Rower deur hond verskeur toe hy inbreek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Rower is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur ʼn hond verskeur is toe hy by ’n huis in Boshoek naby Rustenburg in Noordwes ingebreek het.

Kapt. Paul Ramoloko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man, in sy laat 20’s, het Saterdag tussen 21:00 en 22:00 by die huis ingebreek waar hy ʼn vrou en twee kinders met ʼn mes aangehou het. Die vrou se man het by die huis aangekom en die rower het met twee selfone en ʼn skootrekenaar op die vlug geslaan.

“Hy het deur ʼn venster ontsnap, maar die hond het hom buite die huis gegryp en verskeur. Hy het ernstige bytwonde aan sy gesig en bolyf opgedoen,” het Ramaloko gesê. Hy wou nie die ras van die hond bekendmaak nie uit vrees dat dit ’n negatiewe persepsie van die honderas kan skep.

“Die eienaar het die polisie gebel wat vinnig na die toneel gehaas het waar hulle die verdagte met talle bytwonde aangetref het. ʼn Ambulans het die verdagte na die Moses Kotane-hospitaal vervoer en hy word onder polisiebewaking behandel,” het hy gesê.

Volgens Ramaloko is ʼn saak van huisbraak teen die verdagte aanhangig gemaak en sal hy in die Bafokeng-landdroshof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

S. Strydom ·

Mooi gedoen ounooi se hond. Honde kinders bly net die beste!!!!

Charl Jacobs ·

Hond gaan dalk nou aangekla word van poging tot moord om die inbreker se menseregte te beskerm ?

Le Roux ·

Hoop hy het n fillet steak vir ete gekry. Goed gedoen my woef.

Frikkie vir 'n rukkie ·

Stuur pos adres, ek borg a fillet vir daai hond!

Daan ·

Ek verstaan glad nie dat hulle nie die honde ras wil bekendmaak nie, dit sal nie die ras benadeel nie, dit sal die ras bevoordeel.
Die hond bly die mens se beste vriend, en veral as hy jou beskerm en ook jou besittings, moet die ras bekendgemaak word.
Mooi Oubaas se honde.

Rudi ·

Die bytwonde is in lyn met n voorval Wat ek n paar jaar terug gekry het, waar die slagoffer ook ernstige wonde op die Bo lyf en kop gehad het… Die hond in daai geval was n boerboel reun.

Christell ·

Ek neem aan dat hulle nie die honde ras wil bekend maak, omdat dan sal niemand ewen twee maal kyk na die ander hondjies wat ook goeie waghonde kan wees. Die hele mensdom sal natuurlik vir hulle een van dieselle hond wil aanskaf, en hulle eie dier by die SPCA ens aflaai. En dan 5 jaar van nou , dan loop daar weer te veel van een soort hond rond, want almal wil pap skep terwyl dit reen. Die ras van die hond maak nie saak nie. As jy jou dier mooi behandel, sal hy lief wees vir jou, en sal hy a bullet vir jou en jou kids vat. Mooi gedaan honde kind !

Mara Nigrini ·

Mooi so honne – hoop jy het n groot bederf gekry!!!!

martie ·

Daai honne kort n Bells mooi man mooi ek voel somer Trots!!!!!!!

Simone ·

I want to know what kind of dog it is…I want 4 of them! Well done doggie!! You rock!

johannes ·

Daai hond moet ‘n goue madalia kry dit sal die skelms goed leer

Nico ·

Nou hoe kan dit net huisbraak wees? Die knaap het hulle met ‘n MES aangehou. Die land se regstelsel is ‘n grap.

daniel ·

As die rower mense aan gehou het met n mes moet hulle n saak van pogging tot moord ook teen die rower maak, nie net huis inbraak nie.

Ben Niemand ·

Dit sal darem nou ‘n groot grap wees as dit uitkom dat dit ‘n Maltees of ‘n worshond is. :) Oor net die klag van huisbraak sal ek maar nie kommentaar lewer nie.

Willie Olivier ·

Ek sal nie verbaas wees as die rower n saak van aanranding / manslag aanhandig maak teen die eienaar van die hond nie. Dis nou ongelukkig die “twisted justice system ” van SA.

Anne Hattingh ·

It will more likely be said that Jan Van Riebeeck is going to be responsible for this as well.

anon ·

wonder di sele of di hond uit gesit gaan word want deesdae is dit nuwe sa

Marietjie Booysen ·

ek wil ook weet watter ras dit is. Ek wil 2 in my huis hou en 4 buite. Hy moes hom nog langer gemartel het di vark. Wel al maak hy n llag, dink ek sal hy verloor wat soek hy in n ander man se huis dan het hy nog di odasittie om die vrou en kinders met mes aan te hou. You go ounooi se honne. n Goue midalje vi jou en di grootste been in die hele wye wereld vi jou. As ek daai mense is hou ek hom snags in die huis want di varke sal hom probeer vergiftig.

batman ·

Pragtig oubaas se woef. Die klag van huisbraak is natuurlik ‘n grap. Die kaptein van SAPS ken duidelik nie die straf proses wet nie. Die puik hond wel

Anneke ·

10 uit 10, koop vir daai hond n stuk steak. Hy het dit verdien.

Willem Oosthuizen ·

Gee vir Wagter ‘n groot steak. Ek sal my 7 maande oue Airedale Terrier wat reeds sy twee voorpote op my skouers sit wil stuur dat dat Wagter hom moet leer!!!!!!

Mickey De Beer ·

ek hoop nie die eienaar kom iets oor nie, dieselfde het hier by ons gebeur en ek en my man was opgesluit deur die Polisie, daar was gese ons het die honde aangehits, en ons is WIT EN BOERE. Dit het ons ‘n besigheid en 4jr gekos om ons naam skoon te kry en ons onskuld te bewys.

Neldie ·

Iemand gaan raas kry of beskuldig word omdat die honde nou kwansuis geleer is om aan te val met doel om ernstig te beseer en om te diskrimineer teen ‘n sekere etniese groep….Kan ek so n hond of 3 bestel asb..

Adele Sutherland ·

Ek hoop net van harte dat die hond nie weer die prys gaan betaal nie. My opinie is dat die rower, wat n ma en twee kinders aabgehou het, hopelik nou sy les geleer het. En baie dankie dat die ras nie bekend gemaak is nie want ons almal weet hoe mense kan oor reageer. Ek sê weereens dat daardie hond een lojale held is wat sy familie beskerm het en nie eers oor sy/haar eie veiligheid gedink het nie

Wonder net ·

Flip dit! Ek sal die hond Spur toe vat as beloning!

Ek gaan nou bq stir… Ja, dis n rower en ja ek sou hom self leed wou aandoen maar mense om te praat van “vrek” en wens hy gaan dood… Dis barbaars en onchristelike en maak jou nie veel beter as die rower my sy slegte intensies nie! Bid eerder vir geregtigheid of bid eerder dat die skurke tot bekering sal kom… Dis hoe ons die land gaan red… Op ons knieë! Onthou wat sê Psalm 23:4…. “Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
Sal ek nie bang wees nie,
Want U is by my.
In U hande is ek veilig.”

Vanaand sal ek bid soos hierbo geskryf is… Want ek staan self skuldig. Kom ons probeer dit bq….

Doen bietjie iets ·

Ek sou eerder iets daaroor doen. Deur passief op jou kniee te kruip kry nie resultate nie. Ek sê nie dit kan nie help nie, maar mens moet ook iets in hierdie wêreld self DOEN. Dis hoekom ons ‘n regstelsel het, om ons instaat te stel om iets self ook te doen. Die Here het ons nie ‘n klomp klippe gemaak wat net kan sit en hoop Hy doen iets nie. Ons is krag gegee en verstand om te werskaf sodat ons ook resultate kan meebring.

As meer mense iets doen oor ‘n saak in-plaas van net hul gewete sus deur te bid, sal hierdie wêreld alreeds ‘n baie beter plek wees.

Leon Mare ·

‘Doen bietjie iets’ – ek stem heelhartig saam. Jou Skepper sal jou ongetwyfeld bystaan mits jy bereid is om uit jou gemaksone uit te beweeg en ook self iets aan jou heil te probeer doen. Om net heeltyd te wil bakhandjie staan is futiel.

Griki ·

100 % reg. Ek glo ook die Here sal ons help as ons bereid is om ons kant te bring en natuurlik aan hom gehoorsaam te wees. Laat my dink aan die grappie toe die man, wat erg in finansiële knyp was, gebid het “Here, laat my asb die lotto wen” en die Here hom antwoord met “Ek wil graag help, maar dan moet jy jou kant bring – koop ‘n kaartjie”.

G Kruger ·

Dit gaan nie help om te sê Here hou my hand vas as jy nie iets self aan die saak probeer doen nie. Ek verstaan die mense se kommentaar aangesien ek en my familie 7 keer besteel en beroof is in een jaar.

Zelda Ju-mare Jacobs ·

Ek stem saam met die mense, party mense kyk nie na hulle hond nie.. Jy is oulike Hond gewees om jou eiernaar so mooi op te pas. Jys oulike hoor Hond

Albert ·

they don’t want to say what type of dog it was because they scared everyone going to adopt or buy one for protection hehehehe

gert ·

Mag die rower se ras aangedui word of moet dit ook beskerm word sodat daar nie onregverdig teenoor die spesifieke ras opgetree word nie.

Annatjie Kruger ·

Toe ek die woord “verskeur” lees, was my eerste gedagte, “die hond het die man doodgebyt”. Net vir die inligting van die verslaggewer wat duidelik nie sy eie taal ken nie. Verskeur beteken doodgemaak. Of is dit maar net dat jy probeer het om meer drama aan jou storie te gee. Duidelik het jy dan nie ‘n baie goeie skryfstyl as jy woorde in die verkeerde konteks moet gebruik om jou storie meer dramaties te maak nie.

Hennie ·

Ek stem nie saam nie, Annetjie, “verongeluk” beteken om dood te wees, maar ek het nog nooit gehoor dat “verskeur” dieselfde beteken nie.

Piet Snot ·

Hennie, jy’s reg. “Verskeur” beteken erg uitmekaar geskeur. Dit kan dood tot gevolg hê, maar nie noodwendig nie.
Die joernalis was reg.

Elizabeth ·

Hoop maar dit was ‘n swart hond en nie ‘n witte nie anders gaan die hel los wees.

Anna ·

Ek stem saam hy moes die gemors eers dood ge byt het, wat soek hy met n mes in hulle huis, en steel ook nog die scumbag. Sal wat wil gee om te weet watse hond dit is . Mooi so my honne.

steven ·

Yep ek stem! Goeie woef. Maar dis hoekom die helsems ons bests friends vergiftig. Well done woef

Marie-Louise ·

Kan die eienaar my asb ‘n persoonlike boodskap stuur op FB as hy die betig sien?!? ek moet tog die woef se agtergrond kry & waar hy gekoop is wnt sal voorwaar vir my sommer 3 aanskaf… Wel gedaan woef, jy ht ju mense waarvoor jy lief is beskerm!

Clarke ·

Daardie is ‘n raak hond. Woef kort standbeeld. Het sy mense beskerm teen gevaar. Beter as sommige SAP lede. Mag woef nog jare gespaar bly vir julle en dank Vader hy was daar vir julle.

quinton ·

dit is reg en wat soek die inbreuker op n mens se property dit is ni sy plek ni kom ek gn jule se ek se di is reg dat di hond hom gebyt het hy behoort ni da ni as n mens in ju property is ju family en ju diere se plek beskerm jou en family

gjorg ·

Almal praat van ons regsstelsel wat agteruit gaan of het iets negatiefs te sê oor die polisie byvoorbeeld, maar die helfte van die mense wat kommentaar lewer maak die een spelfout na die ander, nou DIS kommerwekkend.

baas ·

Shame,hy is waarskynlik n prokureer en voel almal om hom is verkeerd oor die regstelsel wat besig is om in n joke te verander.bring die doodstraf terug en hou vir daai hond n spitbraai.

marlene ·

is daar ‘n woord soos DIS, niemand is meer op skool nie, so geen punte word toegeken aan spelling nie, almal ken selfoon taal

Lily ·

Ek stem saam Gjorg, ek het nog nooit soveel spelfoute op een bladsy gesien nie! Mensdom, was julle so lanklaas op skool dat julle nie meer ordentlik kan spel nie? En terloops, “DIS” is wel ‘n erkende woord. Bron – Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

Griki ·

Hierdie is nie ‘n skool nie. As ek kan verstaan wat die mense wil sê, is die saak reg. My Afrikaans en spelling is dalk goed, maar die mense oor wie se taal julle so kla se wiskunde is waarskynlik baie beter as myne. Almal het hulle talente.

Piet Snot ·

Nee.
Dis (DIS!) ‘n skande hoe pateties mense hier spel.

corrie ·

Almal mis die punt……alles goed en wel met die hond ens ens…….as daardie gesin se pappa nie op daai stadium by die huis aangekom het nie, was daardie gesin deel vas SA se stats op papier….hulle sou ook vermoor gewees het en weet julle…..daar sou niks in die koerante daaroor gewees het nie…..nou is die arme agtergeblewende deur n hond gebyt…..en dis voorblad nuus……”net n eks SAPD lid met 24 jaar diens wat gatvol geraak het se mening”…..sterkte aan daai mensies en die trauma waardeer hulle was……Dankie Vader dat u hulle veilig gehou het, amen.

Jooste ·

Alex jy kan nugter dink as hond saak kon afhandel en dan polisie ontbied dan is daar geen duur hofsake nie of moordenaar op vrye voet nie

Johan Heyns ·

WAAR LEWER JY VIR DAARDIE HOND ‘N SKAAP AF.

DIE POLISIE WIL NIE SY RAS BEKEND MAAK NIE BANG ALMAL KRY SULKE HONDE

Yolande ·

Give that dog a steak…. Man niks ouliker as n oulike gehoorsame woefkind

Lappop ·

Hoe lekker begin hierdie Maandag oggend! Nie net vir die lekkerkry berig wat ek so vroeg vanoggend lees nie, maar die hope kommentaar wat die woorde so reg uit my mond vat!!!
Mooi so brakkus!

Hoogtyd dat ons iets doen ·

As meer mense opstaan en iets aan ‘n saak doen, in-plaas-van hul gewete sus deur te bid, sal hierdie wêreld alreeds ‘n baie beter plek wees.

mariska ·

Daai hond het baie goed gedoen, wat soek daai man in hulle eiendom. die problem vandag met die rowers is hulle skiet die honde. mag daai hond n groot stuk steak kry. welldone

Anneke C ·

Dis lekker om op n Maandag goeie nuus te lees in plaas van moord en dood, n boerboel teef gehad wat geen nonsens gevat het nie, niemand het aan my hek gevat wat sy nie geken het nie, ongelukkig het ouderdom haar in gehaal.

Erika ·

Dit sal my nie verbaas as die inbreker ‘n saak maak teen die eienaar (vir pyn en lyding) nie en die in die hof moet verskyn nie – sulke dinge sal net gebeur in ons wonderlike land

erica roos ·

Baie mooi so , gee ook nie om watter tipe hond dit is nie maar al wat ek weet hy is ‘n waghond en sy werk gedoen deur sy eienaars te beskerm, ek sal vir hom ‘n groot been gaan aflaai as ek net weet waar hy bly , dis sulke tipe heros wat ons standbeelde voor moet oprig

Zelda ·

Hulle het januarie by my huis in gebreuk. En weer probeer middel mei. Ons honde het erg tekere gegaan en ons bure het gekyk wat aan gaan. Toe hoor hulle die glas breuk. Toe hulle oor ons muur kyk toe is hy besig om deur venster te klim. Toe skreeu die bure. Toe hardloop hy weg. Ons het n sharpei wat n babatjie het , n labradour , maltesie. Ons hond wat baie kwaai was is laas jr oorlede weens ouderdom en kanker. Maar ek so nou ook so hond saam al my ander honde. Dink net hulle sal dit nie in my erf waag nie.

Poppie ·

So seker dit is OF ‘n Rotweiler OF ‘n Boerboel…. Die hond verdien ‘n medalje

Susan Nieuwoudt ·

Well done dog. Deserves a medal. Die inbreker moet vervolg word omdat hy op die erf oortree het. finis en klaar. Die inbreker het geen reg nadat hy sonder toestemming op ander se eiendom oortree het nie!!!!

dries ·

Kan daar nie iewers n geleentheid gehou dat word waar die hond n medalje om die nek gehang word. Ek sal beslis daar wees.

pop ·

Bull Terriers is al wat ek aanhou. Hulle blaf nie, is wonderlike troeteldiere (veral met kinders) en hulle sluip af op skelms. Buitendien is daar sekere rasse wat glo daars n tokkelos in die hond en as sulke honde jou byt is jy onvrugbaar. Die bogenoemde hond verdien elke dag van sy lewe n steak. En hou hom maar nou solank in die huis. Wraak is lelik

Griki ·

Jy doen reg om hom in die huis te hou, Pop. Die meeste “bekende waghonde” kan geleer word om goeie waghonde te wees. Begin deur hulle as familie te behandel en hulle in die huis te laat slaap. Hulle sal so meer geneig wees om hulle “trop” te beskerm. Hondeskool sal natuurlik ook baie help. As hierdie hond binne in die huis was, sou die inbreker dit waarskynlik nooit tot binne die huis gemaak het nie.

tracy ·

dis great . mnr koop vir jou pragtige wag hond n groot been . Ek sou.

Chrisna van Rensburg ·

Vaderland, ek hoop nie hierdie hond se lewe word nou bedreig met uitsit soos al in die verlede gebeur het nie! Hy het sy werk goed gedoen! Welgedaan Woef! Ek sit ook my geld op ‘n boerboel. Ek het al ‘n paar in my lewe grootgemaak. Hul beskerm hul base met hul lewe! Darem een aanval wat misluk het! Die honderas het absoluut niks met die voorval te doen nie!

Esther Coetzee ·

Elke inbreker kry sy dag, maar die hond het twee gekry!! Welgedaan aan die hond

Ria ·

Laat asseblief die hond toets vir oordraagbare siektes – so ‘n dier mag nie siek word nie.

Marianne ·

Ek was ook al in so geval, as dit nie vir my hond was nie. Was nie ek of my 2 kinders hier vandag nie. Hulle deur my kombuis venster deur ge kom. En nogal met Pangas! 3 van hulle. My hond Shiela het hulle ge jaag en die een baie erg ge byt. Sy is n pitbull. So liefde vol. Dit hang af hoe jy jou hond groot maak, sy het haar lewe vir ons ge gee. So ja. Ek. Se dankie vir die man wat by die huis ge kom het. En Dankie aan daai hond. Ek hoop regtig nie hulle sit die hond uit nie. Want wat soek daai Man in jou erf? En in jou huis? Well done Hond. Mag jy n groot steak kry.

Claudia Farlam ·

From the photo the dog looks like a German Shepherd, I might be wrong. This breed are overly protective of their family and it is the sort of thing they would do. Well done doggy friend we are proud of your achievement. My Staffie some years back kept an intruder in a corner for over an hour until the police arrived. Very proud moment.
Jammer alles is in Engels geskyf want ek sukkel ‘n bietjie met my Afrikaans. Groete

Eish! ·

Hoe krul my tone om vir al die oulike dinge wat kwytgeraak word. Net een klein foutjie, die SAP, reddingsdienste, ambulans of wie dergelik die man behandel en hospital toe gevat het. Glo my, ek sal wag tot die volgende oggend en dan optree. Ag ekskuus meneer, ek het regtig gedink jy het gevlug en weggekom. Ek was so bang na die aanval ek het gladnie buitentoe gegaan om te kyk wat aangaan nie. Was te bang daar buite wag nog ‘n paar vir my. Toe sluit ek my maar in die huis toe en wag tot die son opkom, voordat ek gaan kyk het wie en wat lewe nog daarbuite.
Vir almal wat honde mishandel……………..look and learn!

neelsie ·

Wat n betroubare vriend…mooi so!!
Pas daardie vriend soos goud op.
Pasop “2 step” is groot gif en word daagliks gebruik.
Koop erkende waghonde, Doberman, Rotwieler, Duitse herders, Boerboel,
Black russian terriers, ens.
Leer jou hond om binne te slaap

Michelle ·

gewoontlik die rasse wat vir bo lywe gaan nek se kant toe is – Pitbulls, staffie, Boerboels , skaap honde, alsations , Huskies , Rottweilers en Boxers

michiel ·

moes na regte die verdagte aangekla het vir huisbraak met die doel om te roof en diefstal en aanranding met die doel om te moor, flaffie verdien ‘n groot rumbsteak en ‘n spa behandeling in ‘n doggie spar.

Yves ·

Mens mag mos nie skiet as die goed jou roof nie…… volgende opsie is??? Baie mooi gedoen waf!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.