‘Rower’ by vulstasie doodgeskiet

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Vermeende rower is Woensdag by ʼn vulstasie naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe doodgeskiet.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn skietgeveg het tussen veiligheidswagte en drie vermeende rowers uitgebreek. Volgens Van Wyk het die verdagtes ʼn vragmotor wat sigarette vervoer probeer beroof by ’n BP-vulstasie naby die lughawe.

“’n Skietgeveg het tussen veiligheidswagte en die verdagtes uitgebreek en een van die verdagtes is doodgeskiet. Die ander twee verdagtes het van die toneel gevlug en is steeds soek,” het Van Wyk gesê.

Deborah Francis, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy, het gesê die gebied is afgesper hoewel paaie van en na die lughawe oop is.

Die liggaam van die verdagte wat doodgeskiet is, het langs ʼn silwer Tazz by die vulstasie gelê. Amza Hmdi, ’n ooggetuie, het gesê die skietery het omstreeks 13:30 plaasgevind. “Die man in die agterste sitplek het uitgespring en ʼn man wat ʼn boks sigarette gedra het, probeer beroof. Veiligheidswagte het dit gesien en hom in die kuit geskiet.”

Volgens Hmdi is die verdagte ʼn tweede keer geskiet.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

poepies ·

Klinkklare bewys. Sigarette is baie dodelik, of jy hom rook of steel. Leka man!

Peet Schabort ·

Ek sien sy buk by hom (om hulp aan te bied ?).
Wonder of hy dieselfde vir haar sou doen ? DEFINITIEF NIE !!!

Peet Schabort ·

Ek stem saam Tania en Simone alhoewel die berig praat van net een en geen beseerdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.