Rower by poskantoor doodgeskiet

Vyf mans is vasgetrek nadat hulle ‘n poskantoor in KwaZulu-Natal beroof het. (Foto: Saps)

ʼn Beweerde rower is Vrydagoggend doodgeskiet nadat hy en nóg vyf ander verdagtes na bewering ʼn poskantoor in KwaZulu-Natal beroof het.

Die polisie het blitsvinnig reageer toe hulle omtrent 09:00 ʼn oproep ontvang het van ʼn rooftog by ʼn poskantoor in Ekuvukeni naby Ladysmith. “Met hul aankoms op die toneel het ses rowers op die polisie losgebrand en die polisie het teruggevuur,” het brig. Jay Naiker, polisiewoordvoerder, gesê.

Een rower, wat vermoedelik in sy 40’s is, is noodlottig gewond tydens die skietery. Die vyf ander verdagtes, almal tussen 30 en 45 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op ʼn aantal wapens en ammunisie en ook ʼn onbekende bedrag kontant, wat tydens die rooftog gebuit is, teruggekry. Die polisie het ook op die verdagtes se motor beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

twaalfboor ·

Johan, kokerboom was sekerlik nog nie in ñ situasie waar daar op hom geskiet was nie. Ja hy het dalk ñ wapen, maar ons weet mos dat papier teikens nie terug skiet nie.

Kobus ·

Dit is die rede waarom opleiding gedoen word . Oorlog is oorlog en aanvalle is aanvalle. Ek wil amper glo dat daar nie net een SAPD lid was nie.

anniekiewiet ·

Dis altyd jammer as iemand doodgeskiet moet word, maar as daardie iemand jou lewe as niks ag nie, dan gee hy mos minder om vir sy eie lewe.

Keith ·

kliek op die foto en vergroot hom dan en dit sal u vraag dan beantwoord.

Mariana ·

En wapen natuurlik ook onwettig. Ag hulle sal binnekort weer aangaan waar hulle opgehou het……soos altyd. Kry mos borgtog soos niks

JM ·

Kom nooit een tot een nie, te lafhartig. Altyd soos ‘n trop wolwe. En almal is gewapen. Wat sê Bheki Cele hiervan? Dit is makliker om te roof as om te werk!

Cherokee ·

Die tannie stap by die poskantoor uit, net toe ek instap. Sy sê hulle was aangehou vir ½ uur of selfs langer. Ek glimlag, wetende dit is sommer net deklerk se sa. Hierdie was in…. gee my kans om somme te maak.. 2010..? Nòu, effe meer as ‘n dekade, is dit dit met heelwat meer as die inflasiekoers verhoog.
Eerste keer wat ek daarvan vertel. Waarom? Ek onthou dit nou, en is ingestel met inflasie, maar die in(de)flasiekoers van die anc se roofftogte, is hoër as ènige inflasiekoers ter wêreld.

Cherokee ·

Julle is aaklig!
Gun die kroeks ook ‘n show! Mààr beperk dit!

Persheks Adri ·

Gelisensieerde wapens neem ek aan. Daar is nog baie daar buite gaan soek hulle

Hasie ·

Hul sal net weer in die hoekie staan en vrygelaat word met die woorde ” moet dit nou nie weer doen nie….big boys ” Die land se reg stelsel is pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.