‘Rower’ by juwelierswinkel doodgeskiet

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Vrou, vermoedelik ’n misdadiger, is Sondagoggend tydens ’n beweerde rooftog by ’n juwelierswinkel aan die Oos-Rand doodgeskiet, terwyl die eienaar van die winkel met snywonde aan haar hande na ’n hospitaal geneem is.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici en ander wetstoepassingsowerhede is laatoggend na ’n winkelsentrum in Benoni ontbied waar hulle ’n lewelose vrou teen 11:15 in die ingang van die juwelierswinkel aangetref het.

Die vrou, glo in haar 20’s, is in die maag geskiet. Dit is nie duidelik wie die vrou geskiet het nie.

Campbell sê paramedici het aanvanklik gedink die eienaar van die winkel is ook geskiet. Dié vrou, vermoedelik in haar 30’s, het egter net snye aan haar hande opgedoen weens gebreekte glas en is na ’n private hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie was gister op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het intussen ’n navraag aan die polisie se woordvoerder gerig en wag steeds op terugvoer. Die winkelsentrum kon ook nog nie bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

So moet die misdadigers oorkom. Dit moet net meer gebeur, dalk sal daar dan
bietjie orde begin kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.