‘Rower’ by Menlyn-winkelsentrum geskiet

Lees die opvolgberig hier.

Paramedici en die polisie op die toneel. Foto: Netcare 911

Paramedici en die polisie op die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man, vermoedelik ʼn verdagte wat ná ʼn rooftog van die polisie probeer vlug het, is Maandag by ʼn gewilde winkelsentrum in die Ooste van Pretoria geskiet.

Min inligting oor die skietery by die Menlyn Park-winkelsentrum is  sover bekend.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici na die toneel ontbied waar hulle ʼn man in die parkeerarea van die winkelsentrum behandel het.

“Die man het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Andrea de Wit, bemarkingsbestuurder van die sentrum, het aan Maroela Media gesê die winkelsentrum is oop en sake gaan normaal voort. Sy het enige verdere navrae na die polisie verwys.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê sy is op pad na die toneel en sal eers later kan kommentaar lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

Ai die manne skiet swak. Hoop hy is na n “goeie standaard Suid Afrikaanse ” hospitaal geneem vir behandeling.

Hein ·

Menlyn is beslis nie op my lys van gewilde winkelsentrums nie. Sodra daar ‘n groot taxi samedromming is, is dit tyd om te skuif na ‘n ander winkelsentrum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.