Rower deur makkers agtergelaat, vasgetrek

(Argieffoto: pixabay)

’n Vermeende rower is Maandagaand deur sy makkers agtergelaat en toe in hegtenis geneem nadat hulle op ’n winkel in Sydenham in Port Elizabeth toegeslaan het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die 32-jarige eienaar van die betrokke winkel  en sy assistent was omstreeks 18:20 besig met ’n klant toe drie mans die winkel binnegekom het.

Een van die mans het ’n vuurwapen te voorskyn gebring terwyl die ander twee agter die toonbank inbeweeg en op geld, lugtyd en sigarette aangedring het.

Die winkelassistent wou egter nie bes gee nie en twee van die mans het by die winkel uitgehardloop – sonder hul derde makker.

Dié het ’n R50-noot op die toonbank gegryp en ook laat spaander. Die eienaar van die winkel en lede van die gemeenskap het egter die verdagtes agternagesit waarna die verdagte met die geldnoot vasgetrek is, sê Naidu.

Die verdagte, ʼn 37-jarige man, het beserings tydens die voorval opgedoen en is intussen onder polisiebewaking in ’n hospitaal opgeneem.

Hy sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof. Sy makkers is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Die rowers raak deesdae al meer selfversekerd. Gewapende rooftogte is die modus operandi. Sal graag wil weet waar hulle die vuurwapens kry. Dink ek weet …

Monique ·

Ek hou van die “beserings opgedoen”. Iemand het hom seker bygekom.

Cherokee ·

Hopelik is hy nie net ‘n dief nie, maar ook ‘n skinderbek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.