ribfrakture en sagteweefselbeserings aan die linkerkant van haar liggaam.

Appelgryn het gesê Cecilia is steeds aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel in die waakeenheid van die hospitaal. “Haar toestand is steeds kritiek, maar stabiel. Sy is nog nie buite gevaar nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Cheryl ·

Lekker man, lekker, nou moet ons nog betaal vir hulle regsverteenwoordiging ook!

Realis ·

Ek is geen regsgeleerde nie maar is bereid om die twee “pro bono” te verteenwoordig.

Bach ·

Jammer dat Parys se boere hulle nie kon bykom nie. Dit sou baie goedkoper gewees het.

DPJ ·

Kan hulle nie va die roodgeld gebruik om regsverteenwoordiging bekom nie?

Petro ·

?????????hoe vra jy om regshulp nadat jy so n hegte familie uitmekaar geskeur het, n stukkie van hulself het saam mt Dr Cilliers gesterf!!!!! En die seer om hul Moeder so te aanskou Sterkte aan die Cilliers Familie geen borgtog asb!!!!!!!! Iewers moet dit Stop.

johny ·

Ons groot probleem is ons tronke is n vyfster hotel En die rowers weet dit.Dink net daaraan as ek eendag werkloos is en ek wil nie werk nie en my Familie wil nie vir my sorg nie en ook nie die regering nie.Dan maak ek droog hang net af hoe lank ek ingeboek wil wees in die goue ses ster hotel.Gratis kos gratis medies gratis beskereming.Kan aangaan met my slegte gewoontes ens te veel om op te noem.Nou kan ek my indink hoekom die Polisie al moedeloos is.Goeie gedrag of terminal siek en walla ek is al weer vry om weer die mense aan te val of plekke te beroof .En so gaan dit aan en aan so n in sirkel.Polisie moet weer onnodig hulle lewe op die spel plaas om die skurk of skurke weer aan te keer.

Rina ·

Die land is waar dit is, agv van hierdie satanistiese wraak teenoor onskuldige mense wat waarde toevoeg aan die gemeenskap!! My gebede gaan uit na die bedroefde familie en vriende…

Fransie ·

as hulle borg kry dink ek dit is tyd om hulle in te wag en dalk n saamry gellentheid aan te bied!

Wilma ·

Verdien nie borgtog, maar dit is soos Johny se, tronke is te lekker en ons betaal vir hul verblyf en medies! Ek beter nou maar ophou tik………

Se maar net ·

In 1992 was Ek maar 12 en net a kind en vandag moet Ek al die dinge lees oor moorde op mense wat maar net mense is
My 2 kinders wat groot word sonder kleur of Ras
Is bang om in die land te Bly wat ons in bly is Ek vekeerd om my goed te vat en loop al is ons almal lief vir die land ??????

P S ·

I have two questions for the DA and other Partys:
1. Are you so blind to not see the big picture?
Each and every one that had been murdered this way, was a vote that you have lost, and how many votes (including their family and friends) to this day?
2. Are you with or against the Afrikaans people?
By doing nothing to have stopped these murders years ago, indicate that you don’t give a damn.

frans ·

Boere van parys da is nog twee wat hospital behandeling nodig het help bieki uit met gratis medies

Gemsbok ·

Ek lees in die Bloemfonteinse plaaslike koerant dat een van die beskuldigdes, Frans Jordaan, voorheen vir dr. Cilliers gewerk het.

Dis dalk beter om eerder self die werk te doen as om toe te laat dat moontlike moordenaars en informante jou binnehuis leer ken.

Sumari ·

Gemsbok ek sê dit al lankal doen jou werk self, want elke keer wat jy lees iemand is vermoor is dit ‘n werker of vorige werker. Hulle verdien nie omgehelp te word nie en ek sê nie dat almal so is nie, maar die meeste is.

Danie Kok ·

En steeds kry jy sogenaamde “Afrikaners” wat naïewelik vas glo dat die gewetenlose moordenaars die eintlike slagoffers is. Hulle skroom nie om Afrikaners wat hul misnoë oor plaasmoorde uitspreek as rassiste te brandmerk nie. Ons volk is al so moedeloos gebreinspoel dat die grootste vyande van die Afrikaner uit sy eie geledere kom. Afrikaners, draai terug na die lewende God van die Bybel en glo in Hom vir ons toekoms. Jy mag nie aan dieselfde juk trek as die ongelowige nie, nog minder op hulle vertrou vir die toekoms van ons volk…

Moeg! ·

Ek voel dat die staat ons in die steek laat.. en ons nie behoorlik beskerm nie.. daar is ‘n reël in die erfreg wat bepaal dat die bloedige hand geen erf moet ontvang.. die staat is deel van die bloedige hand wat Dr. Cilliers se dood veroorsaak het.. Ons behoort te weier om boedelbelasting te betaal op elke persoon wat in die land vermoor word!

Carmen Martens ·

Suid-Afrika… misdaad-hoofstad van die wêreld… waar geregtigheid aan die kant van die oortreder, moordenaar, verkragter, dief is… Ons vir jou Suid-Afrika.

Piet Steyn ·

‘n Vis vrot van sy kop af – die regering stel dan die voorbeeld!! Baie sterkte aan die Cilliers familie.

Ben Prinsloo ·

Ek kyk na die 2 se gevrete wat heel onskuldig lyk en dink aan die slang wat in die paradys ook n “heel onskuldige vraag aan Eva gevra het” Hoe ironies, nou kry hulle regshulp. Die slagoffers het nie so n “luckchury” gehad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.